Student sê jammer oor ‘bazoeka’-uitlating

Luvuyo Menziwa. Foto: Facebook

Luvuyo Menziwa, die geskorste lid van die Universiteit van Pretoria (Tuks) se studenteraad wat in 2016 in ʼn Facebook-plasing gesê het hy wil wit mense met ʼn AK-47 of ʼn bazoeka doodskiet, het om verskoning gevra vir dié omstrede plasing.

Dit volg nadat die gelykheidshof Menziwa verlede week aan haatspraak en aanhitsing tot geweld skuldig bevind en hom beveel het om op sy Facebook-blad om verskoning vir sy optrede én die nadelige gevolge daarvan te vra.

Die betrokke plasing, wat Menziwa in Augustus 2016 op sy Facebook-profiel geplaas het, het ʼn lys redes ingesluit waarom hy wit mense haat, onder meer “wit voorreg, wit arrogansie, wit monopolie van kapitaal en wit meerderwaardigheid”.

“Ter afsluiting, f** wit mense. Gee my net ʼn AK-47 of ʼn bazoeka sodat ek die regte ding kan doen en hierdie demoonbesete mense kan doodmaak,” het die inskrywing gelui.

AfriForum-Jeug het na aanleiding hiervan klagtes teen Menziwa ingedien.

Die Facebook-plasing wat daartoe gelei het dat Menziwa aan haatspraak en aanhitsing tot geweld skuldig bevind is.

Menziwa het Maandag op sy Facebook-blad ʼn brief geplaas waarin hy erken dat die “aanstootlike aard” van dié inskrywing “tot chaos of ʼn bloedbad kon gelei het” aangesien mense na hom opgekyk het weens sy posisie in Tuks se SR.

“Ek wil daarom [die plasing] terugtrek en om verskoning vra dat ek sodanige uitlating kon maak, wat geweld aanhits, skadelik is en die regte van die ‘wit gemeenskap’ skend. Ek vra onvoorwaardelik om verskoning en verstaan nou as leier kan ek nie sulke stellings of uitlatings maak wat die lewe van ander landsburgers in gedrang plaas of die nasie nog verder verdeel nie.”

Menziwa het gesê hy besef daar is ernstige gevolge vir sulke uitlatings en dra wel die gevolge vir sy “roekelose uitlatings”. “[Ek dra die gevolge] deurdat ek ʼn jaar lange skorsing van die Universiteit van Pretoria moes uitdien, finansiering vir my studie verloor het, asook 30 uur gemeenskapsdiens sal verrig as vorm van herstellende en versoeningsgeregtigheid.”

Hy het die brief afgesluit deur ander aan te moedig om by te dra tot die bou van ʼn nierassige samelewing.

Rikus Delport, woordvoerder van die UP, het aan Maroela Media bevestig dat Menziwa steeds ʼn ingeskrewe student van die UP is nadat hy hom verlede jaar aan die universiteit se dissiplinêre proses onderwerp het. “Vanweë die vertroulike en sensitiewe aard van die dissiplinêre proses kan die universiteit egter nie meer inligting oor die student bekend maak sonder sy toestemming nie,” het Delport gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

57 Kommentare

Irene ·

So maklik om jammer te se nou dat hy aangekla word hoort nie op univ nie

Karen van Zyl ·

So maklik, net om dit volgende keer weer te doen….

Hanna ·

Wat het geword van Malema wat sè wit rasiste gaan nie meer toegelaat word om net verskoning te vra nie. Dis nie meer goed genoeg nie. Is die nou goed genoeg?

adriana ·

Sorry ou – jou verskoning word nie aanvaar nie – want jy bedoel dit nie .

Jou foto sal vir altyd in my kantoor hang om seker te maak dat ek jou nie eendag per ongeluk in diens neem nie.

Ek het foto’s van al julle ouens en dames met julle rassehaat uitlatings.

Jy gaan nog swaar dra met jou rassehaat- bagasie. Kry vir jou.

Genieve ·

Ek hoop net jy word nie weer in jou posisie toegelaat nie/of enige ander werk te kry nie want hoekom dit in die 1ste plek uiter.Dus woord wat nie weer terug getrek kan word nie soos n buisie tandepaste ,as die pasta uit is kan dit nie weer terug in die buisie nie.Jy moet maar die gevolge kan dra.

