Student weer in hof oor studiegeldfout

ʼn Foto van ʼn strokie wat wyd op sosiale media gedeel is wat ʼn balans van meer as R13 miljoen in Sibongile Mani se rekening toon. Foto: Twitter

Sibongile Mani (28), die student aan die Walter Sisulu Universiteit (WSU) wat verlede jaar weens ʼn administratiewe fout R14 miljoen studiegeld ontvang het, het Dinsdag in die landdroshof in Oos-Londen verskyn.

Mani het verskyn op aanklag van diefstal nadat sy dié astronomiese bedrag in plaas van slegs R1 400 vanaf die nasionale finansiële hulpskema vir studente (NSFAS) vir haar maandelikse kostoelaag ontvang het.

Die saak het in Augustus verlede jaar die wenkbroue gelig aangesien Mani oor die tydperk van drie maande op ’n inkopietog van R818 000 gegaan het, voor die owerhede onraad vermoed het.

Mani studeer tans rekeningkunde by die universiteit en het na bewering ’n gedeelte van die geld op luukshede soos slimfone en ontwerpersklere spandeer.

Mani het haarself in Mei vanjaar op versoek van die Valke oorgegee en is op ’n waarskuwing vrygelaat. Sy hou vol dat sy wel die foutiewe transaksie aangemeld het, maar dat “niemand haar wou help om dit reg te stel nie”.

Die saak is Dinsdag na die Oos-Londense streekshof oorgeplaas.

Mani sal weer op 20 Augustus in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

HPV ·

Toe niemand haar wou help, toe help sy sommer letterlik haarself! Behoort ‘n goeie pos in die regering los te slaan…

Casper Labuschagne ·

Hoekom word die finansiële instelling waar haar bankrekening is nie ook vervolg omdat hulle nie behoorlike FICA maatreëls nagekom het nie? As ek ‘n groot betaling in my rekening ontvang lui my foon binne minute nadat my plaaslike bank die oggend hul deure oopmaak en ek moet letterlik deur hoepels spring om te verduidelik dat daardie bedrae regmatige betalings is. Maar R800,000 lui nie ‘n klokkie in die bank nie? Of dalk word my vermoedens bloot bevestig dat FICA op grond van velkleur oneweredig toegepas word?

KG ·

Ek dink amper, en ek praat onder korreksie dat die geld nie in haar bankrekening inbetaal is nie, maar ‘n spesifieke rekening met ‘n kaart wat hulle kan gebruik by sekere plekke. Ek onthou daardie tyd het die vraag opgekom hoe sy oor die R800 000 kon spandeer het as hulle die kaart net by sekere plekke kan gebruik.

As die geld by ‘n bank inbetaal is glo ek sou hulle beslis dit opgetel het aangesien dit oor die 13 miljoen rand was.

Ag asb tog ·

HOE LANK KAN DIE SAAK NOU VAT? Vicky se saak was tjop tjop afgehandel en sy is tronk toe gestuur . .. hoe lank draal hierdie saak nou al? En wat gaan met haar gebeur? Kom ons raai . NIKS! Hou op geld mors, maak nie saak wie sy is nie .. en JA sy moes nie die geld gebruik het nie .. maar ek glo haar actually dat sy gaan KLA het dat dit verkeerd was en hulle haar nie geglo het nie .. Ons regstelsel het ‘n absolute KLUG geword!

Tokkolos ·

En toe niemand help nie want almal is mos deesdae sradiggggggg toe gaan spend jy maar Wel jy het seker gedink dit val uit lug uit almal glo dit mos Regtig die ding het 2 kante ja toe maak jy somme en maak jou eie 3 hoek

Ore ·

Uitstekende verskoning.Dit is gerapporteer maar tot en wyl “iemand” reageer spandeer sy maar lustig voort.Hier gaan dadels van kom

Andrea van Vuren ·

Soos Eva in die paradys. Kon versoeking nie weerstaan nie. Die duiwel is steeds baie aktief!

willie ·

Ok tax haar dan op die R14mil……..dan sien jy n ander strorie.

lolla ·

ek stem saam daai kan n lekker klompie geld vir sars wees….ek is verbaas sy is nog in die land…maar dan sy weet ook sy gaan niks oor kom nie….waar is die res van die geld en hoeveel is nog oor

christa ·

hulle moes die persoon wat sulke foute maak self laat terug betaal. Hoekom sulke onbevoegde mense in in daardie pos.

Cherokee ·

Dit sou slim gewees het om dit te rapporteer en bloot die rente op die geld te ontvang het totdat dit teruggeneem is. Dit is mos logika.

Johann cb ·

En sy ontvang nog steeds elke maand die R1400,00 toelaag…

CZ ·

28 jaar oud en ontvang nog n toelaat…… wat swot sy nou weer ???????

IK ·

Sy swot ‘rekeningkunde’ want daar word ‘n poging aangewend om haar te leer dat daar in sommige gevalle en slegs met uitsondering, nulle dalk ‘n verskil kan maak aan ‘n oënskynlike klein bedraggie . . .

IK ·

En in par.3 is haar van ‘Mali’ i.p.v. ‘Mani’ wat verkeerd is maar tog n.a.v. wat gebeur het tog korrek is. ‘Mali’ is mos immers ‘geld’ . . .

Tania Heyns ·

Dagsê IK

Dankie vir jou kommentaar. Ons vra om verskoning vir die oorsig, die berig is reeds gewysig.

Groetnis
Tania nms Maroela Media

nie verbaas ·

Wat sit sy nog op universiteit op die ouderdom van 28 jaar? Sy moes al lankal haar eie geld verdien het. Rekeningkunde is die maklikste vak ooit. Sies tog

Basjan ·

Wat kla julle? Dit was net ‘n ligte mistykie van 4 ekstra nulle!

Ore ·

Wonder nou,het sy intussen die balans terugbetaal of wag sy eers vir ‘n weldoener om te help?

Nettie ·

Lieven loven, wat studeer die vrou dat sy op 28-jarige ouderdom nog steeds op universiteit sit, of het sy ‘n paar jaar al gepluk of net BAIE laat (na sy ‘n paar jaar op skool ook gedop het) gaan swot? Ek sê: sy het die geld spandeer, laat sy dit terugbetaal – na regte is dit belastingbetalergeld wat sy ‘per ongeluk’ spandeer het. Was dit ek of jy, (blanke) Jan Alleman, was ons lánkal met ons alies in die tronk. Maar nou ja ….. sy is ‘n NSFAS-student, waarom sal sy moet terugbetaal?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.