Student se skorsing opgehef ná FB-uitsprake

nwu-potch-puk

Die NWU se Potchefstroomkampus. Foto: NWU Pukke/Facebook

ʼn Klagte teen ʼn student aan die Noordwes-Universiteit (NWU) se Potchefstroomkampus in verband met beweerde rassistiese uitsprake op Facebook, is voorlopig teruggetrek.

Die NWU het gesê die student se dissiplinêre verhoor was vir 18 Julie geskeduleer, maar die saak is Dinsdag tydelik uitgestel en die voorlopige skorsing van die student is opgehef om hom toe te laat om met klasse voort te gaan.

Die klagte hou verband met ʼn beweerde woordewisseling op Facebook tussen Hanno Bisschoff en Jeandré Goliath, albei Puk-studente, in Mei vanjaar. Die twis het op Afriforum Jeug se Facebook-blad plaasgevind onderaan ʼn plasing op die blad wat met die universiteit verband hou.

Bisschoff het in die kommentaar aan Goliath gesê as hy nie van die universiteit hou nie, hy by ʼn ander instansie moet gaan studeer wat “sy soort” mense akkommodeer. “Dis nadat ons ondankbare apies soos julle ʼn kans gegee het wat julle die mat onder ons voete uitgepluk het (sic),” het Bisschoff gesê.

Goliath het hierop geantwoord en gesê: “Ons ‘soort mense’ is nie hier op jou uitnodiging nie. En daar was in elk geval nie ʼn mat onder jul voete om meer te begin nie (sic).” Hy het verder gesê dit is Bisschoff se “inherente rassisme” wat hom noop om ander mense “apies” te noem.

Die studente se kommentaar is kort daarna verwyder, maar nie voordat daar skermskote van die gesprek gemaak is nie.

Prof. Dan Kgwadi, NWU se vise-kanselier oor studente- dissiplinêre sake, het in ʼn verklaring gesê Bischoff is tydens ʼn verhoor op 30 Mei aan twee klagtes skuldig bevind. Die eerste klagte was dat sy optrede nadelig was of nadelig kon wees vir die goeie naam, orde, dissipline of prestasie van die universiteit, en die tweede was ’n klagte dat stellings op sosiale media gemaak is wat op diskriminasie in die vorm van rassisme neerkom.

“Hy is vir twee jaar uit die universiteit geskors, maar die vonnis is vir die res van die duur van sy studies opgeskort. Hy is ook met ’n boete van R5 000 gestraf,” het Kgwadi gesê.

Hy het gesê nadat hy met ʼn senior bestuurspan die klagtes teen Goliath bespreek het, is daar besluit dat die klagtes teruggetrek moet word. “Die rede hiervoor is dat die getuienis wat aangebied is, nie duidelik die voortsetting van die saak regverdig nie,” het hy gesê.

“Ek en my span werk hard daaraan om ’n kultuur te bou wat sosiaal inklusief, samebindend en verwelkomend is, en die diversiteit van ons universiteitsgemeenskap omhels, terwyl ons historiese konteks in gedagte gehou word. Voorvalle soos hierdie is teen al hierdie beginsels en ons moet die personeel en studente van die NWU en trouens die algemene publiek om verskoning vra. Dit is duidelik dat ons meer moet doen in ons missie om studente op te voed om in Suid-Afrika te woon en te werk – in die gees van ons missie, ons waardes en ons land se grondwet.”

Ohann Fourie, AfriForum Jeug se koördineerder vir die Puk-kampus, het gesê die organisasie meen die universiteit het reg opgetree deur dissiplinêre stappe teen albei studente in te stel. “Ek kan nie kommentaar lewer oor wat daar tydens die dissiplinêre verhore besluit is nie. Ek voel wel dat alle sosialemediagebruikers verantwoordelik gehou moet word vir die uitsprake wat hulle op sosiale media platforms maak en daarom het die universiteit die regte ding gedoen deur die saak te ondersoek.”

Fourie het gesê AfriForum Jeug distansieer hom ten volle van die betrokke uitlatings en enige ander rassistiese en beledigende kommentaar op sy sosialemediaplatforms.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Adri ·

Verwarrende berig. Eers word gesê Bisschoff is geskors en dan word daar gemeld dat die klagte teen Goliath teruggetrek is. Is albei aangekla? Wie is/was geskors?

MissDemeanor ·

Jeanette, in hierdie geval het Goliath nie rasities opgetree teenoor Bischoff nie. Die enigste persoon wat rasistiese beledigings gemaak het was Bischoff, volgens my verdien alle rasiste n stywe boete en meer as n opgeskorte vonnis!

Japie my Skapie ·

Maar die kind praat die waarheid, hoekom wil hulle hom daaroor skors. Belaglik !Goliath ken seker nie so mooi sy agtergrond nie. Kom ek verfris sy geheue. Die UN het die ANC en Mandela in 2008 van hulle lys van Terroriste afgehaal. Dit beteken dat die RSA vir 14 jaar deur n terroriste organisasie bestuur was. Die regering, wat meestal bestaan uit swart mense,besteel en lieg op n daaglikse basis vir hulle volgers . Hulle doen alles in hulle vermoe om die blanke te tart. Hierdie land was gesteel deur korrupte staatsamptenare. Inteendeel hulle kon geen oorlog teen ons wen nie.Miljoene swart mense lewe in tipiese Afrika kondisies te lui om n rytjie mielies te plant en om te werk om sy eie grond te koop. Skors die PUK nou net hierdie kind dan boikot ons as ouers ons finale betalings aan die PUK net soos ons gedoen het met die SPUR

Cherokee ·

Ek hou van die dreigement in die laaste sin. Smaak dit oor ‘n honderd!

TDW ·

@japie my skapie, hoekom sal jy sê alle swart mense is so? Dis hierdie veralgemening wat ons land se mense so onder kry. Die regering sê vir hul mense alle wit mense is rassisties en het grond gesteel en en en. Nou trap jy wragtag in dieselfde strik. Nie alle swart mense is lui nie, inteendeel, die meerderheid is hardwerkend en wil graag die beste doen vir hulself en hul familie. Hulle is mense met harte van goud en het die grootste sin vir humor. Hulle is pragtige mense en help graag. Daar is soveel goeie dinge wat ek van hulle kan sê. Natuurlik is daar vrot appels, net soos in die wit gemeenskap. Die swart vrot appels lyk net meer as die wittes, omdat daar meer swart mense in Suid Afrika is. Moenie die rassehaat wat aangevuur word deur sommiges, ondersteun nie. Rise above it, be better!

popeye ·

Individue soos Bisschoff moet besef dat individueel hulle kommentare en uitlatings nie ongestraf sal gaan nie. Die enkele rob wat die water oorsteek sal gevang word deur die witdoodshaai. Dit gaan ‘n stigting, liggam wat (regs) kommentaar oor die algemeen is, om die waarheid, frustrasie en teenwig te verwoord sonder om as individu vervolg te word…..dink aan EFF, BLF ens. Boks slimmer!!!!

zahn ·

Hierdie hele affere het so ligte Spur reukie. alweer word net die een kant vertel. Wat het aanleiding gegee tot Bischoff se uitlating, hê?

Andile ·

Ek het reeds die konteks wat jou vermoede beaam bo uiteengesit en die konteks is feitlik korrek.

Andile ·

Marula het nou weer my kommentaar en die van Jeanette afgehaal. Pateties.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.