Student vas oor kamermaat se moord

Uitsig oor die stad vanaf TUT se kampus in Pretoria-Wes (Argieffoto)

Uitsig oor die stad vanaf TUT se kampus in Pretoria-Wes (Argieffoto)

ʼn Derdejaarstudent wat landbou aan die Tshwane Universiteit van Tegnologie studeer, is in hegtenis geneem in verband met sy kamermaat se dood.

Willa de Ruyter, woordvoerder van TUT, het gesê die instansie betreur die afsterwe van die 22-jarige student. Hy is Vrydag in die vroeë oggendure dood.

“Die tragiese voorval het by Lezard-manskoshuis op die universiteit se kampus in Pretoria-Wes plaasgevind,” het sy gesê. “Die verdagte en die oorledene het glo baklei.”

Die oorledene was ʼn derdejaarstudent in elektriese ingenieurswese.

Die verdagte sal na verwagting Maandag in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

8 Kommentare

jongste oudste gewildste
EvW

Eish …….not good !!!!

Alida

Nou word my kommentaar nie geplaas agv die feit dat ek gevra het watter ras het vir wie vermoor.

Verıtas

Alıda ek val jou nıe aan nıe. Geensıns nıe. Dıe kommentaar-gedeelte hıer kan as ‘sosıale medıa’ gesıen word. ‘n Vraag soos joune kan maklık deur dıe lesers, wat beslıs nıe net blankes ıs nıe, gesıen of verdraaı word as rassıstıes. Dıe blanke, en ın dıe besonder dıe Afrıkaner, word met arendsoë dopgehou en enıge teken van rassısme word aan dıe groot klok gehang. Vra maar vır Jenny Sparrow. Selfs ‘n skybaar onskuldıge vraag soos joune kan verdraaı word om dıe agenda, teen dıe Afrıkaner, te versterk. Ons lewe ın ‘n tyd waarın dıe waarheıd nıe noodwendıg meer waar ıs nıe… Lees meer »

Eureka

Stem saam Veritas, moord is moord en dit is steeds iemand se kind wat vermoor is, of gemoor het. En dis soos Pietser tereg noem, of ons Afrikaners dit nou wil hoor of nie, ons het nie n verlede wat ons die reg gee om op ‘n meerwaardige wyse ander te veroordeel om onsself beter te laat lyk nie. Hoekom maak ons dit nie eerder ons doelwit om saam met Ernst Roets en Afriforum te baklei vir geregtigheid deur ons te weerhou van neerhalende en afbrekende woorde teenoor ander nie. Dis tog ook ‘n Bybelse beginsel wat ons moet nastreef.… Lees meer »