Student trek verkragtingsklag ure later terug

Die ingang na die Tweede Laan-kampus van NMU. Foto: NMU

ʼn Groot aantal vroue het Maandag buite die Nelson Mandela Universiteit (NMU) in Port Elizabeth bymekaargedrom en betoog ná ʼn 21-jarige student haar kêrel daarvan beskuldig het dat hy haar oor die naweek op die kampus verkrag het.

Die klag is sedertdien teruggetrek.

Kol. Priscilla Naidu, woordvoerder van die polisie, het gesê die 21-jarige student het die saak Saterdagoggend aanhangig gemaak en haar kêrel is gevolglik in hegtenis geneem.

Die klag is egter ʼn paar uur later teruggetrek. Die vrou het volgens Naidu Maandag met die aanklaer vergader en die saak is gesluit.

Die NMU het in ʼn verklaring gesê alle akademiese aktiwiteite vir die dag is opgeskort by die Port Elizabeth-kampusse. Dit sluit aandklasse in.

“Die bestuur skakel ook daadwerklik met betogende studente oor kwessies verwant aan geslagsgebaseerde geweld.”

NMU het gesê die naweek se gebeure benadruk weereens die universiteit se diep bekommernis oor aangemelde gevalle van geslagsgebaseerde geweld. “Ons wil ons veroordeling van dade van geslagsgebaseerde geweld onomwonde stel en ons as universiteit is toegewyd daaraan om die gesprek aan die gang te hou om met personeel en studente te werk om ʼn toekoms van geen-verdraagsaamheid te bewerkstellig.”

Die NMU het ʼn beroep op studente gedoen om saam met die bestuur te werk om veiligheid op alle kampusse en spesifiek die gedeelde omgewings soos die koshuise te bewerkstellig.

“Die universiteit verbind hom daartoe om sy volgehoue program van aksie teen geslagsgebaseerde geweld te verskerp.”

Twee studente, onderskeidelik 25 en 30 jaar oud, is verlede jaar Oktober gewelddadig aangeval en verkrag in ʼn rekenaarlokaal op die NMU se Tweede Laan-kampus in Port Elizabeth.

ʼn Man is aangekla van hul verkragting. Hy sal 27 Augustus weer in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Liberaal ·

My liberale linkse brein weet nie wat om nou te dink nie en ek hoop CNN wil meer duidelik wees oor wat ons moet dink. Aan die een kant moet ons veg vir vroueregte, of eerder LGBTXyz? regte, maar aan die ander kant moet ons alle misdadigers met ons hele hart liefhe, so wat nou?

Adam ·

Liberaal, daar is hoop. Begin dink vir jouself en ignoreer CNN. Jare se ondervinding het my geleer dat ‘n aantal “verkragtings” eintlik maar net “saketransaksies” is wat skeef geloop het. Ek besef dit klink onsensitief, maar dit is ongelukkig die realiteit. Die ander kant van die muntstuk is egter dat ernstige verkragtings nie aangemeld word nie weens die slagoffer se vrees om deur ‘n uitmergelende hofproses te gaan.

NM ·

As dit n valse klag is, moet sy gearresteer en vervolg word, agv mense wat lieg en oor sulke ernstige misdade lieg, maak dat polisie en mense nie meer gaan glo nie en nie meer gaan ondersoek instel nie, en agv dit gaan mense nie meer klagtes le nie.

Elize C ·

Ek stem 100% saam NM, mens is OF verkrag, OF jy is nie. Dit maak my bekommerd dat verkragtingsake soms aanhangig gemaak word uit weerwraak of moedswilligheid, daar word nie besef ‘n man se lewe en toekoms kan verwoes word deur sulke vals aantygings nie. Pasop vir wolf-wolf skree, volgende keer gaan jy nie geglo word nie…. Ek dink ook as so klag teruggetrek word, moet daar ‘n deeglike ondersoek wees oor hoekom die saak teruggetrek is, en as dit bewys kan word dat dit nie werklik verkragting was nie, moet die klaagster ‘n hewige boete opgelê word, want dit was mors van tyd en ‘resources’, asook valse beskuldiging wat ernstige gevolge kon ingehou het.

Basjan ·

“Studente” van 25 en 30 jaar oud? Wat studeer hulle so lank? Moet seker Doktorsgrade wees. Gestel hulle was 20 toe hulle begin studeer het, dan was hulle onderskeidelik 5 en 10 jaar lank op universiteit???

IK ·

Dis moontlik Basjan. Jy begin swot omdat jy niks weet en leer al meer en meer totdat jy ‘n punt bereik waar jy alles weet en dan begin spesialiseer en al meer van al minder te leer totdat jy alles van niks weet.

Jane ·

@Basjan. Nie almal het die geleentheid om na skool te gaan studeer nie. Ek self het eers op 30 genoeg geld bymekaar gehad om universiteit toe te gaan. Mens is nooit te oud om te leer nie.

Anna ·

@Basjan. Wat maak dit saak? Daardie twee mense is verkrag en jy gee net om oor hoe oud hulle is terwyl hulle swot? Jy miss die punt.

SjN ·

Hoekom die saak terugtrek, ek vermoed hul is op heterdaad betrap en nou word beskuldigings rond geslinger om eer te beskerm, ondersoek deeglik en hou die een dan verantwoordelik vir hul dade.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.