Student se liggaam in tas gevind

(Argieffoto: Kent Williamson)

Die liggaam van ’n 23-jarige regstudent van die Fort Hare-universiteit in Oos-Londen is Donderdag in ’n tas langs die pad in Quigney gevind.

’n 25-jarige verdagte is kort ná die ontdekking van die gruvonds in hegtenis geneem. Die slagoffer was glo in ʼn verhouding met die verdagte.

Volgens brig. Tembinkosi Kinana, polisiewoordvoerder, het ’n motoris patrollerende polisiebeamptes Donderdagoggend in Fitzpatrickweg voorgekeer en in kennis gestel dat ’n liggaam in ’n tas gewaar is.

“Met die polisie se aankoms op die hoek van Fleetstraat en Fitzpatrickweg het hulle die liggaam gevind. Langs die tas was ’n swart sak met ander liggaamsdele.”

Volgens Kinana het polisiebeamptes op die toneel inligting ontvang dat ’n 25-jarige verdagte wat moontlik met die moord verbind kan word, in hegtenis geneem is.

Nóg sakke met liggaamsdele is by die huis waar die verdagte in hegtenis geneem is, gevind.

“Voorlopige ondersoek dui daarop dat die verdagte en die slagoffer in ’n verhouding was en ’n geruime tyd saam gewoon het.”

Lt.genl. Liziwe Ntshinga, provinsiale polisiekommissaris, het die voorval ten sterkste veroordeel.

“Dít is een van die verpletterendste tonele en een wat vroue nie tydens Vrouemaand wil sien nie.

“Die voorval beklemtoon opnuut die hardnekkige verskynsel van geslagsgebaseerde geweld wat ’n endemie in ons samelewing is.”

Die verdagte sal Vrydag in die landdroshof in Oos-Londen op aanklagte van moord verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Anoniem ·

Geen genade vir die verdagte nie. Bring doodstraf terug en hierdie wreede aanvalle sal beslis stop.
Eintlik moet dieselfde wat die verdagte aan die arme vroulike student gedoen het, aan hom gedoen word. Innige simpatie en sterkte vaan die familie van die slagoffer.

Kathleen ·

die wreedste van wreed ! sy het seker uitgemaak met hom ……… as ek jou nie kan kry nie sal niemand anders jou kry nie ! siek siek mense in ‘n siek siek wêreld !

Mariana ·

Hierdie land het ontaard in ‘n plek van misdaad. Moord is aan die orde van die dag. Nou word liggame opgesny, kinders word wild en wakker mishandel en verkrag. Waar gaan dit als stop. Dit vererger by die dag. Kultuur van misdaad.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.