Student vas ná polisie se Njala brand

‘n Skermskoot van die Njala wat brand. (Skermskoot: Twitter)

Die polisie in die Oos-Kaap het ʼn 24-jarige student in hegtenis geneem in verband met die aanval op polisiebeamptes en die uitbrand van een van die polisie se Njala-voertuie.

Maroela Media het vroeër berig geweld het Maandag tydens ʼn betoging by die Walter Sisulu Universiteit vir Wetenskap en Tegnologie (WSU) uitgebreek. Studente het onder meer betoog oor NSFAS-toelae, asook registrasie- en studiegeld.

Die twee beamptes wat die voertuig beman het, was nog binne toe dit aan die brand gesteek is. Hulle het ternouernood ontkom.

Brig. Vish Naidoo, nasionale polisiewoordvoerder, sê vier polisiebeamptes is in die oproer beseer en na ʼn plaaslike hospitaal geneem. Een van hulle word steeds in die hospitaal behandel.

Die nasionale polisiekommissaris, genl. Khehla Sitole, het opdrag gegee dat die polisie sy 72-uur-plan in werking stel wat beteken meer hulpbronne word dadelik tydens ʼn ondersoek beskikbaar gestel.

Die verdagte is 48 uur ná die voorval aangekeer op die N2 naby die WSU en in hegtenis geneem, sê Naidoo.

Die persoon sal na verwagting deur die loop van Woensdag in die hof verskyn op ʼn aanklag van openbare geweld, opsetlike saakbeskadiging en ernstige aanranding.

“Nog inhegtenisnemings word binnekort verwag.”

Die polisie het enigiemand met inligting oor die voorval gevra om die Stop Misdaad-nommer by 08600 10111 te skakel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

19 Kommentare

jongste oudste gewildste
Persheks Adri

Dis terrorisme magtag! Seker oor hulle velle die regte kleur is gggmmmfff

Genis

Poging tot moord om iemand in iets aan die brand te steek?

Boeing

Ek wonder net hoe twee opgeleide mense (polisiemanne?) in ‘n gepansterde Nyala voertuig deur studente aan di brand gesteek word Wat gaan gebeur as ISIS ons aanval?

Kobus

Is poging tot moord kyk wat het gebeur toe daardie ding in die kis geprop is poging tot moord

Anel

Dit is veronderstel om poging tot moord te wees. Sekere mense is nou maar net nie skuldig aan ernstige misdaad nie!!