Student vermoor: Poskantoorwerker het glo vorige veroordelings

Uyinene Mrwetyana

Stella Ndabeni-Abrahams, minister van kommunikasie en digitale tegnologie, het ʼn ondersoek gelas na die manier waarop die beweerde moordenaar van Uyinene Mrwetyana in diens van die poskantoor gebly het nadat hy glo vorige veroordelings het.

Die 42-jarige beskuldigde is Vrydagoggend in verband met Mrwetyana, ʼn 19-jarige eerstejaarstudent van die Universiteit van Kaapstad (UK), se verdwyning in hegtenis geneem.

Dit het intussen aan die lig gekom dat die beskuldigde ʼn werknemer van die poskantoor is. Mrwetyana is ook glo die laaste keer lewend by ʼn poskantoor in Claremont gesien.

Die beskuldigde het Maandag in die Wynberg-landdroshof verskyn op aanklagte van moord, verkragting en regsverydeling. Volgens mediaberigte het Mrwetyana glo ʼn pakkie by die poskantoor waar die beskuldigde werk afgehaal toe sy verkrag en vermoor is. Die polisie is intussen besig om toetse te doen op ʼn liggaam wat in Khayelitsha gevind is om te bepaal of dit dié van Mrwetyana is.

Ndabeni-Abrahams het intussen gesê dit het onder haar aandag gekom dat die poskantoorwerker wat van Mrwetyana se moord aangekla word, vorige veroordelings het.

“Ek wil graag vir Suid-Afrikaners sê ons sal geen steen onaangeraak laat om te verseker dat die familie van Mrwetyana geregtigheid kry nie.

“Wat ook ontstellend is, is dat Mrwetyana tydens Vrouemaand geskend en vermoor is. Vrouemaand is ʼn periode waarin die regering poog om die hele land aan te moedig om vroue te vereer en te vier,” het sy gesê.

Volgens Ndabeni-Abrahams het Mrwetyana glo op die dag van haar verdwyning die Clareinch-poskantoor besoek om navraag oor ʼn pakkie te doen. “Die krag by die poskantoor was af en daar is glo vir haar gesê om later terug te keer. Toe sy later teruggekeer het, is sy glo seksueel aangerand en vermoor.” Volgens mediaberigte is Mrwetyana moontlik met ʼn skaal doodgeslaan.

“Ons respekteer die reg maar ek sal persoonlik wil hê dat Mrwetyana se moordenaar die strengste vonnis moet kry. Sulke gedrag moet ten sterkste veroordeel en ontmoedig word,” het Ndabeni-Abrahams bygevoeg.

Die Rhodes-Universiteit het intussen bekend gemaak dat Mrwetyana die dogter was van die instelling se direkteur vir studentesake, Nomangwane Mrwetyana.

“Die Rhodes-gemeenskap is platgeslaan deur die nuus oor die tragiese dood van Uyinene. ʼn Jong mens wie se lewe kortgeknip word, is ʼn tragedie van ongekende afmetings,” het die universiteit in ʼn verklaring gesê.

“ʼn Jong vrou met ʼn baie blink en belowende toekoms voor haar het haar dood op die brutaalste en gewelddadigste manier teëgekom. Ons is besig met die oprigting van ʼn fonds om die Mrwetyana-gesin te help in hierdie tyd van nood. Ons harte en gebede gaan uit aan Nomangwane en haar familie en vriende sowel as alle Suid-Afrikaners wat deur hierdie tragedie geraak is.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

43 Kommentare

HPV ·

Hoe het hy in diens gebly? Deur die anc het hy in diens gebly, net soos baie ander, dit is hoe!

Hanna Hoekom ·

BEE. Ook bekend as “job theft”. Ja, geloofwaardigheid voor kundigheid!

