Student sak inmekaar op kampus, sterf

Carla Steytler (Foto: Verskaf)

’n Tweedejaarstudent in radiografie aan die Sentrale Universiteit vir Tegnologie in Bloemfontein (SUT) is vandeesweek onverwags oorlede nadat sy op kampus inmekaargesak het.

Die 24-jarige Carla Steytler van De Aar in die Noord-Kaap se ouers het Dinsdagmiddag in die pad geval Bloemfontein toe nadat hulle van hul enigste kind se siektetoestand in kennis gestel is, net om later op die pad vas te stel dat sy by die kampuskliniek oorlede is.

Dit was nie moontlik om Carla – ’n orgaanskenker – se organe ná haar dood te skenk nie, maar Henry en Carin Steytler is Vrydagoggend in kennis gestel dat hul dogter se weefsel wel geskenk kan word en hulle het ingestem daartoe.

“Dit was haar wens,” vertel haar pa.

Carla en nog ’n student het Dinsdag omstreeks 12:00 na ’n lokaal op kampus gestap toe sy skielik begin sleg voel het. “Sy het gesê sy voel verskriklik moeg en het teen ’n muur gaan staan voordat sy inmekaargesak het. Sy het blykbaar gesê sy kry nie asem nie en is kliniek toe geneem,” verduidelik Henry.

“[Die personeel by die kliniek] het gebel en gevra of ons ’n familielid in Bloemfontein het, want Carla voel nie lekker nie. Ons het gesê ons het geen familie daar nie en sal self deurkom.”

Die egpaar het omstreeks 14:10 uit De Aar gery. Carla was in daardie stadium reeds oorlede, hoewel haar ouers eers later van haar dood in kennis gestel is.

“Ons het op pad probeer bel en hulle het aanvanklik gesê hulle is nog besig met Carla.”

Daar word vermoed dat die personeel nie die ouerpaar wou ontstel nie. Carin het egter buite Colesberg op pad Bloemfontein toe antwoorde van die personeel geëis en dit is toe dat hulle die hartverskeurende tyding oor hul dogter ontvang het.

’n Nadoodse ondersoek is sedertdien gedoen en daar word nog op die uitslae gewag. Die oorsaak van Carla se dood is nog onbekend.

Aangesien Carla reeds ’n ruk lank oorlede was voordat haar ouers kon aandui dat sy ’n orgaanskenker is, was haar organe nie meer geskik vir skenking nie. Dit het egter intussen aan die lig gekom dat orgaanskenking nooit ’n opsie was nie, aangesien Carla nie in ’n hospitaal oorlede is nie.

Henry onthou sy dogter as ’n “go-getter” met ’n sterk persoonlikheid.

“Sy was ’n verskriklike omgeemens en as jy haar vriend was, sou sy enigiets vir jou gedoen het.”

Vir haar ouers was Carla ’n dogter én ’n seun.

“Sy het ’n groot liefde vir die natuur gehad en het saam met my gejag omdat sy geweet het dat dit ’n liefde van my is. Saam met haar ma het sy die fynere dingetjies gedoen. Sy was lief vir kosmaak en onthaal …

“Wat sy ook al gedoen het, het sy voluit gedoen. Sy het nie ’n ding halfhartig aangepak nie,” vertel Henry oor sy lieflingdogter.

Prof. Alfred Ngowi, waarnemende visekanselier by SUT, sê die universiteit treur oor haar dood.

“Carla was ’n aktiewe lid van die universiteitsgemeenskap en toegewyde klasverteenwoordiger in die Fakulteit Gesondheids- en Omgewingswetenskappe.

“Dit is werklik ’n ongekende verlies aangesien die akademiese personeel Carla beskou het as ’n student wat ideale SUT-studente-eienskappe getoon het en aktief betrokke was by die sake van die departement, omdat sy een van die mees toegewyde klasverteenwoordigers was. Ons innige meegevoel met Carla se familie en vriende, want hul verlies is ook ons verlies. Mag haar siel in vrede rus.”

Daar sal tydens ’n roudiens op 4 Maart van Carla afskeid geneem word. Die diens vind omstreeks 11:00 vanuit die NG kerk De Aar-Noord plaas.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

32 Kommentare

Swerwer ·

Innige simpatie en meegevoel met die ouers van Carla. Tyd bring genesing.

