Student vermoor tydens aanval op groep

Argieffoto

ʼn Groep studente is Maandag in die Johannesburgse middestad aangeval en beroof. Een van die studente is in die aanval dood.

Die Gautengse polisie ondersoek sake van moord, poging tot moord en gewapende roof nadat die groep van agt studente Maandagaand aangeval is.

Die studente van Krugersdorp het glo van ʼn vakansie in die wildtuin af teruggekeer. Hulle het na wat beweer word ʼn taxibestuurder wat aan hulle bekend is gekontak om hulle in die middestad te kry en Krugersdorp toe te neem.

Die taxi is egter vertraag waarna hulle ʼn ander taxi ontbied het. Terwyl hulle na Krugersdorp onderweg was, het die bestuurder wat aan hulle bekend is teruggebel. Hulle het die taxibestuurder gevra om terug te draai sodat hulle die ander bestuurder op ʼn spesifieke plek kan kry en saam met hom kan ry.

Die bestuurder van die taxi waarin die studente was, was ontevrede omdat hulle hom gevra het om terug te draai en het die studente daarvan beskuldig dat hulle sy tyd mors. Hulle het aangebied om hom te vergoed, maar hy het geweier en glo met hulle in die middestad rondgery.

Dit is toe dat twee onbekende gewapende mans die taxi voorgekeer het. Die een verdagte het ʼn vuurwapen by hom gehad en die ander een ʼn mes.

Die rowers het die studente van hul selfone en beursies beroof. Een van die studente is doodgeskiet toe hy geweier het om sy besittings te oorhandig. Nog ʼn student is met ʼn mes gesteek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Skokkend ·

Gaan die regering nou wakkerword? Bheki CELE waar is jy?

Elize ·

Bheki Cele is te besig om sy hoedemode vir die wêreld te wys as om hom te steur aan die gemors wat in die land aan die gang is

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.