Student vas oor kamermaat se moord

Uitsig oor die stad vanaf TUT se kampus in Pretoria-Wes (Argieffoto)

Uitsig oor die stad vanaf TUT se kampus in Pretoria-Wes (Argieffoto)

ʼn Derdejaarstudent wat landbou aan die Tshwane Universiteit van Tegnologie studeer, is in hegtenis geneem in verband met sy kamermaat se dood.

Willa de Ruyter, woordvoerder van TUT, het gesê die instansie betreur die afsterwe van die 22-jarige student. Hy is Vrydag in die vroeë oggendure dood.

“Die tragiese voorval het by Lezard-manskoshuis op die universiteit se kampus in Pretoria-Wes plaasgevind,” het sy gesê. “Die verdagte en die oorledene het glo baklei.”

Die oorledene was ʼn derdejaarstudent in elektriese ingenieurswese.

Die verdagte sal na verwagting Maandag in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Alida ·

Nou word my kommentaar nie geplaas agv die feit dat ek gevra het watter ras het vir wie vermoor.

Stem saam ·

Stem Veritas die klem moet le op die moord, jy kan nie eens meer jou kamermaat vertrou. Verder is dit n slegte morele saak, as jy studeer en 3de jaar is moet jy weet wanneer om op te hou, jy kan nie voorgee jy het nie geweet wanneer om te stop.

Sune van Heerden ·

Dagsê Alida

Die perskode stel dit baie duidelik dat die media diskiminerende en afbrekende verwysings sal vermy wat personese ras, geslag, swangeskap, huwelikstatus, etniese of maatskaplike oorsprong, seksuele voorkeur, ouderdom, gebreklikheid, godsdiens, geloof, kultuur, taal en geboorte- of ander ander status betref, tensy dit uitdruklik relevant is tot die saak waaroor daar berig word en dit in die openbare belang is om dit te doen.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Verıtas ·

Alıda ek val jou nıe aan nıe. Geensıns nıe. Dıe kommentaar-gedeelte hıer kan as ‘sosıale medıa’ gesıen word. ‘n Vraag soos joune kan maklık deur dıe lesers, wat beslıs nıe net blankes ıs nıe, gesıen of verdraaı word as rassıstıes. Dıe blanke, en ın dıe besonder dıe Afrıkaner, word met arendsoë dopgehou en enıge teken van rassısme word aan dıe groot klok gehang. Vra maar vır Jenny Sparrow. Selfs ‘n skybaar onskuldıge vraag soos joune kan verdraaı word om dıe agenda, teen dıe Afrıkaner, te versterk. Ons lewe ın ‘n tyd waarın dıe waarheıd nıe noodwendıg meer waar ıs nıe en dıt vereıs van ons om ons woorde mooı te tel sodat persepsıes nıe daardeur geskep kan word nıe. Lekker dag.

Pietser ·

Geen wonder die Afrikaner word met arendsoe dopgehou nie. Ons het nou nie juis ‘n verlede om op trots te wees in soverre dit gaan oor menseregte nie. En as ek die kommentare so lees, behoort die Afrikaner inderdaad met valkoe dopgehou te word en die meerderwaardigheidsgevoel moet nouliks gemonitor word sodat dit nie weer tot onderdrukking lei soos onder apartheid nie.

Zebra ·

Pietser, you are sadly mistaken, grossly misinformed and obviously not well traveled.
Compared to many other nations regardless of race, religion and geographical locality, the Afrikaner has one of the most untarnished reputations in history.
Considering the build up of race based genocide towards them, it is not odd, or racist, at all that they long for more accurate reporting on criminal profiles. In fact they will be idiots not to.

Eureka ·

Stem saam Veritas, moord is moord en dit is steeds iemand se kind wat vermoor is, of gemoor het.

En dis soos Pietser tereg noem, of ons Afrikaners dit nou wil hoor of nie, ons het nie n verlede wat ons die reg gee om op ‘n meerwaardige wyse ander te veroordeel om onsself beter te laat lyk nie.

Hoekom maak ons dit nie eerder ons doelwit om saam met Ernst Roets en Afriforum te baklei vir geregtigheid deur ons te weerhou van neerhalende en afbrekende woorde teenoor ander nie. Dis tog ook ‘n Bybelse beginsel wat ons moet nastreef.

Gaan Google ‘Ernst Roets in debate on racism and white privilege in South Africa’ en kyk na die video wat op SAUK uitgesaai was. Ons Afrikanervolk het ‘n uitdagende pad voor ons. As ons die jaar so eindig, wag daar swarigheid vir ons in 2017.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.