Student pleit skuldig ná vriend se dood

Argieffoto

Argieffoto

‘n Eerstejaarstudent van Mpumalanga wat meganiese ingenieurswese studeer, het erken dat hy sy vriend tydens ‘n kroegbakleiery met ‘n skerp voorwerp aangeval en doodgesteek het.

Collen Sabelo Shongwe (25) van Mdladla naby Malalane, het Donderdag in die Tonga-streekshof skuldig gepleit op aanklag van strafbare manslag, het ‘n Sapa-korrespondent berig.

“My kliënt gee toe dat hy Thami Khoza buite die kroeg met ‘n gebreekte bierbottel doodgesteek het,” het sy prokureur, Xolani Mahlalela, aan die hof gesê. Khoza is op die toneel dood verklaar.

Volgens Mahlalela het Khoza sy vriend daarvan beskuldig dat hy sy geld by die kroeg gesteel het en het hom met die vuis in die gesig begin slaan. Shongwe het glo uitgestap, en Khoza het hom agtervolg. Die bakleiery het voortgeduur en Shongwe het uiteindelik ‘n gebreekte bierbottel gegryp en sy vriend een keer daarmee gesteek. Khoza het geval en hy is dood.

“My kliënt het huis toe gehardloop om sy tannie oor die voorval in te lig,” het Mahlalela bygevoeg. “Sy het die polisie ontbied. My kliënt toon berou, want daar was net die twee van hulle en hy het al die inligting oor die bakleiery aan die polisie bekend gemaak.”

Staatsaanklaer Joy Ndlovu het daarop gewys dat dit ‘n ernstige saak is, maar dat Shongwe nie enige vorige oortredings begaan het nie. Mahlalela het ‘n ligte vonnis versoek. Hy het ook aan die hof gesê die twee gesinne het mekaar vergewe.

Shongwe is op 3 November 2013 in hegtenis geneem en is vrygelaat op borgtog van R1 000.

Landdros Edgar Moletsane het die saak tot 18 September uitgestel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Ederik Kritzinger ·

Waarom word ‘n foto van ‘n WIT hand met ‘n stukkende bierbottel geplaas terwyl dit uit die berig duidelik is dat beide die aanvaller en slagoffer SWART is?

Babs ·

Het al voorheen hieroor kommentaar gelewer. Sykant van ‘n wit polisieman se gesig word gewys by moorde wat gepleeg is deur swart polisie, wit kinders se bene word gewys by verkragtings spelietjie in bruin skool en nou die wit hand. Smeer die hand swart of is hulle bang die persoon wat die bottle vashou gaan geskors word (tong in die kies)..

Riaan ·

Ek het dieselfde gewonder. Almal vat vir Media 24 aan omdat hulle sulke tipe fotos plaas by bv plaasaanvalle, ons kan seker verwag dat die foto op Maroelamedia die inhoud weerspieel? Anders is dit mos valse beriggewing? Ek vra maar net…

Oermens ·

Soveel keer is die vraag al gevra maar nog steeds word dit gedoen, Ederik. Wonder of daar ‘n blanke is wie se doopnaam “Collen Sabelo Shongwe” is.

Elizabeth ·

Studente hoort nie by drinkplekke/kroeë nie, hul studies kos geld, so hul agterwêreld moet op ‘n stoel agter ‘n lessenaar vol studiemateriaal wees, dan sal die tipe van goed nie gebeur nie! Waar kry studente drinkgeld?? Regtigwaar!

"Huh!" ·

Ja nee. Onmiddelik toe ek die foto sien wonder ek toe of blanke vrouens al sò laag gedaal het dat hulle met bottelstukke baklei.

Ek het dit ook teen modelle wat sulke foto’s van hulself laat neem.

Die foto is misleidend wat die berig aan betref.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.