
Argieffoto bloot ter illustrasie van die Sentrale Universiteit vir Tegnologie (SUT) in Bloemfontein. (Foto: SUT/Facebook)
’n Student aan die Sentrale Universiteit vir Tegnologie (SUT) in Bloemfontein sal Maandag in die plaaslike landdroshof verskyn nadat hy na bewering ’n paraffienbom na die ingenieursfakulteit op die kampus gegooi het.
Lt.kol. Thabo Covane, Vrystaatse polisiewoordvoerder, sê drie veiligheidswagte het Donderdag in die vroeë oggendure op kampus gepatrolleer toe hulle twee verdagtes opmerk wat ’n bottel vol paraffien met ʼn brandende pit na die ingenieursfakulteit op die hoek van President Brand- en Suidstraat slinger.
Die bottel het glo ’n boom getref en naby ’n hek van die kampus geval. Geen skade is aan die universiteit se eiendom aangerig nie.
Die veiligheidswagte het die twee verdagtes agternagesit en een van hulle is eindelik in hegtenis geneem.
Die verdagte (30) het later in die kontrolekamer aan die veiligheidswagte gesê dat hy ’n student aan die SUT is.
Polisiebeamptes by die Parkweg-polisiestasie is na die kampus ontbied en ’n saak van poging tot brandstigting is aanhangig gemaak.
Die student is tans in aanhouding in afwagting op sy eerste hofverskyning.
Maroela Media het ’n navraag aan die universiteit gerig en wag op terugvoer.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
4 Kommentare
Skors hom dat hy by geen ander instituut sy graad kan klaar maak nie.
Dié ding wat kriminele so met handskoentjies hanteer word moet einde kry!
so die wetter is daar om terrrorisme te bevorder en nie te leer nie , seker weeer knersus se gifappeltjie se troep…..
Stusent? 30 jaar oud? Hy was besig met praktiese opleiding.