Student ontvang ‘studiegeld’ van R14 miljoen

NSFAS-betaling

ʼn Foto van ʼn strokie wat wyd op sosiale media gedeel word wat ʼn balans van meer as R13 miljoen na bewering in die student se rekening toon. Foto: Twitter

ʼn Administratiewe fout het daartoe gelei dat ʼn reusebedrag van R14 miljoen in ʼn student aan die Walter Sisulu Universiteit (WSU) in Oos-Londen se persoonlike bankrekening gedeponeer is.

Volgens ʼn verklaring van Intellimali, die maatskappy wat daarvoor verantwoordelik is om die maandelikse toelae uit te betaal aan begunstigdes van die nasionale finansiëlehulpskema vir studente (NSFAS), het die fout in Junie ingesluip toe ʼn bedrag van R1 400 aan die student uitbetaal moes word vir haar maandelikse kostoelae.

Die student, wie se naam bekend is aan Intellimali, het nie die oorsig aangemeld nie. Teen die tyd dat die maatskappy in Augustus die fout raakgesien het, het die student reeds R818 000 van dié geld bestee.

Intellimali, wat verantwoordelik is vir die toekenning van dié maandelikse toelaag aan duisende studente, sê die maatskappy neem volle verantwoordelikheid vir die fout. Slegs die een student het die verkeerde bedrag ontvang.

Volgens die maatskappy het hy in Junie ʼn lys name van 3 500 studente van die WSU ontvang, van wie daar aan elkeen ʼn bedrag van R1 400 uitbetaal moes word. Dié lys word deur werknemers van Intellimali nagegaan en geverifieer voordat dit verwerk word op die Intellimali-stelsel.

Intellimali het gesê al die data op die lys was korrek voordat die uitbetalings plaasgevind het. Slegs een van die duisende studente het dié verkeerde bedrag geld ontvang.

Luidens Intellimali se verklaring sal die fout wat begaan is nie ander studente se finansiering negatief raak nie en is die nodige beheermaatreëls reeds ingestel sodat ʼn fout van hierdie aard nie weer insluip nie. Die verklaring verduidelik verder dat Intellimali daagliks toelae van miljoene rande aan studente uitbetaal, vir onder meer boeke en kos.

“Soos ons standaardpraktyk is, het Intellimali die spesifieke student se toelaag gedeaktiveer en die universiteit in kennis gestel dat die saak ondersoek moet word,” lui die verklaring. Teen daardie tyd was derduisende rande van die geld egter reeds bestee.

Intellimali het ʼn forensiese ouditeur aangestel om die saak te ondersoek, wat volgens die verklaring beskryf kan word as “ongekend in ons 10 jaar lange geskiedenis”. Die ondersoek duur tans voort en regstappe sal teen die student gedoen word. Intellimali is ook met NSFAS en die WSU in gesprek om te bepaal wat die mees toepaslike stappe sal wees.

NSFAS het in ʼn kort verklaring op sy amptelike Facebook-blad gesê die instansies het die totale bedrag van die toelae aan die WSU oorbetaal, aangesien die universiteit van sy eie stelsels gebruik maak om die uitbetalings te fasiliteer sonder die betrokkenheid van NSFAS. Wanneer ʼn fout begaan word, is dit in die hande van die universiteit en sal die universiteit die nodige regstellende maatreëls toepas, het NSFAS gesê.

NSFAS sal wel ʼn amptelike verslag aanvra oor presies hoe die fout begaan is.

Die woordvoerder van die universiteit kon nie Woensdag vir kommentaar bereik word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

36 Kommentare

Edward Shawe ·

Nou wat was die regte bedrag? Eers was dit R440000 en nou is dit R818000. Iewers maak iemand n calculation vout. Ek kry R340751 wat gebruik was.

Irene ·

Die datum van die strokie op die fotos is 17 Julie 2017 en die student het tot in August 2017 van die geld gebruik. So ja vanaf Junie wat die geld foutiewelik oorgeplaas is tot 17 Julie 2017 is jy reg…

Ilse van vuuren ·

Sover my kennis strek kon sy net by sekere winkels koop. Het sy dan vir die hele Kaapstad kos gekoop?

