Student se liggaam buite kuierplek aangetref

(Argieffoto: pixabay)

Die polisie in die Oos-Kaap ondersoek ʼn saak van moord nadat die liggaam van ’n 20-jarige student aan die Walter Sisulu Universiteit (WSU) Saterdag buite ʼn kroeg gevind is.

Die oorledene was ʼn eerstejaarstudent in siviele ingenieurswese by die Butterworth-kampus.

Haar naam is nog nie bekendgemaak nie.

Volgens Yonela Tukwayo, woordvoerder van die universiteit, het die student saam met vriende uitgegaan na ʼn kuierplek naby die kampus.

“Volgens die student se vriende is sy net na 22:00 na die kleedkamer. Toe sy nie na 10 minute terugkeer nie, het hulle bekommerd geraak en na haar gaan soek,” sê Tukwayo.

“Haar liggaam is buite die kroeg gevind en die polisie is ontbied.”

Brig. Thembinkosi Kinana, polisiewoordvoerder, sê die omstandighede van die moord word ondersoek. Geen inhegtenisnemings is nog gedoen nie. Hy sê dit is ook nie duidelik wat die jong vrou se dood veroorsaak het nie.

Tukwayo sê die universiteitsgemeenskap is uiters geskok oor die voorval.

“Dit is betreurenswaardig dat vroue deurentyd oor hul skouers moet kyk – al is hulle tussen hul medestudente en gemeenskapslede.

“Die universiteit veroordeel enige vorm van geweld op en van die kampus. Dit is kommerwekkend dat geweld teen vroue en kinders sodanige ongekende omvang bereik het.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Ovelia ·

Daar is net nie einde aan geweld teen vrouens en kinders nie. Man mt di hoed is dazr ni n manier om meer under cover polisie oral te sit nie?

Persheks Adri ·

Hy’t nie die mannekrag nie en hulle kan ons nie beskerm nie regtig!

Meisie ·

Ek weet niemand wil dit hoor nie, dit is lankal nie meer veilig om vrou alleen enige iets te doen nie. Vat altyd iemand saam! As jy kleedkamer toe gaan vat jou drankie ook! Vrouens kan ongelukkig nie meer sulke goed doen nie..

Chantel ·

Ek stem saam, dis ongelukkig die tye waarin ons leef.
So jammer vir die dame se familie en vriende

JohanR ·

Verbaas my dat jy laat aand op die vlaktes tussen Drie Sisters en Kimberley/Bloemfontein ry, en het geen keuse om net gou af te trek om ‘n 10 cent te spandeer nie. Jy is net kant van die pad toe dan se ‘n stem “naand meneer.” Ek spot nou maar, is waar dat jy amper nerens meer veilig is nie, en moenie eers dink as jou kar iewers ontklaar raak wat sal opdaag! Jy kan net hoop is vriend.

Anoniem ·

Moord, doodslag………………………………………… wonder hoe lekker dit gaan gaan na die verkiesing

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.