Amelita ·

Ag nee dit is mos n gedwonge verskoning, wie gaan dit aanvaar.
Dit kom nie uit sy hart. Jammer ek as wit vrou aanvaar dit nie.
Hy is rassisties en verskoning gaan dit nie verander.

ontevrede leser ·

hy is geensins jammer vir sy opmerkings nie, dit van nie net ‘n jaar om jou ” haat” teen iemand om te draai nie. hy vra “onvoorwaardelik” om verskoning, oor ‘n jaar of wat, doen in elk geval wat hy van plan was om te doen, maak wit mense dood, 30 uur gemeenskapsdiens = lagwekkend, 300 uur sou nie eers genoeg gewees het nie

MK ·

Waar is die R 150 000.00 boete, kruisiging, verwerping, afdanking en beledigings

Nettie ·

@MK – ek wil daardieselfde ding nou net gevra het: waar is sy skorsing uit die Universiteit, waar is die MRK nou met hul boetes van R100K en R150K, soos met Penny Sparrow, waar is die kriminele vervolging soos met Vicky Momberg? Hierdie is niks anders as net ‘n flou tikkie oor die vingers en ‘n gemompelde ‘verskoning’ aangeteken. Bah! 30 uur gemeenskapsdiens, inderdaad!!!

Willie ·

150 000 Rand boete… what is good for the goose is good for the gander?

Sophia ·

Hoeveel haat moet hy in hom dra? Wat het ń wit persoon aan jou gedoen dat jy so voelm? Hierdie is nie net in ń oomblik van woede gesê nie…iemand moes jou bitter seer gemaak het.

Sarel Strydom ·

Hoe verwag ons om deur God vergewe te word indien ons nie self bereid is om dit te doen nie. Gaan leer asb. die Onse Vader gebed.

liz ·

Plaas hy doen wat hy moet doen en dit is swot, en los sy rassistiese opmerkings. Sal graag wil weet wie sy geld en tyd hy so mors?

ChrisE ·

Dit laat my dink aan die boogskutters kompetiese. Ou staan op so twintig tree weg van die boogskutters en hy skiet die appel van die ou se kop af. Hy kondig aan, ek is Hood Robin Hood. Die ander ou doen dit ook. Ek is Tell, William Tel. Koos staan nader en skiet die ou in die oog. Ek is sorrie , flippen sorrie.

BELAGLIK - SA is in sy "Bazoeka" in! ·

1) ‘n Jaar geskors…
2) 30uur gemeenskapsdiens…
3) Studie finansiering verloor…

REGTIG!!!! Wat van al die mense wat moontlik vermoor is na diè uitlating deur “aanhangers” van die knaap?!
Ek is nie meer veronderstel om verbaas te wees nie neh?
Daai is nie eers ‘n “slap on the wrist” nie!!

Hanna ·

As hy wit was en so iets teenoor swartes geskryf het, sou hy of in die tronk gewees het of n massiewe boete (Penny Sparrow) gekry het. Nee wat Boet, jou “verskoning” beteken net mooi niks. 30 ure gemeenskapsdiens? Net so belaglik.

Riaan ·

Right – Gaan trek nou R150 000 uit jou rekening uit soos tannie Penny Sparrow moes gemaak het en betaal boetman, of moet jy net betaal as jy wit is ?

Anti Haatspraak ·

Nou nie meer so ‘n groot meneertjie nie.

Ons ken jou nou en jy gaan so nie ‘n werksgeleentheid by ons kry nie !!

Jy gaan die res van jou lewe met hierdie nalatenskap van jou moet saamleef.

Dit gaan jou nog aan die hakstkeen byt.
Wag maar …. dit kom.

Denise ·

Liewe Sarel lyk dit vir jou of hulle jammer is oor al die wit mense wat hulle so gruwelik vermoor ????

Bek-af ·

Wat jy saai sal jy maai!…….
En daar het jy dit nou!
Ons weet jy is nie jammer nie – maar dit is ‘n vernedering vir jou want al jou pelle en vriende en familie wat net soos jy voel weet nou dat jy omverskoning moes vra en dat jy as persoon skade gely het.

Bang Student ·

Ek as student by die Universiteit van Pretoria is bang. Die knaap is slegs vir een jaar geskors, so ek gaan nogsteeds die kampus met hom deel wanneer hy terugkom. Ek voel onveilig met hom in die omtrek na sy geweldadige uitlatings!

Liesl ·

Waar is die wetsgeleerde mense? Afriforum? Gerrie? Heel waarskynlik voel die meerderheid wit studente nou onveilig op die kampus…Sekerlik kan die mannetjie permanent geskors word….en die nodige boetes betaal…

Piet Pompies ·

As ek die kommentaar lees is dit kommerwekkend om te sien dat party mense dit nog nooit aangeleer het om vergifnis te aanvaar. Dit moet swaar wees om elke dag te dra aan die verkeerde dinge wat mense aan jou gedoen het sonder om hul te vergewe. Kry rus in jou hart en jou leefstyl sal verbeter.

blue butterfly ·

Ek kan iemand slegs vergewe as hy inderdaad opreg verskoning vra en berou het. Om deur ‘n hofbevel vereis te word om dit te doen, wys nie opregte berou of verskoning nie. Ek glo die meeste mense voel so.

