Student tydens huisroof doodgeskiet

Argieffoto

ʼn Student is Saterdagaand tydens ʼn huisroof in Bloemfontein doodgeskiet.

Konst. Peter Kareli, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê baie min inligting is tans beskikbaar aangesien polisiebeamptes steeds op die toneel is. Die voorval het by ʼn studentehuis in Universitas gebeur.

“Volgens bure het hulle gesien hoe die slagoffer uit die huis gehardloop kom en het hulle gehoor hoe ʼn skoot afgevuur word. Die man het ʼn koeëlwond in sy bors gehad. Hy is op die toneel dood.” Kareli het gesê dit is nie duidelik of die man in die huis geskiet is of toe hy uit die huis gehardloop het nie. Die slagoffer was glo 19 jaar oud.

“Ons weet op die oomblik nog nie hoeveel verdagtes daar was en of iets uit die huis gesteel is nie. Die polisie is steeds op die toneel besig om vir leidrade te fynkam en om verklarings af te neem. Ons sal later meer inligting kan bekendmaak,” het Kareli gesê.

Die oorledene se naam kan nog nie bekendgemaak word nie aangesien al sy naasbestaandes nog nie in kennis gestel is nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

33 Kommentare

MC Heunis ·

Nee, maar elkeen van ons het ‘n plig om ons gemeenskappe te beveilig. Sluit aan by plaaslike buurtwagte en help. Te veel mense sit terug en verwag ander mense moet hulle oppas. Veral in die ryker buurte!

Cherokee ·

MG Heunis, daar is niks verkeerd met hul verwagting om opgepas te word nie want dìt is ondermeer waarvoor groot belastings betaal word. Ongelukkig werk die verwagtinge nie altyd uit nie want hierdie is Donker Afrika. Maar hulle het al die reg om te verwag om opgepas te word want die polisiediens behoort dit te kon doen.

Ouma ·

Nêrens is ons meer veilig nie. Ons lewe agter geslote deure, is bang om in ons eie tuin te kuier en braai. Leef ‘n kluisenaars bestaan. Dis wat in Bloemfontein aangaan – en dis aaklig om elke aand te bid dat die Here jou sal beskerm sodat jy ongedeerd more oggend opstaan. Sterkte aan die jing man se familie

Cjan ·

Buurtwag is die oplossing. Vergeet van ek betaal belasting en kan op my alie sit en sien hoe my mense vermoor word nie. Trek jou vinger waar dit vassit en lewer n bydra in jou gemeenskap om n lewe te red.

Johann ·

Dit is een ou wat rule daar. Familie van my is Des 2016 ook in Universitas geskiet.

Christa ·

As jy weet wie daarvoor verantwoordelik is Johann, DRA die inligting aan die Polisie oor!!

Adriana ·

Trek Kaap toe. Dis veiliger hier.
Bitter jammer om oor die jong man te verneem. Al sy drome wat hy vir die toekoms gehad het en sy arme ouers en familie en vriende.Dit is verskriklik.Ek hoop die Here bring vertroosting.Dink aan julle al ken ek julle nie.

MCS ·

Adriana, jy moet nie almal Kaap toe nooi , die skelms en moordenaars sal saamtrek en dan is die Kaap ook nie meer n lekker plek.

Leen ·

@MCS, ek wil daai een ook nou gesê het – almal van die Noorde trek hierheen en dan lyk W-Kaap een van die dae ook so? En @Charl du Plessis, Aussieland is miskien veiliger van twee-been misdadigers, maar liewe dinges, hulle het darem baie giftige goggas, slange, haaie ens sulke goeters!

Hendrik ·

Booswigte is oral bedrywig en die regering en polisie is geensins ‘n bedryging vir julle nie!! Ons moet saamstaan en ons toevlug na God neem, Hy sal geregtigheid laat geskied en hierdie bendes verdelg.

swart duiwel ·

Ek dink hy het lankal al sy hande gewas van hierdie plek. Sekere van sy skepsels is maar net boos. Hy gaan jou nie red nie. Red jouself

ex-SA ·

Ek stem Charl, ons is nou nie in Australie nie, maar woon al amper 10 jaar in New Zealand, beste besluit wat ons ooit geneem het. Kan rondloop, kinders kan buite speel, ons sit en eet en kuier tot laat in die aande toe in ons tuin, sonder om enigens te worry dat iets gaan gebeur.

w ·

Mense waar jy woon se nix. Al wat waarheid is is dat ons in Afrika woon en buitendien n president het wat net belangstel om sy en sy maatjies te verryk

George ·

Maroela waarom sluit julle die kommentaar by party berigte gouer as by ander? Julle afsnypunt is mos 48 uur? Is daar n spesifieke rede voor.Party berigte se kommentaar bly langer oop soos die Spur geval en die Ermelo man geval. Sal graag die rede wil hoor.

Mariné Lourens ·

Dagsê George

Dankie vir jou navraag. Die tydperk vir die lewering van kommentaar op nuusberigte is gestel om outomaties vir 48 uur oop te bly vanaf die oomblik wat die berig gepubliseer is. Indien ‘n berig dus byvoorbeeld op ‘n Maandagaand gepubliseer is, sal die kommentaarfunksie op die berig die Woensdagaand gesluit word. Dit mag dan moontlik die indruk skep dat die kommentaarfunksie vir drie dae lank oop was, alhoewel dit steeds net 48 uur is.