Petrus ·

Met n kind bring tyd slegs aanvaarding, maar nooit genesing nie.

VaalDonkie ·

Nog ‘n sterfte op ‘n kampus met verpligte inentings. Nee, ek is nie bly nie, ek is die hel in.

Helizna ·

Daar moet ‘n geregtelike doodsondersoek gedoen word. Dagvaar die kampus vir poging tot moord. Verpligte inspuiting van eksperimentele dwelms om te kan leer is eties en moreel verkeerd.

piet ·

Lees weer die berig dan sy jy sien dat daar wel ‘n nadoodse ondersoek gedoen word. Ek sien julle hoop is hoog dat dit die covid inspuiting gaan wees maar ek het ‘n gevoel julle gaan terleurgesteld wees. Klink vir my na ‘n hartaanval.

piet ·

Dis darem wonderbaarlik hoe julle met julle bevindinge kom sonder enige bewyse. Kom ons wag nou maar eers vir die uitslae. As dit nie as gevolg van die covid inspuiting was nie, eis ek ‘n amptelike verskoning deur julle tweetjies hier op Maroela. Dankie.

bananasemi ·

Dubbel Pfizer met ‘n ekstra skoot volgens thesouthafrican dot com.

Kirst ·

So hartseer vir haar ouers en vriende wat agterbly. Klink asof hulle pragtige herinneringe aan haar oorhou. Sterkte met die gemis.

jeff ·

Waneer het jy ooit soveel hartaanvalle en beroerte tussen die jongmense sien? Nie die enstof nie? Moenie my vir ‘n pop vat.

Thom ·

Bitter gevaarlik ___ gee selfs probleme by mense wat dit NIE gehad het nie,,,,

piet ·

Hoeveel hartaanvalle en beroertes en hoe vergelyk dit met die verlede…….meer belangrik, waar is die bewyse dat dit as gevolg van die inenting is?

Pablo ·

Wat n sad story. My beste wense en gebede is met die ouers en familie.

Mariaan ·

Tragies!! Ouers se enigste kind??? Nee..ek verstaan nie die goed nie…hoe oorkom mens so iets…ek ook net n seun…en sal nie so iets oorleef nie…BAIE sterkte aan hierdie ouers

Daleen ·

Mariaan ek het ook altyd gese as so iets my moet oorkom sal ek nie oorleef nie…. Toe gebeur dit en ongelukkig het jy geen ander keuse as om te “oorleef” nie. Ja mens is sterker as wat jy dink maar maklik – NOOIT. My INNIGE meegevoel aan die familie. Rus in vrede pragtige Carla.

Charllas ·

Baie stekte aan haar ouers, slegs Jesus kan daai wonde genees. Julle dogter klink asof sy een wonderlike amazing mens was. Duidelik `n regte omgee-mens. Stekte vir julle

Henry ·

Jammer om te hoor en om nie onsimpatiek te wees nie. Is sy ingeent teen die virus?. Baie mense kry hart probleme na die inentings.

Plattelandmeisie ·

My innige meegevoel aan die ouers. Dit is baie sleg, en daar is nie woorde wat dit kan beter maak nie.

Christine ·

Nóg ‘n onverklaarbare dood van ‘n jongmens. Wanneer gaan die mense die “dots begin join?”

piet ·

Jongmense gaan nie dood nie? Jy lees nou maar net van een. Dit sal in elk geval verklaar word want daar’s ‘n outopsie.

Isabella ·

Gesonde jongmense wat nou so sterf is regtig buitengewoon …laat mens net weer wonder oor hierdie verpligte inentings ..wanr gan hul stop en besef wat aangan

LD ·

Ai Piet – Jy wil so graag hê almal moet nou verkeerd wees oor die entstof. Wat as JY verkeerd is en dit was agv die entstof? En dan vra jy nog bewyse van die baie jong mense wat wel die entstof ontvang het wat skielik sterf of ernstige newe effekte het….. Lees bietjie meer nuusberigte op ander platvorms, behalwe MM, dan praat ons weer!

LD ·

Hartseer! Baie sterkte aan haar familie en naasbestaandes! Mag God julle elke dag die nodige krag gee!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.