Nettie ·

As julle ontstig is oor die vermeende moordenaar in die SAPK se diens aangebly het, hoe ontstig moet julle nie wees oor Lede van die Parlement nie, want die MEESTE van hulle het OOK ‘n misdadige verlede of hede …

Lizelda ·

Genoeg is genoeg. Geweld teen vrouens is nie n prioriteit v enige politieke party nie. Dis tyd dat ons vrouens opstaan en onsself bemagtig!!! Selfverdediging…pepperspray. enige ietsie kleins om jou net daai paar sekondes voorsprong te gee om uit n gevaarlike situasie te red…

Jan ·

Verstaan nie mooi die verslag hulle het liggaam gekry en moet nog vasstel of dit ligaam van die meisie is maar terselfdertyd beweer hulle sy is verkrag en toe vermoor. Die twee goed stroof nie.

blouapie ·

Seker ook verkragting/moord/diefstal maar hy is op straat!

Net soos and kaders..

Lielie ·

@Jan…ek het dit gelees en weer gelees en dit maak ook nie vir my sin dat hulle nog besig is met toetse op n liggaam om vas te stel of dit die dame ter sprake is nie, maar hulle weet sy is reeds vermoor en verkrag???

Arno Scheepers ·

Die oorgrote meerderheid in die staatsdiens het kriminele oortredings.
Dit sluit in die polisie, weermag en parlementslede.
Die publiek het al aanvaar dat dit n vereiste is om minister te word.

Se maar net ·

Vergeet van vrouemaand, so eintlik net in Aug is geweld teen vroue erger! Nonsens geweld teen vrouens is erg ENIGE maand en nie net teen vrouens nie wanneer wil die regering wakker skrik en die doodstraf terug bring of swaarder strawwe vir oortreeders. wat ‘n mooi kind in die fleur van haar lewe kyk die boksertjie – doodgeskiet en dit NADAT sy reed ‘n interdik teen haar polisie vriend gekry het. Wens mense hoer in die parlement op wil ‘n helse “wake up call” kry, maar ons weet daai een gaan ook nie gebeur nie

Abe ·

Hartseer,
Hoekom 8 vraagtekens? Daar is geen so’n leesteken in Afrikaans nie.

Essie ·

Die strengste moontlike straf wat hy kan kry is die doodstraf moet nie dat dit lank talm nie en dat ons nog vir sy verblyf in n tronk moet pa staan nie

Erika ·

Iemand wat ‘n eerbare jongvrou is, word vermoor deur ‘n nikswerd!
Wanneer gaan die regering die doodstraf terugbring?? Een vandie dae sal daar meer tronke as huise wees teen die spoed wat die krimenele die land oorneem. Hoogtyd dat Mnr Ramaphosa sy land moet begin regeer en ophou stilbly…Ons betaal belasting en ons wil veilig voel wat in SA bly….Gee die polisie meer regte!!

Ursula ·

Dis wat gebeur as mense parool kry, onskuldige mense word vermoor. Ek hou die staat verantwoordelik. Jammer jonge dame dat die system jou gevaal het.

DS ·

Wat ontstellend is is dat dit in vroue maand gebeur het NEE minister wat ontstellend is is dat dit ELKE dag gebeur en die polisie is te sleg om dit te voorkom.

Rentia ·

Lankal tyd dat ons regering vir ons (wetsgehoorsame mense) verduidelik waarom ons in vrees moet leef, soveel hartseer moet beleef en onderdruk word deur moord, roof, ontvoering, verkragting ens ens ens. WAT DOEN JULLE AS REGERING???? Waarom moet ons aanhou belasting betaal? Het IEMAND al gaan kyk waarom betaal ons belasting?? Nie net omdat dit ‘n instelling is nie. Sodat die regering basiese dienste aan ons kan lewer!!!!!! En dit gebeur al vir jare nie meer nie

wonder ·

Jammer om te hoor pragtige kind. BRING DIE DOOD STRAF TERUG DAN IS AL ONS ANDER SUID AFRIKANERS VERSKERE KREMINEELE WORD NIE VRY GELAAT OM WEER DIE SELFDE TE DOEN NIE!!!!

HERE HELP ONS LAND !!!!!!!!!!!!!!

