Student sê beursgeld is deur Rhodes ‘geplunder’

Ntokozo Qwabe. Foto: Facebook

Ntokozo Qwabe. Foto: Facebook

ʼn Suid-Afrikaanse student wat aan die Oxford Universiteit in Engeland studeer en ʼn ontvanger van ʼn Rhodes-studiebeurs is, het gesê die geld is nie waarlik ʼn beurs nie aangesien dit bloot ʼn klein gedeelte is van die geld wat deur Rhodes gedurende sy tyd in Afrika “geplunder” is.

Ntokozo Qwabe is wyd gekap oor sy ontvangs van die studiebeurs aangesien hy ʼn voorstander is van ʼn beweging wat eis dat die Rhodes-standbeeld by Oriel College, wat met Oxford Universiteit verbind is, verwyder word.

Die Britse publikasie, The Telegraph, het berig Qwabe voer ʼn aggressiewe veldtog vir die verwydering van die standbeeld “weens Rhodes se omstrede sienings van ander rasse”. Op Qwabe se Facebook-blad het talle mense hom daarvan beskuldig dat hy skynheilig is en ʼn beroep op hom gedoen om die studiebeursgeld terug te gee, aangesien hy teen Rhodes en sy nalating gekant is.

Qwabe het teruggekap deur te sê dat hy nie werklik ʼn ontvanger van ʼn Rhodes-studiebeurs is nie.

Ntokozo Qwabe. Foto: Facebook

Ntokozo Qwabe. Foto: Facebook

“Ek is nie ʼn begunstigde van Rhodes of enige ander moorddadige Britse kolonialis wat die lande van my voorvaders geplunder het en my mense slawe gemaak het nie! Geen Afrikaan, op die kontinent of in die buiteland, was al ooit of sal ooit ‘ ’n begunstigde’ van Rhodes wees deur ʼn studiebeurs te aanvaar wat tans as die Rhodes-studiebeurs bekendstaan en klein gedeeltes daarvan – wat geplunder is – terugontvang nie,” het hy gesê.

“In elk geval, sommige van ons het werk om te doen en moet Rhodes en sy moorddadige en koloniale makkers kry om te val, soos in gister. Wat ʼn tyd om in te leef!”

Die Rhodes Must Fall-beweging by Oxford is soortgelyk aan die Suid-Afrikaanse #RhodesMustFall-beweging wat geëis het en uiteindelik daarin geslaag het dat die Rhodes-standbeeld op die kampus van die Universiteit van Kaapstad verwyder is.

Volgens The Telegraph het die Rhodes Trust verlede jaar £8 miljoen (sowat R179 miljoen) aan 89 studente toegeken.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Johan ·

Slim knaap dink hey van homself, maar regtige insig (wiskunde) skier vêr te kort…

Louise Joubert ·

Na my meening beteken dit dat elke student nagenoeg TWEE MILJOEN Rand elk ontvang. Geen wonder hy wil dit nie terug gee nie!!!

Izzy ·

Weet nie wat Qwabe leer by die universiteit nie…..hier is 1+1 vir hom…..as jy geld ontvang van die Rhodes stigtiging is jy WEL ‘n ontvanger/begunstigde.

Manie ·

Tipies. Dit raak aan die grens om van naar te raak vir die man se slim en slinkse systappies. Stel voor jy gee die geld terug dan hoef jy nie so sleg te voel. Maar weet dit is nie deel van sy denke

Heinrich ·

Hopelik gaan die intellektuele reus terug SA toe na sy graad sodat ons hom nie daarna hier in England hoef te onderhou nie.

Irene Liebl ·

Ek het hom nou op Channel 4 se nuus gesien, my sommer ongekrap en ek het juis so uitgesien na die steak pie wat ek vir aandete voor berei het.

pieter ·

Siener van Rensburg het voorspel dat daar ‘n burger oorlog weens ras verskille in Europa en Britanje gaan wees, dan gaan die ww3 uitbreek..malema was so rukkie terug in Engeland..gaan kyk op youtube, daarna begin engeland se rhodes dinge erg vlam vat…

pieter ·

Malema was engeland to so rukkie terug. Gaan kyk op youtube

Danie ·

Hy ry die propaganda holrug. Sy voorvaders is settelaars. Sy voorvaders is diewe, moordenaars en leunaars. Sy voorvaders het die Koi-San se grond gesteel, hulle vermoor en lieg daaroor. Ons, die Weste val vir daardie woorde van hom en sê niks daaroor nie en sê om nie die anderkant van die saak nie.

Danie ·

Weet hy nie dat sy voorvaders en hy die land van die Koi-San plunder nie. Hy is voorheen benadeel deur sy eie voorvaders. Verwagte hy regtig dat ek moet opbou en dit deel met hom en nie met my eie kinders nie.

Sportingrsa ·

Jy’s opportunisties en skynheilig, boetie. Wat net daardie gedeelte van die geskiedenis onthou wat jou pas. Dit sê baie van die onderliggende beginsels en waardes van jou en jou tiepe.

Johann Marx ·

As Rhodes en sy geld nie goed genoeg is nie, waarom “studeer” jy dan daar? Pak jou tas, vat jou goed, en kom dadelik terug Suid Afrika toe, en skryf in by ‘n Universiteit wat deur die huidige Suid Afrikaanse regering gebou is (met jou pa se belasting), en kom kry jou graad in jou moedertaal. Dan wys jy vir ons hoe “awesome” jy en jou voorsate was…..en hoe verkeerd die mensdom is oor jou soort, jou kultuur, jou tradisie en jou uitmuntende potensiaal.

arie plaasboer ·

Ek moet se – ek is `n groot voorstaner vir beredeneerde logika – iets wat egter kortkom by baie mense. Ten spyte daarvan kan ek in meeste gevalle die gedagtegang volg.
Maar die beredenering van Ntokozo Kwabe slaan my gewoon dronk. Waaroor het die man dit tog alles. Is hy goed wys?

Cara ·

Ek het eenvoudig nie woorde nie!!!! Hoe de …..?!
Het geen sin vir verantwoordelikheid nie, als moet altyd net verniet is. Ontvang, ontvang!

Andre ·

Sy twakpratery kan ek tot ‘n mate hanteer. Ek laat dit eenvoudig afloop. Wat my egter ontstel, is die feit dat, volgens hom, hy nie onsin praat nie…..hy glo homself!

En dan wonder ek ook hoekom hy, behalwe om Rhodes sr nalatenskap gretig te aanvaar, ook nog in die man se land van herkoms gaan studeer. Is dit onnoselheid, gebrek aan insig of sommer net astrantheid?

Ryno ·

Met elke kommentaar wat hier gedeel word, bemagtig julle die man…gee die man wat hy verdien…en dis niks nie.

Angi ·

Die ander woord vir apartheid is jaloesie, dit is hoekom hy die geld gevat het en studeer aan ‘n westerse universiteit. Kruip agter die voorvaders weg.

Eish! ·

Byt die hand wat jou voed!
Maar nou ja ek het nie geld om ‘n graad te kry nie, maar ek verstaan die bogenoemde darem.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.