Student wat glo rower doodsteek in hof

Argieffoto

ʼn IT-student aan die Nelson Mandela-universiteit is Dinsdag op R500 borgtog vrygelaat nadat hy na bewering die naweek ʼn vermeende rower met dié se mes doodgesteek het.

Kol. Priscilla Naidu, woordvoerder van die polisie, sê Athanathi Zenani (23) is sedert vroeg Sondagoggend aangehou hangende sy eerste hofverskyning vandag waar hy op aanklag van moord verskyn het.

Zenani, wat elders in die Oos-Kaap woon en privaat in die Baai loseer, was Sondag omstreeks 05:30 in Sentraal te voet op pad huis toe. Op die hoek van Mackay- en Campbellstraat is hy genader deur twee mans, van wie een met ʼn mes gewapen was. Hulle het die student glo van sy selfoon beroof.

“Zenani het die mes van die vermeende rower afgevat en hom na bewering daarmee [dood]gesteek,” het Naidu vroeër aan Maroela Media gesê. “Die ander vermeende rower het weggehardloop, maar beamptes van ʼn veiligheidsmaatskappy wat in die omgewing op patrollie was, het hom in hegtenis geneem.”

Volgens Naidu het Zenani ʼn skoon misdaadrekord en is hy van voorneme om onskuldig te pleit wanneer sy verhoor op 31 Januarie begin.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Zukof ·

En as hulle hom doodgemaak het, dan was hy net nog n nommer…..net nog iemand vermoor

Ouvrou ·

Dom student, hy moes stilstaande sodat die 2 engeltjies hom eers dik moker en dan vol gate steek. Hoe durf hy hom teësinnig. Skurke het mos ook die reg om hul brood en botter te verdien,!!!

Cherokee ·

Die berig laat dit klink asof hy sonder rede aangehou is. Asof regverdiging kort na die insident bewys is toe die ander een gevang is.

leser ·

@chris du preez
ja een skurk minder, maar 10 ander word gebore

jaco ·

ek kan aanhouding en die aanklag van moord verstaan as hy wit was, maar hy is van dieselfde ras as die aanvaller. sekerlik geld daar dan tog ‘n meer genaakbare hantering van wat gebeur het.

Ja wohl ·

as hy wit was het hy nie op R500 borgtog losgekom nie, hy sou nogsteeds gesit het. Skielik gaan die liberales se kommentaar verander, want gister nog het hulle meer simpatie met die aanvaller as die student gehad.

Hannes ·

Hierdie ou het moeilikheid. As iemand jou met n mes aanval , jy ontwapen hom en steek hom dan is dit volgens ons reg nie selfverdediging nie maar moord. Jy het dan die grense van selfverdediging oorskry.

Hannes ·

As jy hom nie ontwapen nie en met jou eie mes steek sal dit heel moontlik selfverdediging wees.

Abe ·

Siek en sat,
Moenie kla as jou kommentaar nie geplaas word nie. Jy het mos ingestem tot die voorwaardes.

Sarel ·

As hy die mes afgeneem het maar nog in stoei was met die skelm wat die mes probeer terug kry, het hy dalk vir sy lewe geveg. Hoop hy kom vry…

tamboti ·

Ons lewe in ‘n wereld/staat, waar die Gereg net so siek soos die gemeenskap geword het!

Thinus Erasmus ·

So dis nou amptelik: In die nuwe SA mag jy jou nie meer verdedig teen misdadigers nie, want dan sal jy net soos die misdadigers behandel word!
Behalwe dat jy as meer gestraf sal word omdat jy EERSTE teruggeslaan het.
Mag die “eerbare” landros/magistraat vir R500 deur die onbekwame korrupte polisie beroof word en hulle almal deur die gek staatsaanklaer in die voet geskiet word, en aan die genade van die misdadigers oorgelaat word om oor hul lot te besluit!
Sal iemand asseblief die “self destruct” knoppie druk – wat maak ons hier in hierdie gekheid?

Jakes Jacobs ·

Word wakker, SA, word ‘n misdaderger en jou pad is oop. Selfverdedeing werk nie in die nuwe SA nie. Word liewer ‘n misdaderger, nie nodig om borg te betaal nie en jy is vry.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.