Student wat op man urineer vandag gevonnis

Djavan Arrigone: Foto Via Boss Model Management op www.polyvore.com

Djavan Arrigone: Foto: Via www.polyvore.com

Djavan Arrigone, ʼn model en voormalige student van die Universiteit van Kaapstad, gaan na verwagting Vrydag in die Wynberg-landdroshof gevonnis word nadat hy van die balkon van ʼn nagklub op ʼn man geürineer het.

Arrigone is in 2015 skuldig bevind op aanklagte van aanranding en crimen injuria nadat hy in Januarie 2014 by die Tiger Tiger-klub in Claremont van die balkon geürineer het.

Puis Nomgcana, ʼn taxibestuurder van Khayelitsha, het onder in Mainweg vir passasiers gewag toe Arrigone se urine op hom geval het.

Arrigone het nie tydens sy verhoor ontken dat hy op Nomgcana geürineer het nie, maar het aangevoer dat dit nie aspris was nie, dat hy onder die invloed van alkohol was en nie omgegee het of iemand onder die balkon was nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

tom ·

Ek sal ook kwaad wees maar die ou wat miljoene steel lag lek hy kom niks oor ,die arogante knaap van sabc kom niks oor waar is regverdige regstelsel

Kiepie ·

Tom, wat het dit enigsins met hierdie saak te doen. Dit is deel van die probleem deesdae, ons almal wil besluit watter reëls vir ons geld en dan probeer ons dit regverdig deur te verwys na ander se oortredings. Die feit dat iemand iewers korrup is gee nie die ou die reg om barbaars op te tree nie. Sy verskoning dat hy onrekeningsvatbaar was weens alkohol behoort verswarend te wees, nie versagtend nie.

Ekke ·

Oe my genade, Tom, wat op aarde het dit met die prys van eiers te doen??

Columbiana ·

Aai tog. Mooi gesiggie met stink gewoontes. Wat gaan sy straf wees? Dalk moet hy ‘n doek dra vir maand of twee.

Ekwilibrium ·

Nee, nie net ego nie; dis grillerig, onhigiënies en onvanpas. ‘n Stewige boete van so R1000 behoort voldoende te wees. Maar ek stem egter saam dat hierdie ‘studente’ veel swaarder as hierdie man gestraf moet word.

Anoniem ·

Sies man…kry jy nie skaam….Beheer jouself…dronk of nie dronk..Jy gooi ons naam ons kultuur weg……Hoop jy word n goeie straf opgele……..

Kent ·

Ja nee hy moet maar v hom kry. Dis barbaars ! Drank kry ook altyd die skuld…feit is hy het besluit om te suip, anners het die drank stilletjies en op hulle eie in die bottel of blik gebly en niemand gepla nie :) Dis so silly. Eish !

Kent ·

les : As jy nie jou drank kan hanteer nie dan hanteer die drank jou ! Kry v jou seun, dit was stupid en dit is nou wat jy vir dit kry. Hoop daai “pee” was die moeite werd. Ai…

Johann ·

Te gereeld die verskoning” onder die invloed van…”. Vind dit belaglik dat Drank vervaardigers/verspryders MILJOENE spandeer om hul.produk verkoop te kry en dan die BELAGLIKE “enjoy resposably.” Ja shure…wats jou definisie van enjoy en nog meer responsably? Onder die inbloed van…moet strafbaar wees SAAM met die “van”. Looi die Drankbedryf vir wat hulle is: medeplogtig aan…

SkarrelKind ·

Johann, jou kommentaar maak glad nie sin nie. Medepligtig aan? As mens onverantwoordellik optree, kan jy nie die produk blammeer nie man! Moenie drink en bestuur nie – dit is mos nou meer “Responsible” as om getrek rond te jaag. So as iemand met ‘n Gerber mes gesteek word, dagvaar die Amerikaanse maatskappy Gerber?? Nee, ek dink nie so. Mense moet verantwoordellik optree. En ophou veskonings soek vir alles. “Man up”.

Patat ·

Dis een manier om jou model loopbaan aan te huts en publikasie te kry

Columbiana ·

Onthou die man wat sy drankie op Zuma gemors het? As ek reg kan onthou is hy ook “swaar” gestraf. The moral of the story. When partying keep your fluids to yourself

Jef ·

En jy het gedink jy is die mackie van die plekkie ha ha kry vir jou, geen norme en waarde nie dan moet jy suffer.

Zoro ·

Ons kyk almal af waar dit val , dronk of nugter hy het dit met opset gedoen dis die optrede van gomgat ek stem saam met Kiepie

Denise ·

Ag asseblief julle braak gal oor n bietjie urine wat van al die onskuldige mense wat elke dag vermoor ,verkrag aangerand word !!!!

willehond ·

Boeta jy kan bly wees dit was nie ek daaronder nie! Jou model loopbaan was dan op n einde, vir altyd en altyd. Klap jou dat google jou nie eers kan kry nie!

hans ·

Kan nie verstaan hoekom n saak van Januarie 2014 tot nou duur om finaliseer te word.

Speedguard ·

Hul moes die saak baie deeglik ondersoek, seker monsters gaan soek !!!

Piet ·

Waaroor is al die bohaai? Gewoonlik word rotse van brue af gegooi. Niemand kon seer kry in hierdie geval nie, dis maar net albei se waardigheid wat so bietjie van ‘n dip gevang het. Dis net jammer dat n hele paar blanke mense gaan nou weer vermoor word omdat hierdie “verskriklike” groot sonde plaas gevind het.

Alias ·

E, as “skin deep” al is wat tel dan is dit seker so maar wat as jy die dag agterkom daar is geen substance hoegenaamd nie?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.