Student steeds in waakeenheid: ‘Ons vat dit dag vir dag’

Christo Reyneke. Foto: Verskaf

Die 19-jarige student van Klerksdorp in Noordwes wat ernstig beseer is nadat hy Woensdag in ʼn erge botsing op die N12 buite Wolmaransstad betrokke was, is na ʼn hospitaal in Bloemfontein oorgeplaas.

Christo Reyneke word nou in die waakeenheid van die Life Rosepark-hospitaal in Bloemfontein behandel. Hendrik Reyneke, Christo se pa, het aan Maroela Media gesê sy seun is Saterdag per ambulans vanaf die Life Anncron-hospitaal in Klerksdorp na Bloemfontein geneem.

“Die oorplasing het gelukkig goed afgeloop. Daar was ʼn paar klein dingetjies wat ons bekommer het, maar alles is nou weer onder beheer,” het Reyneke gesê.

Maroela Media het vroeër berig Christo, ʼn student in natuurbestuur, was op pad na sy ouers wat op Wesselsbron in die Vrystaat woon toe die bakkie waarmee hy gery het met ʼn vragmotor gebots het. Christo het ʼn groot skedelbreuk opgedoen en moes uit die wrak van die voertuig gesny word. Sy lewer en slukderm is geskeur, sy bobeen is gebreek en hy het ʼn groot snywond aan sy skouer en kleiner snywonde aan sy lyf opgedoen.

Reyneke het gesê dokters kan steeds nie bepaal of Christo enige langtermyn-breinskade opgedoen het nie, aangesien daar nog te veel swelling op sy brein is. “Die dokter in Bloemfontein het vir ons gesê daar lê ʼn baie lang pad van herstel voor. Selfs wanneer hulle hom wakker maak, gaan hy nie net 100% reg wees nie. Hulle sê dit kan tot twee jaar neem voordat hy ten volle herstel het. So, ons vat dit nou dag vir dag,” het hy gesê.

Hy het gesê Christo se toestand is stabiel en daarvoor is die gesin baie dankbaar. “Ons bly net bid en glo en vertrou dat die Here hom sal gesond maak.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Marianne ·

EK BID NEEDERIG VIR ‘n WONDERWERK. BY GOD IS NIKS ONMOONTLIK NIE.
Strekte aan Christo se familie en vriende.

Nicolene ·

Ek bid spesiaal vir Christo en sy gesin.
Mag die Here ‘n amazing wonderwerk verrig.
Vir geen ouer kan dit maklik wees nie, maar ons vertrou en glo!!!

broos ·

ai, sterkte seun! ook vir sy ouers….ons hou julle in ons gebede

Hannelie ·

Ag Here hy is nog so jonk….U is ‘n God van wonderwerke en ons Groot Geneser. Maak Christo asb gesond.

Marlien ·

Sterkte aan die familie. Julle is in ons gebede en mag God ‘n Wonderwerk verrig.

Ada ·

Dink aan die jongman , die ouers , familie en vriende.
Ek hoop hy herstel volkome.

Theresa ·

Baie krag en sterkte vir elke dag vir die ouers, familie en vriende wat hierdie jongman moet bystaan. Hoop hy herstel volkome.

Chris Ws ·

Ons was ook in ‘n ongeluk en my vrou het ‘n breinbesering opgedoen.Dis nou 4 jaar later en sy het baie gevorder maar daar is steeds nog ‘n lang pad voor vir haar.Christoe is baie jonger wat sy herstel sal bevorder.Sterkte vir hom en sy ouers.Hulle gaan ‘n moeilike tydperk binne.

dup du plooy ·

Baie sterkte! Die gebed van n gelowige het GROOT krag.

Sanet la grange ·

Stekte word julle toegebid Hendrik & Johanna. Jesus is ons GROOT GENEESHEER. Hou moed & glo. Liefdegroete Sanet & Christo

Adel ·

Ons aanbid n Almagtige God en ons sal saam julle bid vir volkome herstel en genesing.

johan smit ·

Christo jy is in my gebede. Baie sterkte en liefde vir sy ouers

johan smit ·

Christo jy is in my gebede.Baie sterkte en liefde vir sy ouers.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.