Student sterf na val by waterval: ‘Hy het alles ervaar wat hy kon’

Johan van Huyssteen. Foto: Facebook

Johan van Huyssteen. Foto: Facebook

Die jong Maties-student wat Maandagmiddag by ʼn waterval op die familieplaas naby Kareedouw in die Oos-Kaap afgeval het, se liggaam is Dinsdagoggend gevind.

Johan van Huyssteen (22) het saam met sy pa, Hercules, sy suster en drie vriende gaan perdry toe die voorval gebeur het. Hercules het oomblikke nadat Johan se liggaam uit die water gehaal is, met Maroela Media gepraat. Hy het vertel die groep het omstreeks 16:00 op die plaas gaan ry en oudergewoonte by die waterval afgeklim om water te drink en die natuurskoon te bewonder.

“Johan en sy vriende het op die rand van die waterval gestaan en afkyk en nog gesels oor hoe diep dit is. Die volgende oomblik het sy voet gegly en hy het sowat 50 meter ver by die waterval afgeval.” Hercules het gesê hy het dadelik huis toe gejaag om die nooddienste te ontbied, terwyl Johan se vriende by die krans probeer afklim het.

Polisieduikers en ander reddingspersoneel het tot donker na Johan gesoek, maar moes noodgedwonge die soektog staak toe dit te donker en gevaarlik geraak het om voort te gaan. Die soektog is vroeg Dinsdagoggend hervat en Johan se liggaam is net na 09:00 gevind.

“Ek het bly hoop vir ʼn wonderwerk, bly hoop dat hy oukei sal wees, maar diep binne my het ek geweet…” het Hercules gesê. Hy vertel daar was Maandagaand, toe hy by die huis kom, reeds 132 boodskappe op Johan se selfoon. “Dit wys jou net watter soort mens hy was. Hy was ʼn mense-mens – almal was mal oor hom,” het hy gesê.

Johan het einde verlede jaar sy B.Agric-graad aan die Universiteit Stellenbosch voltooi en was ingeskryf om vanjaar sy meestersgraad in Landbou te doen. “Ons is nie ryk mense nie en party dae het dit maar moeilik gegaan, maar die dag toe hy sy graad klaargemaak het, het hy vir my gesê: ‘Pa, daar was nie een geleentheid op Stellenbosch wat ek misgeloop het nie. Ek het alles ervaar wat ek kon.’”

Hercules het sy seun as lewenslustig beskryf en gesê hy het sy 22 jaar op aarde voluit geleef. “Daar is ʼn bordjie in ons huis wat sê ‘Leef asof iemand die hekkie oopgelos het’. Dít was Johan. Dít is hoe hy geleef het.”

ʼn Roudiens vir Johan sal na verwagting Sondag gehou word, maar die finale reëlings is nog nie bevestig nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Bets ·

Ons harte huil saam met julle en ons bid vir jul vertroosting toe!

Ludwig ·

My baie opregte meegevoel aan hierdie ouers. Ek hoop hulle vind berusting.

Strussbob ·

Dis verskriklik sleg – ons woorde ontgaan ons. Die wereld is ons woning nie- mag julle krag ontvang-

Gesiggie ·

Baie jammer dat so n wonderlikke mens se lewe so moes eindig? Aan sy Familie en vriende, mag God jul vrae beantwoord… en aan jul gemoedsrus gee… Hy het sy Lewe voluit gelewe… Sterkte aan jul.

rienie ·

Vir enige ouer is dit die seerste seer om te verwoord. Maar weet Jesus dra U daardeur. Baie sterkte aan die familie.

Rina Pretorius ·

Dis baie erg, dieselfde tipe ongeluk het met familie van my gebeur by Sabie waar die hele gesin, ma pa en dogter by ‘n waterval afgeval het, aldrie is dood in die ongeluk so ek weet hoe die familie moet voel. baie sterkte aan julle

Ilze Koorts ·

Hercules, Johanet en Elriette – ons verstaan nie…..weet dat ons julle toevou in ons gebede en dat ons Groot Geneesheer julle sal vashou en julle nie alleen sal los nie….

DPJ ·

Mag God met Sy Gees julle ryklik vertroos. Ons vertaan nie nou nie.
Eending paraatheit op enige iets.

Adam en Tersia ·

Hercules en Johannette,
ONs innige meegevoel. Mag die groot Trooster julle in hierdie dae naby wees. Ons dink aan julle.

Elize Krugel ·

Herci, Johanette en familie ons innige meegevoel. Hy was net ñ klein woelige seuntjie toe ek en my man ons kursus voor die huweliksbevestiging by hul huis gedoen het, en het so mooi jong man geword. Mag God sy familie vertroos.

Annetjie Botha ·

Ons innigste meegevoel en simpatie aan hierdie hartseer gesin. familie en vriende. En weet ons hele gemeenskap rou saam. Mag Hy julle met Sy genade en liefde omvou in hierdie tyd en elke dag vir nog baie jare wat sal kom. Jul is in ons gebede. Sterkte

Leon en Monique ·

Hercules,Johanette en Elriette: ons innige meegevoel vir julle met jul verlies en hartseer rondom Johan.

Ditha ·

Johan het so baie by my winkel in die Neelsie geeet… ek het ook nou saam met hom gewerk verlede jaar met die eerstejaars-verwelkoming, aangesien hy in beheer was. Hy was ALTYD dankbaar, sonder pretensie en vrolik…. Altyd ‘n geselsie aangeknoop… Hy het nog kom vertel hoe hulle met die groot brand verlede jaar die diere en alles moes skuif na veiligeheid… Hy het gehelp waar hy kon. Al het ek hom nie goed geken nie -het die bietjie mens wat ek geken het getuig van ‘n nederige, gawe en dankbare mens… ek weet sy ouers is trots op hom… Ek het nie woorde van troos nie – dink aan al sy geliefdes. Mag julle God se teenwoordigheid tasbaar ervaar.

Sonja Herbst ·

Familie en vriende van Johan. Ons innige simpatie en medelye met jul GROOT verlies. Sy plek sal nou altyd leeg wees, maar sy GEES sal ALTYD in julle harte bly en voortleef !!!!! Baie STERKTE !!!!

Susan Scheepers(nee van Niekerk) ·

Ai, hoe hartseer. Al so lankal weg in Kareedouw, maar voel nog na aan die mense daar. Baie baie sterkte daar.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.