Anoniem ·

Wat meer kommerwekkend is, is dat jy sulke snert kwytraak as jy goed weet hierdie man het GEEN berou nie. Hou jý maar sy handjie vas en troos hom as sy leuen jou so beïndruk. Dalk kry jý rus in jou hart en verbeter jóú lewenstyl daarvolgens.!

Yebo ·

JA gaan preek vir die ou wat die uitlatings gemaak het .. want lyk nie hy het wittes vergewe nie … !! Los die volgende preek vir MALEMA en kie .. jy sal dalk daar iets bereik maar hier is jy in die verkeerde crowd . ons het al tot op ons kniee gegaan en vergifnis gesmeek en word steeds uitgemoor ..

Anti Haatspraak ·

Hy sal egter onthou word – Belaglik – hy sal onthou word.
En dit sal tot sy nadeel wees.

Pop ·

En die haat gaan onverpoos voort. Meeste van ons was glad nie rassiste 25 jr terug nie. Nou word ons opgevreet deur haat.

Not all is cut and dried..... ·

Grab a plate and throw it on the ground….Okay…done
Did it break?…..Yes….
Now say sorry to it…
Sorry…
Did it go back to the way it was before?…..
No…..
Do you understand?……..

pieter ·

GERRIE APPELEER DIE VONNIS VAN DIE DOODSKIS MANNE,GEBRUIK HIERDIE AS VERWEER.

Hannatjie ·

Jesus Christus het ons beveel om ons vyande te vergewe. Net 2 van die 29 wat kommentaar lewer verwys na Christus se gebed: Die Onse Vader. Lyk my ons leef nie meer volgens God se Woord nie … hoe kan ons dan verwag dat dit goed sal gaan met ons in Suid-Afrika? Plaas ons die Woord aan hom verkondig en leer om te vergewe en om ook volgens God se Woord te lewe.

AG ASB TOG ·

So vertel jy vir my daar was NOOIT OORLOG OF ‘n gedoodslanery in die BYBEL nie? O my jinne ons het die plot in SA verloor. Elke vroutjie en outjie wat ‘n Bybelkursus gedoen het kom preek vir ander mense (FARISEERS), maar gaan LEES asb weer jou bybel en kyk hoeveel keer word daar van OORLOE en uitwissing gepraat .. MENSE word daagliks om ons vermoor .. vir wie moet ons vergewe Hannatjie?

VanAfrika ·

Die Woord leer ons ook ons hoef nie ons voete onder die tafel van die sondaars te plaas nie en ons hoef ook nie in die kring van spotters te sit nie. Mense en nasies wat in die Naam van God moord pleeg is nie in God se guns nie. Die Westerse Geloof is vir party nasies moeilik om uit te voer, te veel dissiplines en moenies en dat daar n Opper Gesag is aan wie verantwoording gedoen moet word, of daar mense is wat dit wil erken of nie. Ons kry instrukses uit die Woord van God dat ons mag nie dood maak nie, wat maak n mens dan as jou kind se lewe in gevaar is en jy ALLES sal doen om jou kind te beskerm. Maak jy iemand uit self verdediging dood, is dit dan moord? Want glo my, so christelik as wat ek is, raak of dreig n geliefde van my se lewe en ek sal tot die uiterste gaan om hulle veilig te hou

Vermeende ·

Man, hy is net jammer omdat hy gevang is maar is nie jammer vir die plasing nie.
Dit wat ons moes lees en hoor kan hy nie terugtrek nie.
R1milj sal my dignety restore, pos dit vir my dan vergewe ek jou.

adriana ·

De La Rey by die UP is seker baie teleurgesteld oor die straf.
Sy sou wou gehad het dat hy skotvry daarvan afkom.
Jip De La Rey – ons het jou nog nie vergeet nie! Ons weet ook waarvoor jy staan!!

JM ·

Hy is seker familie van Julius Malema want hy dink hy kan s ê wat hy wil en gaan niks oorkom nie. Sluit hom toe en gooi die sleutel weg

Genieve ·

Die wat praat oor vergifnis teenoor die student, wat se die woord dan: hyt sy eerste liefde verloor dis hoekom hy haatspraak uiter. Daar is vergifnis vir hom aan die kruis en ek dink nie dit gaan so seer as oor hom nie maar oor dit wat hy gedoen het. As ons God se skepsel is dan moet ons mekaar respekteer en hy het dit nie gedoen nie so die tandepaste is klaar uit.

