Student val hom dood by universiteit

Die student het by een van die koshuise na sy dood geval. (Argieffoto: Kent Williamson)

Die Oos-Kaapse polisie doen ʼn geregtelike doodsondersoek nadat ʼn student die naweek by die Chumani-koshuis van die Walter Sisulu-universiteit na sy dood geval het.

Brig. Tembinkosi Kanana, polisiewoordvoerder, sê die 23-jarige student het Saterdag omstreeks 21:30 vermoedelik van die vyfde verdieping geval.

Yonela Yukwayo, woordvoerder van die universiteit, sê die slagoffer was ʼn derdejaar-onderwysstudent wat by die koshuis op die Mthatha-kampus was.

“Die voorlopige verslag van kampussekuriteit dui nie op vuilspel nie. ʼn Saak is by die polisie aanhangig gemaak. Op grond van die ondersoek sal meer duidelikheid verkry word.”

Die polisieondersoek na die voorval duur intussen voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

JohanR ·

Ek kan verkeerd wees maar ek verbeel my dat hierdie soort ding gebeur dikwels by universiteite in SA?

Louise ·

Ek is nou nie n speurder nie…
Maar mens val nie net sommer uit die 5de verdieping nie!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.