Student weer in hof vir poging tot moord

Foto: SAPD

Foto: SAPD

ʼn Student wat in hegtenis geneem is nadat hy glo petrolbomme by die Kaapse Skiereiland Universiteit van Tegnologie afgeset en twee veiligheidswagte in ʼn brandende gebou toegesluit het, verskyn Donderdag weer in die Bellville-landdroshof.

Byron Dick staan tereg op aanklagte van poging tot moord, brandstigting, openbare geweld en die oortreding van ʼn hofbevel.

Dick het op 13 Oktober in die hof verskyn. Daar is besluit dat hy eers in aanhouding sal bly sodat ondersoekers sy agtergrond kan nagaan waarna die staat sal besluit of hy borgtog gaan teenstaan.

Die ondersoek moes ook vasstel of Dick wel ʼn student aan die universiteit is en, indien wel, wat hy studeer en watter jaar.

Dick het glo die kampussekuriteit se kantoor met ʼn petrolbom aan die brand gesteek en toe twee veiligheidswagte in die kantoor toegesluit. Die wagte kon betyds uit die brandende kantoor gered word en is na ʼn hospitaal gehaas. Een van die wagte is volgens berigte in ʼn kritieke toestand.

Dick het glo ook die universiteit se admingebou met ʼn petrolbom gegooi en ʼn hofbevel verontagsaam wat enige onwettige aktiwiteite op kampus verbied.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

let wel ·

Ek stem saam. Daar moet uiters streng opgetree word en voorbeelde gemaak word van die sogenaamde studente. More oormore is daar nog n saak wat voor ‘geveg’ word en SA gedestabiliseer omdat almal net wil gryp en vat wat hul wil he sonder om te werk vir dit.

Kobus ·

Hierdie oortreding is sonder twyfel met voorbedagte rade beplan. Die beskuldigde het die doel gehad om die sekuriteitswagte te vermoor. Lewendig te verbrand. Ek glo so oortreding is sekerlik 15 jaar tronkstraf werd.

Hennie ·

Iemand wat van jongs af so optree is gladnie onverantwoordelik nie maar ‘n krimmineel in beginsel. Hy behoort nooit weer by enige opleidings inrigting toegelaat te word nie. Verder hoort sy naam ook op ‘n swartlys, hy het reeds keer op keer bewys dat hy ‘n vyand van goeie orde en goeie samelewing is. Vir wet en orde hoort so persoon nie op vrye voet nie.

Buitestander ·

Kyk met wat se menswaardigheid die betoger behandel word.
Habteer die betogers die ander met dieselfde mens waardigheid?
Nee ek glo nie so nie. As hy werklik ‘n student is vir wat studeer hy. Gaan hy nog steeds voort met sy on menswaardigheid na hy afgestudeer is?

Meisiekind ·

Seker met n beurs gestudeer..want as hy selfs moes betaal het hy sy harde werk gerespekteer asook ander.
Was duidelik nie daar om n beter opgevoede mens in die sameleweing te word wat n possetiewe bydra kan lewer nie.

let wel ·

Ek stem saam. Daar moet uiters streng opgetree word en voorbeelde gemaak word van die sogenaamde studente. More oormore is daar nog n saak wat voor ‘geveg’ word en SA gedestabiliseer omdat almal net wil gryp en vat wat hul wil he sonder om te werk vir dit.

jaco ·

Aan sy naam wonder ek oor sy ras. Hy beter vinnig besin of al sy petrolbomme en selfs sy studie die moeite werd is. Ek weet van talle gegradueerde kleurlinge vir wie eenvoudig gesê word; sorry no Job as you are not black enough. Baklei eerder as nie-wit student teen die absolute absurditeit dat kleurlinge wat gestudeer het, weens regstellende aksie bitter moeilik werk kry.

Theresa ·

Stuur hom iewers in die wêreld in waar oorlog gevoer word – dat hy sy veglustigheid en vernielsug daar gaan gebruik. Hoort nie by kampuslewe nie.

Aj ·

Almal probeer nou om ‘n struggle hero te word. Niks gaan met enige van die studente gebeur nie. Geen ruggraat van die leiers in SA

Rabes ·

Dit wil my voorkom hy’s van lotjie getik. Van hom ‘n voorbeeld gemaak word ,want di’s poging tot Moord en di’s ook beplan.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.