Emma ·

Kom mos niks oor nie maak van hom n voorbeeld, dan sal die volgende nie so uitgesproke is nie. So n jong kind wat so rassisties is verregaande.

hendrik ·

Stellenbosch meisies het hul gesigte pers geverf en dit het niks met politiek te doen gehad nie maar hulle was geskors.

Xante ·

Ironies is dit nie. Rasistiese uitlatings word maar net gemaak omdat hy kan, maar ons wit mense moet vrot in die tronk as ons net ‘n klap uit deel. Ons hele politiese regering is rasisties… Daar kom niks van swart mense wat wit mense beledig en dreig en uitmoor vir die LEKKERTE nie. Waar is die regverdigheid??? O ja daar is nie…

adriana ·

Jy is reg Hendrik – hulle het nie eers geweet hulle mag nie pers verf gebruik nie.
Summier geskors – en hierdie knaap?
Hoe lank het dit geneem om hom te skors?
Ek vergewe maklik wanneer iemand opreg berou het -maar ek kan dwarsdeur hierdie knaap sien.
Hy is ‘n regte moeilikheidmaker.
Bang Student – maak asb seker dat jy altyd ‘n mansstudent of twee kry wat saam met jou op kampus en na jou verblyf toe kan loop.
Hulle sal dit doen.

Tammy ·

Sorry pal . Onaanvaarbaar. So makllik gaan dit nie wees nie. Kan iemand sterk genoeg appelleer en hom behoorlik laat boet vir sy rassistiese uitlating. Hierdie jammer se storietjie werk nie vir my nie. NEE Groot BOETE OF TRONKSTRAF. MAAK N VOORBEELD VAN HIERDIE MAN. DIT SAL DAN DALK OPHOU1!!

HPV ·

Hy is nou so jammer, ons het sy soort en jammerte nie nodig. Is lankal siek en sat vir sy tipe en die dubbel standaarde wat daarmee gepaard gaan.

_______ ·

Binne so n kort tyd een se siening verander. Vertrou dit glad nie, maar n ou seilbootjie koop sodat ek kan waai wanneer ek wil.

EH ·

Belaglik! ‘n Permanente skorsing uit UP en ‘n R150 000-00 boete sou sy verskoning aanvaarbaar en regverdig gemaak het. UP, dit is tyd om die regte ding te doen. Maroela, jammer julle het nie die volgende opsie in jul peiling ingesluit nie: “Ek verwelkom die skuldigbevinding, maar dink die vonnis is onvanpas en onregverdig. Hy behoort dieselfde vonnis te kry wat n wit persoon sou kry indien hy/sy dieselfde oortreding begaan het.

RM ·

Wat hy hier se^, se die meerderheid agter toe deure. Al hierdie plakkers wat nou grond beset om stede laat my bekommer, nou is hulle nader aan sagte teikens en stem tellings in elke gebied sal styg om keuring te skik vir die EFF/ANC samesmelting.
As onrus uitbreek gaan dit wragtig na Johanna Brandt se verskynsil lyk.

bgj van der westhuizen ·

wat reg is vir een is reg vir die ander en om te vergewe soos die bybels se werk nie in die land nie almal verwag die wint mense moet vergewe wat van hulle swart mense waarom kan hulle nie wit mense vergewe nie sy straf was nie n straf nie as jy wit is dan word dit groot saak maar as jy swart is dan vra jy net onverskoning belaglik en los maar die bybel hier uit die land glo nie meer daar aan nie alles draai om geld

A J ·

Baie geluk aan Afriforum en Henrico Barnard!

WELGEDAAN!

As die skuldigbevinding geld as “krimineel” dan kwalifiseer die moordlustige Menziwa nie langer om in leiersposisies aangestel te word nie.

Behalwe sy kriminele rekord … kontroleer sommer ook sy SA Burgerskap! Hy is dalk ‘n burger van Swaziland, Zimbabwe of Mosambiek?

Gewoonlik is sulke ‘ bloeddorstiges’ ook swak studente …. kontroleer of hy akademies kwalifiseer om in die Studenteraad te dien!

Menziwa is ‘n verleentheid vir die Universiteit van Pretoria se goeie naam en behoort lewenslank geskors te word!

E.K. die eerste ·

Ongelukkig kan mens, as jy iets verkeerd gedoen/gesê het nie die “undo” knoppie druk nie. Die skade is gedoen en ek dink hy weet alte goed wat sou gebeur, maar nou is die woorde steeds die wêreld in. So hy het sy doel bereik en al vra hy HOE omversoning gaan dit niks verander nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.