Student wat urineer het “net ‘n grappie” gemaak

Tiger-Tiger-727x545Djavan Arrigone, ‘n student van die Universiteit van Kaapstad, het aan die Wynberg-landdroshof gesê hy het gedink dit is snaaks toe hy van die balkon van ‘n nagklub ge-urineer het, het die Saturday Star berig.

Arrigone (20) het glo gesê hy het nie omgegee of sy urine op iemand sou beland nie. Hy staan tereg op aanklag van crimen injuria nadat sy urine op die taxibestuurder Michelle Nomgcana geland het.

Arrigone het Vrydag aan die hof gesê hy het talle kere gesien hoe mense van die Tiger Tiger-klub in Claremont se balkon urineer en hy het nie, onder invloed van alkoholisme, gedink om toilet toe te gaan nie.

“In daardie stadium het ek aan twee vriende gedink wat langs my gestaan het. Hulle het al twee gelag. Hulle het gedink ek is snaaks. Ek het te veel gedrink en ek het dus gedink ek is snaaks,” het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.