Student op soek na krimpvarkies

Krimpvarkie Foto: IFAH, Facebook

Krimpvarkie Foto: IFAH, Facebook

‘n Video volg onderaan die berig. ʼn Student aan die Universiteit van die Witwatersrand het Suid-Afrikaners versoek om haar te help om te bepaal hoeveel krimpvarkies in die natuur oor is, berig die Saturday Star.

Jessica Artingstall is besig met haar meestersgraad in dierkunde en het met die projek “Ek het ʼn krimpvarkie opgespoor” begin. Artingstall is op soek na inligting oor krimpvarkies met die GPS-koördinate oor die afgelope 100 jaar sodat sy dié nagdiertjies kan volg en hul interaksiepatrone met mense kan aanteken.

Inwoners naby Johannesburg het al waarnemings van Alberton tot Glenfairness en Krugersdorp aangemeld.

Artingstall probeer bepaal of die verspreiding van krimpvarkies oor die afgelope eeu verander het. “Het dit afgeneem, toegeneem of dieselfde gebly?” wil sy weet.

Krimpvarkiegetalle het tussen 2003 en 2012 glo met meer as ʼn derde afgeneem weens habitatverlies en padongelukke.

Persone wat krimpvarkies opmerk, word versoek om die datum, ligging en besonderhede van die habitat na [email protected] te stuur.

Besoek die Facebook-blad vir meer inligting.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.