Suzie ·

Normaalweg, as daar geld in jou rekening gedeponeer word en jy verwag nie geld van iewers af nie, maak jy eers seker of dit wel vir jou bedoel is – ‘n navraag by die bank sou bevestig het wie die geld deponeer het sodat daar opgevolg kan word by die maatskappy of die geld wel joune is.

Karen van Zyl ·

Presies, mens bevraagteken daai bedrag tot jy tevrede is dat dit joune is want jy weet as dit nie joune is nie moet jy dit terugbetaal?

Hanna-patat ·

Dis nou lekker…. en so spandeer die student amper n miljoen rand binne twee maande!! En intussen kry ons kinders nie n sent beursgeld nie …nadat ons al n paar keer aansoek gedoen het. Aansoeke word afgekeur. Ek hoop hulle hou die student persoonlik verantwoordelik vir elke sent deur hom/ haar gespandeer!!

Gert ·

Net so Hanna-patat en dan presteer ons kinders bo gemiddeld, maar volgens al die beurse is sy te wit of nie benadeeld nie. Ek moet maar elke kwartaal planne maak om duisende rande aan die hande te kry. Die student gaan natuurlik ook nie die geld terug betaal nie, waarmee ander kinders kon studeer het. Dit bly maar “lekker” in die nuwe SA!!

Awie Opperman ·

Dis soos monopoly se bank fout in jou guns. Dit was altyd net R50, nou is dit R14 miljoen. As dit ek was het ek die geld oorgeskuif na ‘n ander rekening en verdwyn.

Hahahehehiehie tjietjie ·

hehehahahahhiehie lekker laat lag julle my nou, maar ek stem die sou die slimste gewees het, maar as jou behoefte net lekker Kfc / Nando’s eet etc is……

John ·

Het hulle toe nooit die res van die geld gemis nie; die geld wat na ander studente moes gaan? Dalk moes die geld in iemand ‘anders’ se rekening gedeponeer word, ‘n vriend van ‘n vriend, en toe ontvang iemand heel anders die geld en toe bly hulle tjoepstil. Dis sekerlik nie die eerste keer nie… ook nie net daar nie…

Speedguard ·

As hul dit nie eens gemis het nie, hoeveel het al so verdwyn…………??

AP ·

Ja nee, soos wat geld darem in hierdie land rondgeskuif word!! Soos jy se ons kinders kry nie eens beurse nie Hanna en kyk wat kry ‘n student teenoor kosgeld en wat kry die pensionarisse, skande!

Uvonka ·

Daar is nie pille vir skelmstreke nie! Ons hardverdiende geld wat so lekker spandeer word.

Benito Odendal ·

Dem !!!!! ek wens ek kon soveel geld vir kos kry per maand…..hoe het die student gekwalifiseer en waar en wie het haar aansoek hanteer ????……Die kultuur van oneerlikheid is hier die skuldenaar en sou ‘n ” race-besotted ” moroon op die ene wou teer slaan hy\sy die bal baie ver mis !!!

MissDemeanor ·

Hoe spandeer jy soveel geld in so n kort tyd? Ek sou heeltemal te bang wees dat ek dit moet terugbetaal!

Aitoggie ·

Ek reken as dit n blanke student is, sou die geld onmiddellik verhaal moes word, al was die ouers se huis verkoop gewees, om die gelde terug Te kry. Mens spandeer nie Sommer net gelde wat foutiewelik in jou rekening inbetaal is nie.

Peet Schabort ·

Gedurende my werksloopbaan was daar tweekeer gefouteer ‘ten gunste’ van my salarisverhoging. Natuurlik het ek dit dadelik uitgewys want mens moet uiters dom wees om te dink jy gaan daarmee wegkom. Ek praat nie eers van R14miljoen . . .

Lourens ·

Toe ek 30 jaar terug ‘n baie arm student in Pretoria was het daar eenkeer R15000 rand in my rekening verskyn. Ek bel my pa, wonder wat aangaan. Hy se toe ook, wag maar, dit sal weer verdwyn. 15 dae later toe is dit weer weg en daar was ‘n sorry boodskap op my staat. Ek het nie daaraan geraak nie…

Boetman ·

Suzie. Eerlike mense met integriteit sal navraag doen wat hier nie die geval is nie.

