Student sterf ná aanranding met krieketkolf

Asadullah Ajimudin. Foto: Facebook

Asadullah Ajimudin. Foto: Facebook

ʼn Tweedejaarstudent aan die Nelson Mandela Metropolitaanse Universiteit (NMMU) is dood nadat hy Saterdag in die vroeë oggendure met ʼn krieketkolf aangerand is.

Asadullah Ajimudin (19) is in sy studentewoonstel in Summerstrand, Port Elizabeth, aangeval. Ao. Alwin Labans, woordvoerder van die polisie, het gesê hy is tydens ʼn inbraak aangerand. “Sy selfoon, skootrekenaar en beursie is gesteel,” het hy gesê.

Volgens Labans was Ajimudin aan die slaap toe die inbreker hom met sy eie krieketkolf aangerand het. Hy het erge kopbeserings opgedoen. Die bebloede krieketkolf is op die toneel gevind.

Ajimudin is na ʼn hospitaal gehaas waar hy in die waakeenheid behandel is. Hy is Maandag breindood verklaar. Die masjiene wat hom aan die lewe gehou het, is Dinsdag om 12:15 afgeskakel.

“Ons is nie in hierdie stadium seker hoeveel verdagtes by die moord betrokke was nie en dit sal deel vorm van die ondersoek,” het Labans gesê. “’n Taakspan is aangestel om die moordenaars vas te trek.”

Ajimudin was ʼn student in rekenaarwetenskap.

Asadullah Ajimudin. Foto: Facebook

Asadullah Ajimudin. Foto: Facebook

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

EMK ·

Kon hul tog nie maar net die goed steel en hom uitlos nie?? Verskriklik ! Medelye met sy familie.

elna eloff ·

Sover ek weet is daar gereeld moorde op studente wat daar plaasvind ..

sarel ·

jy weet dan maar bra min, dit gebeur amper nooit by NMMU nie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.