Lizelda ·

Die doodstraf sal nooit ooit terugkom nie. Daarmee moet ons vrede maak. Ons vrouens mowt onsself bemagtig deur sekfverdediging of karate lesse gaan. Pepperspray ens. Want die mans hou baie daarvan om ons vrouens eers te humiliate deur ons te verkrag en ons liggame te skend!!! Doodstrof en tronstraf beteken d daad is reeds gepleeg!!!!!

Maljan ·

Kan me Ndabeni Abrahams vir ons asseblief sê hoekom daar soveel mense met vorige veroordelings in die PARLEMENT is?

Simpatie aan die fam en alle ander families wie se dogters, ouers, broers, susters kinders en vriende se moordenaars nog op vrye voet met vele vorige veroordelings rondloop.

Rina ·

So bitter jammer meisiekind dat dit met jou gebeur het. Jammer ouers …. familie…dit is bitter… hartseer en ek sal myself verloor. ASB jongmense waak teen alleen iewers heen gaan.. daar buite loop slegte mense.

wonder ·

Jammer, pragtige kind. BRING DIE DOODSTRAF TERUG DIS AL HOE ONS SUID AFRIKANERS MEER VEILIGER GAAN BEGIN LEWE> N LAND SONDER CRIME DINK NET HOEVEEL BETER GAAN ALMAL SAAM LEWE!!!!!!!!!!!!!!!

HERE HELP ONS LAND!!!!!!!!!!!!!!!

Alida X ·

Omdat die oorledene die dogter is van die direkteur van studentesake was haar lewe nie meer werd as die van enige ander meisie nie. Elke sterfte wat met geweld verband hou is skokkend en onnodig.
Nou is dit ook erger omdat die moord gedurende vrouemaand gepleeg is. ( Dit was nie Maandag meer vrouemaand nie). ‘n Lewe is elke dag ewe veel werd vanaf Januarie tot Desember.
Moenie geld mors met ‘n ondersoek oor waarom die beskuldigde nog in die poskantoor se diens is nie. Dit is die nuwe SA. Dit is hoe dit moet en sal wees. Die persoon is sommer nou weer uit op borgtog.
So baie gesinne word daagliks bedroef deur die verlies van geliefdes. Elke geval ontstel my en kan ek net bid vir vertroosting vir die families.

Gert van Wierdapark ·

Strengste moontlike straf!! Wat n grap!! Draai hom toe in n flippen pos-kan-toor pakkie en plaas die pakkie op n besig treinspoor!!!

Renee ·

Hulle moet hom die doodstraf gee vir verkragters ontvoerders en moordenaars. Hy is ‘n plaag vir die samelewing. So pragtige mooi meisiekind.

MK ·

@wiebo…dit is nie waaroor dit gaan (heilig en onaantasbaar soos in jou stelling gesê) dit gaan oor ñ dame wat verkrag en vermoor is. Geen maand is moord en verkrag maand nie, hetsy dit n vrou of n man is.
Dit is net hartseer dat dit juis in Vrouemaand gebeur het, die maand vir bewusmaking om geweld teen vroue aan te spreek.

Siek en sat ·

En hier soek ek werk, geen kriminele rekord, hardwerkend, gekwalifiseerd, maar ek is net nerens suksesvol nie! Hoe werk dit dan in SA? Hoe bly mens positief? Hoe kon hierdie man werk he?

thelsa ·

Hoekom is ons so uitstekend in hierdie land om reakaktief te wees in plaas van pro-aktief. Is daar enige verwysings nagegaan voordat die PERSOON in diens geneem is. ‘n Paar note onder die tafel deur laat jou maar sekere kortpaaie neem né !

Suzette Geringer ·

Dit is hoe dit werk in Suid-Afrika. Hoe groter krimineel, hoe groter posisie word beklee – kyk maar na die huidige kabinet.
Om in hegtenis geneem te word is vir kriminele in ons land geen afskrikmiddel. Word vandag in hegtenis geneem, kry slaap plek en kos vanaand – more weer uit dan gaan hulle aan waar hulle opgehou het.

Thelma ·

Hierdie pragtige jong dame is nooit as sulks deur die gemors gesien nie, hy het haar as ‘n “ding” gesien want geen mens met enige respek sal so iets doen nie. Dit is bitter tragies…ek sluk swaar!

