ʼn Student aan die Universiteit Stellenbosch (US) is in ʼn kritieke toestand nadat sy van die tweede verdieping van haar koshuis op kampus geval het.
Taylië Jaap (19) is vroeg Sondagoggend met ernstige beserings in die Stellenbosch-hospitaal opgeneem waarna sy oorgeplaas is na die Tygerberg-hospitaal, het Martin Viljoen, US-woordvoerder, aan Maroela Media bevestig.
Viljoen het Jaap, ʼn eerstejaar-BSc-student aan die universiteit, se toestand ná haar val as kritiek bestempel.
Hoewel Viljoen nie in dié stadium kon sê wat presies gebeur het nie, het hy wel gesê die universiteit ondersoek die omstandighede rakende die voorval. Hy het ook ʼn beroep op die kampusgemeenskap gedoen om die privaatheid van die student en haar familie te respekteer en nie op sosiale media oor die voorval te bespiegel nie.
“Die universiteit se Krisisdiens van die Sentrum vir Studentevoorligting en -ontwikkeling (SSVO) het reeds berading aan Jaap se koshuismaats en vriende gebied,” het Viljoen verseker.
Die universiteit is in kontak met Jaap se familie.
Medelye stroom sedertdien in op sosiale media met gebedsgroepe wat sosialemediagebruikers aanmoedig om vir Jaap se herstel te bid. “Sy is verskriklik slim en die eerste in haar familie om so ver uit te styg,” lui ʼn inskrywing.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
7 Kommentare
Jy val nie sommer net uit ‘n verdieping na die grond nie. Dis logies dat mense afleidings gaan maak. Iemand het iets stupids aangevang, of dit nou sy self was of iemand anders was, iemand is verantwoordelik vir die ongeluk.
Sjoe! Nee ek sal liewer nie waag om te veel te sê nie..ongelukke gebeur en ons moet baie versigtig wees om nie te oordeel nie. Ek glo sy sou nie sommer net daar uit geval het vir die pret nie. Wees simpatiek mense en wees redelik. Sterkte ek hoop jy herstel baie vinnig.
Só jammer om te hoor. Sterkte aan die familie. Ek hoop sy herstel ten volle.
Hoop Sy herstel vinnig Sterkte aan die Familie !
Mag die student gou aansterk. Ek wil my mening lig nie teenoor die student nie maar oor studente in die algemeen, ek woon nie ver van studente woonstel af nie en het vriende wat studente ken, onthou as die skoen jou nie pas nie. As die jong student weg van die huis is “hak hul heeltemal uit” ouers weet min wat aangaan wees bly jou kind lewe more is jou kind nie daar nie kyk vra rond want ongelukkig sien ons wat die jong kinders doen. Daar is ouers wat so hard werk vir daardie woonstel maar die kind gee… Lees meer »