Uvonka ·

Daar word maandeliks ‘n belaglike bedrag in my rekening inbetaal………….my salaris!!!!!!

Janosh ·

Dit sê nogal baie oor die effektiewe werking, of nie, van FICA. Die banke moes mos onmiddellik hierdie groot deposito bevraagteken het en die deposito raporteer het.

t ·

FICA se reels word net gladnie konsekwent toegepas nie. Soos alle ander reels deesdae; net wanneer dit jou (sak) pas.

Deon ·

Eish a lekker South Africa…man, kan ons nie maar ook so meevallertjie loslaan nie….is om van te lag.

Waar jy nou in jou lewe gesien…. , “….” gn dit onder hul aandag bring dat daar n fout op ons rekening is “ewe skielik het dit geld gereen” kom ons spend.

Is darem maar n lekker land, lyk my geld word geprint…waar kan ons gaan optel ?

Leon ·

En NSFAS kom dit self nie eens dadelik agter nie! As daar ‘n snaakse bedrag uit my bank rekening af getrek word, is ek onmiddelik daarvan bewus. By ons maatskappy word “snaakse” bedrae wat uit betaal moet word, onmiddelik raak gesien. Dit sê nie veel van die organisasie se boekhou stelsel nie!!

Niccy ·

NSFAS …… wat is ‘n boekhou stelse.??? smeer jy dit op toast??

Frik ·

Soos ek verstaan, was die geld nie op ‘n bankrekening inbetaal nie. Die toelae word gelaai op ‘n kaart (amper soos Sassa pensioenkaarte). Dit is net vir kos en boeke. Daar word nagegaan dat studente dit nie op iets anders spandeer nie en die universiteit hou dit dop. Toe sy links en regs begin geld spandeer het die ou by die universiteit gesien daar is oor die R13miljoen op haar kaart en dit is hoe dit aan die lig gekom het. As sy nie so spandabel geraak het nie, kon sy dalk daarmee weggekom het! :-)

Frik ·

NSFAS betaal een bedrag oor aan die universiteit en die universiteit laai dan die krediete op die studente se kaarte. Die universiteit het dus die fout gemaak.

Pieter ·

Ons moet net duidelik maak dat hierdie geld nie in ‘n bankrekening was nie. Dit is oorbetaal op Intellimali, wat soos ‘n kaart is wat die student my sekere winkels kan gebruik . Geen bank is betrokke nie. Ek sou baie ongelukkig wees as die bank my balans op die supermark se strokie druk soos op die foto hierbo.
Dit maak dit wel interresant want die geld kon net by sekere winkels gebruik word, en steeds is meer as R800 000 gebruik.

Ongelooflik ·

Dit bly ongelooflik dat niemand die 14 Miljoen gemis het nie, dit laat alle nekhare rys, sjoe hulle het baie geld in omloop as hul nie 14 miljoen mis nie. Sjoe hul sê sy gaan alles moet terugbetaal, ek wonder hoe? Sy het dan nou al reeds ‘n beurs om te studeer, sy het nie ‘n inkomste. Ai kind as jy tog maar net gaan hoor het….. ek kan nie glo dink seker yeah ek het die studente beurse lotto gewen. Ek dink ook soos iemand hierbo, hierdie geld was dalk vir ‘n maatjie bedoel en toe is dit verkeerde kaart nr.

Bosbok ·

Jissie man, ek sou darem wou weet of ek ten minste die rente kan hou wat op die geld verdien is!

Ruby ·

Net 4.9 miljoen moes uitbetaal word en niemand kom agter die bedrag is bietjie HOOG hierdie maand?

Waar was finansiële bestuur of ENIGE bestuur?

Ja sussa, eerlikheid is nie ‘n vak, so leer nou mooi hard want jy gaan laaank betaal.

Jenny Botha ·

Ek sou die geld gaan bele het. Hoeveel sou ek grkry het vir die twee maande, dink julle. Sou daardie rente dan nou myne gewees het of nie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.