Wielspore ·

Augustes en September is ook ‘n maand van rekords.
1. Moord syfer is die hoogste as ooit
2. Padsterfte syfer is die hoogste as ooit
3. Swaarvoertuig staking is die meeste as ooit
En so voorts

Sandy ·

Maak nie saak hoe mens kyk of praat oor die politiek, of wie se kind sy is, of vir watter instelling die beskuldigde gewerk het nie. Die belangrike ding is, vrouemaand of te nie, ‘n pragtige jong vrou het haar lewe verloor op ‘n tragiese onderduimse manier. Ek wens haar familie sterkte toe en mag God hulle deur hierdie drif van hartseer en pyn trek.

MK ·

@Sirkus…daarom dat ek gesê het GEEN maand – menende Januarie tot Des (dus die HELE jaar) – is moord en verkrag aanvaarbaar nie.

hercu ·

The ANC were given power in 1994, now they have patients bleeding to death on hospital floors while nurses have a tea break!! SA have a public road system which was the best in Africa, now hardly suitable for any vehicle, and we have trains constantly set alight-numerous buildings, schools, universities and municipality offices are burnt. The ANC government were handed a civil aviation company which was one of the oldest and best; YOU were handed the SABC, SAA, DENEL, the POST OFFICE, ESKOM, SARS, TRANSNET, ISKOR, SANDF, the HEALTH DEPT, all functional and profitable. YOU bankrupted them, sold it off to unknown overseas people, looted all and ran them straight into the ground!!  Everything YOU received is destroyed, corrupted, bankrupted and compromised. The only one You tried to set up in 25 years became a failure–such as VBS Bank. And now YOU claim that white arrogance is the reason why there is a lack of respect for black majority government. We don’t disrespect your government because it is black, WE disrespect it because it is dysfunctional, corrupt and incompetent!!

So tell us again: Why do WE need to keep giving the ANC more and more opportunities when we are seeing what YOU are busing doing with what we have already given YOU??

Zulnolla #Eichas ·

Nie net SA is geraak van die dood van die hierdie meisiekind nie, die hele wereld ja, ek is ook seer en huil met SA en families, mag Jesus ons almal troos want dis seer

Bamsie ·

So tragies as wat die wrede moord is kan ek nie sien hoe geldinsameling die gesin sal help nie. Die ouer was n direkteur van studente sake. Daar is darem seker geld vir n begrafnis?

Lea ·

Ek was al ‘n hele paar keer in daardie einste poskantoor. Nooit bedreig gevoel nie. Wys net hoe maklik dit wat ons as ‘n gewone plek ken in iets dergliks kan verander. Mens moet begin paranoid raak om jou eie veiligheid te verseker en selfs dan kan jy steeds iets mis en slagoffer raak. Die skelms werk so vinnig en ‘smooth’. By hierdie poskantoor was altyd meer as een persoon aan diens so jy kon nie alleen wees met slegs een persoon agter die toonbank nie. Hy moes dit baie fyn beplan het sodat hy haar alleen daar gekry het en vir onbepaalde tyd om te doen wat hy gedoen het. Ironie is dat dit reg langs die polisiekantoor is. So hartseer, sy sou heel moontlik met opgewondenheid die pakkie wou gaan haal.

Klara ·

‘Verneem’ van sy vorige veroordelings. Dis belaglik!! Stem jy ANC kyk niemand na jou rekord nie. Aanstellings word maklik gedoen. Maar as JY aansoek doen wil die werkgewer tot die naam v jou hond weet voor jy oorweeg word. Sirkus !!!

Realis Thailand ·

Baie malik hoe hy indiens geneem is
Hy is seker n anc kader
Verder sal corruptcr simpatie he met die vrou maar nie met die plaasmoorde en die buitelander wie in Jhb aan die brand gesteek is. corruptcr is net so sleg soos zuma

Erica ·

Dat so ‘n pragtige jong dame so ‘n geweldadige dood moes sterf aan die hande van ‘n monster. RIV Uyinene.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.