Student op kampus verkrag, ander met skêr gesteek

Die ingang na die Tweede Laan-kampus. Foto: NMU

‘n Student is Maandagaand verkrag en haar vriendin met ’n skêr gesteek op die Nelson Mandela-Universiteit se Tweede Laan-kampus in Port Elizabeth.

Kol. Priscilla Naidu, woordvoerder van die polisie, het gesê die 25-jarige student en haar vriendin was omstreeks 19:30 in die rekenaarsentrum besig toe ’n onbekende man die sentrum binnegekom het.

“Die studente is met ’n skêr gedreig en van hul selfone en beursies beroof. Een van die vroue is glo ook verkrag.” Volgens Naidu het die verdagte glo hierna die twee studente gedwing om ’n rekenaarboks en skerm na buite te dra. Die verdagte het oor die hek gespring en die studente gedwing om vir hom die gesteelde goedere aan te gee.”

Naidu het gesê die verdagte is onbekend en die polisie ondersoek ’n saak van verkragting en roof. Studente het intussen Dinsdagoggend voor die kampus betoog en aangedring op beter veiligheidsmaatreels.

Die universiteit het in ’n kort verklaring gesê hy is hartseer en geskok oor die voorval. “Die universiteit staan in solidariteit met studente rondom veiligheidskwessies en uitdagings rakende geslagsgebaseerde geweld. Die universiteit is besig om met stakende studente hieroor in gesprek te tree aangesien die polisie se ondersoek na die voorval nog aan die gang is.” Volgens die universiteit ontvang die twee betrokke studente en ander studente wat dit benodig, die nodige ondersteuning en berading.

Zandile Mbabela, woordvoerder van die universiteit, kon nie onmiddellik vir verdere kommentaar bereik word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Johanna Botha ·

Mens kan verwag dat dit gebeur met die 4 verkragtings elke min in SA en meer as 1 miljoen sake van misdaad per jaar …so dis eintlik nie verbasend nie …en dit raak net erger en die polisie probeer maar …

Theresa ·

Dis SO onnodig. Waar was die veiligheidswag?
Iets wat my pla : hoe dwing jy iemand om iets aan te gee as jy reeds oor die heining gespring het?

No way ·

Presies my vraag ook. En hyt net ‘n sker as wapen. Hoe dwing jy iemand deur ‘n hek met ‘n sker??? En wat doen die vriendin terwyl die ander een verkrag word. Staan rond en wag vir haar beurt. Nee die storie maak nie sin nie.

Charlene ·

Maroela mag ek vra hoekom se julle berig “glo verkrag”….. dis nie reg nie. Dis die rede hoekom 80% van vroue die verkragtings nie aangee nie want hulle word soos die krimineel behandel. Hulle woord word bevraagteken. Daai arme 2 jong mense se lewens is verwoes, ja met baie sielkundige hulp sal die een fine wees maar die ander een is verkrag haar hele lewe is verwoes en niks gaan ooit weer dieselfde wees nie. Ek hoop die vark hak volgende keer daai einste ding wat so pla vas aan n elektriese heining en skok homself morsdood.

askies ·

askies? rower met n sker gewapen wat studente deur n draad nog kan dreig? ek wonder wat gaan die rape kit wys? die sker steekwind is ook seker superficial.

Callie ·

Nog n inside job. Eintlik lagwekkend tensy die berig toetaal verkeerd is. Dreig iemand met n sker aan anderkant van heining en vat nog gesteelde goed aan ook. Hahahaha

FW her dan anders belowe ·

Mara FW de Klerk en die liberales het ones dan belowe dat ons kampusse, skole en woongebiede veilig sal bly? What is die liberales se beloftes dan nou

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.