Student wat glo petrolbom gooi, hoor oor borgtog

Betogings by die Kaapse Skiereiland Universiteit van Tegnologie. Foto: SAPD

Betogings by die Kaapse Skiereiland Universiteit van Tegnologie. Foto: SAPD

ʼn Student wat in hegtenis geneem is nadat hy glo twee veiligheidswagte by die Kaapse Skiereiland Universiteit van Tegnologie in ʼn brandende gebou toegesluit het, het Donderdag om borgtog aansoek gedoen.

Byron Dick (26) het in die Belville-distrikshof voor landdros Ronald Rickerts verskyn op aanklagte van poging tot moord, brandstigting, openbare geweld en die oortreding van ʼn hofbevel.

Hy het glo die kampussekuriteit se kantoor met ʼn petrolbom aan die brand gesteek en toe twee veiligheidswagte in die kantoor toegesluit. Die wagte kon betyds uit die brandende kantoor gered word en is na ʼn hospitaal gehaas. Een van die wagte is volgens berigte in ʼn kritieke toestand.

Dick het aan die hof gesê hy het net R1 500 en sy regsverteenwoordiger, Carlos Langeveldt, het aan die hof gesê Dick se ouers moes al die pad van Johannesburg af kom om die saak by te woon en kan nie meer as R1 500 borgtog bekostig nie. Volgens Langeveldt is Dick se pa onlangs afgelê en moet die gesin nou op die ma se salaris van R4 000 per maand oorleef.

Hy het gesê Dick se ouers moet nog terugkeer Johannesburg toe en het die hof daaraan herinner die doel van borgtog is om te verseker die beskuldigde woon die verhoor by en nie om die beskuldigde te straf nie. Die landdros het egter gesê die erns van die aanklagte moet in ag geneem word.

Volgens Rickerts word die aanklagte as skedule 5-aanklagte geklassifiseer, wat ʼn onus op Dick plaas om die hof te oortuig dit is in die belang van geregtigheid dat hy op borgtog vrygelaat word. Die staatsaanklaer, adv. Stefans Venter, het gesê die staat staan nie Dick se borgtogaansoek teen nie, aangesien hy geen vorige veroordelings, uitstaande lasbriewe vir inhegtenisneming of hangende strafregtelike sake teen hom het nie.

Rickerts het borgtog van R3 000 toegestaan, dieselfde bedrag wat Woensdag gestel is vir die 12 studente wat van openbare geweld aangekla word. Volgens Rickerts is daar geen rede waarom Dick se borgtoggeld minder moet wees as die ander studente s’n nie.

Rickerts het aan Dick gesê as ʼn student aansoek doen vir tersiêre onderrig, beteken dit die student is intelligent en deel van die room van die jeug. “So iemand kan besluit wat is reg en wat is verkeerd,” het hy gesê.

Hy het gesê die hof se breër plig is om seker te maak iemand wat nie die land se vryheid en demokrasie respekteer nie, begaan nie gruwelike oortredings nie. “As dit die pad is wat hierdie mense kies om te volg, is dit hierdie hof se plig om seker te maak ons nalatenskap word nie vernietig nie,” het hy gesê.

“Vryheid word verkry deur onderwys en nie deur die vernietiging van eiendom nie. As hierdie mense wil eiendom vernietig, moet die howe dit onmiddellik stopsit.”

Dick se borgtogvoorwaardes behels onder meer dat hy nie die Wes-Kaap mag verlaat sonder die toestemming van die ondersoekbeampte nie. “Dit beteken as jy in Johannesburg by jou ouers wil gaan kuier, moet jy eers toestemming vra. Jy gaan nie soontoe en vra dan toestemming nie,” het Rickerts gesê.

Hy het Dick ook gewaarsku sy borg sal teruggetrek word indien hy enige van sy borgtogvoorwaardes oortree, hy sal weer in hegtenis geneem word en “geen hof in hierdie land sal weer borgtog aan hom toestaan nie”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Jean ·

Jammer om te hoor jou pa is afgele en kan nie jou borgtog bekostig nie, ons voel regtig ‘n VEER, as jy weet in watter omstandighede jou pa hulle leef, HOEKOM brand jy ander se bates af en probeer jy twee mense DOODMAAK deur hulle aan die brand te steek in ‘n huis. JAMMER om te hoor, geen simpatie vir ‘armes’ meer in hierdie land wat net kan destroy en ander se lewens in gevaar stel nie. As jy twee wagte in ‘n huis toesluit en die huis aan die brand steek was jou intensie VERSEKER om hulle te vermoor. Jy verbeur dus jou kans op enige simpatie, daardie arme wagte kry ook maar ‘n klein salarissie, maar nou moet ons jou en jou familie jammer kry? Dalk moes hulle jou beter opgevoed het. Jy het die voorreg gehad om te studeer, nou het jy die REG om in die tronk te sit.

Johan Esterhuizen ·

Nee wat hy moes gedink het daar aan toe hy die pertolbom gegooi het sluit hom toe laat polsmoor se manne hom wys wat om te doen met fees must fall nou kan hy dit mos gratis doen

jakes ·

Agnee los die outjies dat hulle afbreek en brand, zum se ertjie sê mos dis Democracy,ontrek net die polisie as hulle by Nkandla uitkom gee vir hulle petrol en bottels,dis democracy,of hoe zum boem.

Annie ·

Stem saamet met Jean en Jakes, voel vir hom vere, Hy moes nie borgtog gekry het nie – moes gesit het – wonder ook wanneer hulle gaan besluit om Nkandla aan te val – sal goeie ding wees.

Griki ·

Die blikskottel is ‘n moordenaar in wording. Hy moes geweet het dat die veiligheidswagte kon sterf.

Emma ·

As mens so na hierdie student se ouers se finansiële posisie kyk kan jy aflei dat hulle vir seker nie vir sy studies kan betaal nie. Dalk kry hy alreeds hulp van die regering soos daai Dlamini jafel. My redenasie is “waarom is sulkes deel van die chaos”? Hulle deel mos al reeds in die vreugde. Dit wys net ń jaar wat verloor word tel niks. Daai beurs kry hy mos ongeag of hy slaag of druip.
Hierdie ding van vadaliseer is so opwindend dat hulle net nie kan weg bly nie.

Maatje ·

Is hy besig met sy meesters- of doktorsgraad dat hy op die ouderdom van 26 steeds ‘n student is??

Alida ·

Hy moes gladnie borg gekry het nie. Ek is bly die landdros het sterk standpunt ingeneem. Op 26 moes hy al lankal gewerk het!!!!!! Diesulkes hou ander jong studente wat WIL leer uit die Universiteite. As hy die 2de jaar dop moet hy waai en sy plek aan aander afstaan. Dit is bollie hierdie dat hulle vir jaaaare kwansuis studeer. Te lui om te gaan werk en geld verdien.

snoefie ·

op 26 was my studieskuld reeds vereffen. in my dae het jy gewoonlik jou plek in die kishuis verbeur agv SWAK prestasie. maar was toe al net van toepasding op blankes.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.