Student sterf glo weens polisiewreedheid

Thabelo Mbau is per ambulans na ʼn hospitaal vervoer, maar het aan sy beserings beswyk. (Foto: X)

Gemeenskapslede van eMalahleni het woedend gereageer nadat ʼn student van die Tshwane-Universiteit vir Tegnologie (TUT) se eMalahleni-kampus Saterdag glo deur polisiebeamptes wreed aangerand is.

Thabelo Mbau, ʼn tweedejaar- elektriese ingenieurstudent, is per ambulans na ʼn hospitaal vervoer, maar het aan sy beserings beswyk.

Timothy Kgokong, streeksekretaris van die EFF in Mpumalanga, het aan Maroela Media gesê dat die voorval buite die Khayalethu-koshuis naby die universiteit plaasgevind het.

Besonderhede oor die voorval is nog skraps, maar volgens Kgokong het polisielede hardhandig met van die studente geraak. “Ongelukkig is een van die studente tydens die voorval oorlede.”

Kol. Donald Mdhluli, polisiewoordvoerder, het die voorval bevestig.

“Omstandighede rakende die voorval is nog onduidelik en ʼn geregtelike doodsondersoek is hangend.”

Lede van die gemeenskap het intussen Dinsdag na die Emalahleni-polisiestasie opgeruk om hul ontevredenheid oor die voorval te kenne te gee.

Die onafhanklike polisieondersoekdirektoraat (Opod) het aan Maroela Media bevestig dat hulle die saak ondersoek. Die TUT het in ʼn verklaring gesê hulle sal wag vir ʼn verslag vanaf dié instansie.

Die universiteit het sy medelye met Mbau se familie, vriende en medestudente betoon.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Sê maar net ·

Waarom gebeur dit dat polisie iemand tot die dood toe martel? Noual die hoeveelste geval. Geen selfbeheersing of vrees vir nagevolge nie?
Mag die Here die familie en vriende van die jongman vertroos en versterk. So onnodig en hartseer.

Marous ·

Het die studente vreedsaam onder ‘n boom gesit ? Gister was daar ghaos in Tzaneen omrede die valse beloftes van die korrupte regeerders oor studente toelae nie nagekom was nie . Dit was uiters geweldadig .

Watsenaam ·

Wat is die verskil tussen die en die Groblersdal twee? As die howe konsikwent wil wees,
Sluit die beamptes toe en weier borgtog.

christo ·

‘n Wors het twee ente. Die studente het in die openbaar voor die koshuis gedrink en in die vroeë so geraas gemaak. Die polisie het op die klagte gereageer en die studente het hulle verset teen arrestasie vir drink in die openbaar en dan ook die rus verstoor in die vroeë oggend ure. Die studente het handgemeen geraak met die polisie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.