Student verdrink ná golf haar en 5 ander van rots afslaan

Argieffoto

ʼn Student van Bloemfontein het Saterdagmiddag naby Kampsbaai verdrink toe sy en vyf ander mense deur golwe van ʼn rots afgeslaan is by Maiden’s Cove op Glen-strand in Kampsbaai.

Die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) is in kennis gestel van die voorval ná ooggetuies die voorval sien plaasvind het.

“Toe een van die NSRI se swemmers by die toneel opdaag, het hy die student aangetref waar omstanders reeds kardiopulmonêre resussitasie op haar toegepas het,” het Craig Lambinon, woordvoerder van die NSRI, gesê.

Werner Vermaak, woordvoerder van ER24, het gesê die voorval het omstreeks 17:00 naby ʼn getypoel plaasgevind.

Volgens Vermaak het ER24 se paramedici die vrou aan lewensondersteunende masjiene gekoppel en na die New Somerset-hospitaal gehaas terwyl hulle haar deurentyd probeer bybring het.

Volgens hom het die student gesterf net ná sy by die hospitaal opgedaag het.

Sy was glo ʼn student aan ʼn Wes-Kaapse universiteit.

Die ander persone wat betrokke was by die voorval is nie beseer nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Cornelia1 ·

MM, was die student van Bloemfontein of van die Wes-Kaap Universiteit?
Reel een en laaste reel van berig verskil.

Landi Slatter ·

Dagsê Cornelia1

Dankie vir jou kommentaar. Die student is afkomstig van Bloemfontein maar studeer in die Wes-Kaap.

Groetnis
Landi nms Maroela Media

alida ·

Cornelia, wat maak dit saak waar die student gebly of studeer het !!!! Genade feit bly staan sy is dood.

Hannelie ·

Hi Cornelia ek dink jy lees dit dalk net verkeerd. Die student kom van Bloemfontein, MAAR sy stuur aan ‘n Wes-Kaap Universiteit. Anders sou MM gesê het ‘n student van Kovsies in Bloemfontein. Innige simpatie aan haar naasbestaandes.

Hartseer ·

ʼn Student van Bloemfontein het Saterdagmiddag naby Kampsbaai verdrink en dan weer Sy was glo ʼn student aan ʼn Wes-Kaapse universiteit.
Of is dit n Bloemfonteiner wat in die Kaap studeer.
RIP meisiekind

Agge nee, ·

Mense, die kind is dood. Is dit nou nodig om hare te kloof. Baie sterkte aan haar geluefdes

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.