Let egter daarop dat volgens Maroela Media se bepalings en voorwaardes hou Maroela Media die reg voor om die kommentaarfunksie op enige artikel op die webwerf af te skakel, sonder voorafkennisgewing aan lesers.

Ek hoop dat dit die verwarring opklaar.

Groetnis
Mariné
nms Maroela Media

MC Heunis ·

Hoewel ek self nie daar woon nie ry ek een keer ‘n week vir twee ure in Universitas patrollie as deel van Afriforum se buurtwag. Universitas was eens ‘n baie vooraanstaande buurt, maar deesdae is dit ‘n misdaadnes van roof, kapings, inbrake ens. Die probleem is die groot hoeveelheid studentehuise. Baie inwoners het hulle huise verander in studentehuise waar enigiets van 3 tot 12 studente per huis woon. Tipies soos studente maar is staan hekke en gordyne altyd oop, motors word buite in die straat geparkeer, goed word dikwels in karre gelos en sommiges sit selfs en vry in hulle motors in oop areas soos by Muddplein. MAW ‘n algemene laksheid wanneer dit by veiligheid kom wat hulle maklike teikens maak. Daar is ook BAIE “voete” in die area en mens weet nooit wie is studente en wie is kriminele nie. En as jy stop en vra of alles OK is word jy afgejak as ‘n aparheidsera veiligheidspolisieman wat seker passe wil nagaan… Min mense in Universitas behoort aan die GPF of Afriforum se spanne en derhalwe moet lede vanaf ander buurte daar patrollie ry. Dit is tyd dat ALMAL, oud en jonk, wit of swart betrokke raak by polisieering anders gaan daai buurt faal en sal hulle misdaadgolf oorspoel na die aangrensende buurte.

Dalene vd Westhuizen ·

Dankie MC. Ons kan almal aansluit by ons buurtwagte en ons maandelikse geldjie betaal en dan se ons is lid van die buurwag, maar ongelukkig is dit nie genoeg nie. Ons vra mooi dat elke lid wat aangesluit het, asseblief ook so ver dit kan betrokke sal raak by ons patrolerings. Ons weet almal is baie besig, maar ons vra dat elke lid homself ten minste een keer per maand tog sal aanmeld vir hulp in die buurte self. Ons het oë en ore nodig om elkeen in die buurt veilig te probeer hou. Ons kan so baie misdaad voorkom as ons meer mense het wat saam met ons kan werk, en so meehelp dat ons almal veilig is. As elkeen van ons n klein opoffering kan maak, kan ons te minste help om die lewens van ons kinders en jongmense soos hierdie te spaar. Ons moet NOU saamstaan, en hoe gouer jy as gemeentelid kan inval, hoe gouer kan ons ons buurte beter probeer beveilig.

Adriana ·

Jammer wou net help.Natuurlik kom jou geloof in God eerste. Sonder twyfel.Dit is net vir my opvallend dat meer moorde in die Transvaal en Vrystaat – Noordwes- plaasvind as hier. Hier is ook onheil maar minder – op die oomblik.Sterkte vorentoe.Soos ek gese het ek dink aan almal betrokke met die geweldige verlies.

AL ·

Sterkte aan sy familie in die hartseertyd. Sinnelose geweld was nog nooit n oplossing nie.

Belasting vermors ·

Maroela, publiseer asseblief artikels oor hoe ons wettiglik minder belasting kan betaal, en werk saam met ander mediagroepe om die boodskap landswyd te verspry. Belastingkenners onder ons, help Maroela asseblief hiermee.

Cherokee ·

Jy kan Dr Google uitvra daaroor en jy sal inligting kry. Die dok is baie slim.

Cornelia 1 ·

MC, wat jy se is so waar. Oral in Bloemfontein woon studente ook in Meenthuiskomplekse.
Studente wie se ouers elders woon, moet hulle kinders waarsku en hulle ook leer dat hulle nie vensters ooplos en sleutels in sekuriteithekke los nie. Vir grypdiewe is dit al te lekker omdat studente so nalatig is. Op die ou end moet die ouers weer opdok vir nuwe selfone, rekenaars ensv. ensv. Innige Meegevoel vir die ouers.

Gideon ·

Ek dink die student was ‘n inbreker en het sy rieme styfgeloop!! My seun is destyds in Potch ook so besteel, ek is spyt hy het nie ook sy pistool daar gehad nie!!

A3 ·

Verstaan nie die kommentaar. Die persoon wat dood is……is die inbreker????

Grotman ·

I have cancelled my armed response, taken out my alarm system and de-registered from the neighbourhood watch.
I raised the “vierkleur” on the front lawn and have a Blue Bulls flag in the window.
Both cars have a “God loves the AWB” sticker on them.
We now play De la Rey by Bok van Blerk full ball on repeat.
The local police, the dept of Home Affairs and the Hawks are watching my house 24/7. I’ve never felt safer!

john ·

Vir so lank as wat ons die oorlog uitstel sal blankes vermoor word tot ons n bedreigte spesie is.

lynni ·

Die Kaap is veiliger maar bars uit sy nate. Verkeer iets vreeslik. Water amper gedaan. Maar ten spyte daarvan wil mens veilig voel. Daarom raak die Kaap voller en voller. Simpatie met student se ouers.

Kaaaaap ·

ALmal wat so aangaan oor die Kaap, jul besef julle crime is meer as in JHB, Bloem, Durban en Pretoria? “Veilig” se voet.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.