Studente-aktivis glo vrygelaat uit ‘donker ondervragingkamer’

Vusi Oldman Mahlangu. Foto: Twitter

Vusi Oldman Mahlangu. Foto: Twitter

Ten spyte van tekens van gebruik op die vermiste studente-aktivis, Vusi Mahlangu, se Facebook-blad en bewerings hy is veilig, beskou die polisie hom steeds as vermis.

“Ons is bewus van verskeie gerugte dat Mahlangu gevind is, maar hy het tot nou nog nie met die polisie in verbinding getree sodat ons dit kan bevestig nie. In die polisie se oë is hy vermis totdat hy met die polisie kan praat en ons sy verklaring kan kry,” het lt.kol. Mzukisi Fatyela, Oos-Kaapse polisiewoordvoerder, Saterdag aan Maroela Media gesê.

Fatyela het ʼn beroep Mahlangu gedoen om, as hy regtig vrygelaat is soos beweer word, by die naaste polisiestasie aan te meld. “Ons moet die moontlikheid in gedagte hou dat uitlatings op sosiale media dalk nie syne is nie. Hy sal eers as gevind beskou word as daar konkrete bewyse is.”

Op Mahlangu se Facebook-blad is Saterdagoggend ʼn inskrywing, klaarblyklik deur hom, gemaak waarin hy sê baie dinge het gebeur vandat hy na “daardie donker ondervragingkamer” geneem is en dit gaan “ʼn ruk neem om daaroor te praat”.

“Al wat ek kan sê is baie dankie vir almal in die Suid-Afrika en die wêreld wat seker gemaak het ek word uit daardie kamer vrygelaat,” lui die inskrywing op sy Facebook-blad.

Die inskrywing meld dat die geveg teen die “bose” en “uitbuitende stelsel van uitkontraktering en arbeidsmakelary” voortgaan.

In die inskrywing maak hy melding hy sal binnekort meer inligting oor sy ervaring aan die media bekendmaak.

Maroela Media het vroeër berig Mahlangu, ʼn studente-aktivis en voormalige SR-lid van die Walter Sisulu-universiteit in Mthatha, wat die ‪#‎OutsourcingMustFall-veldtog dryf, het na bewering verdwyn nadat hy Dinsdagoggend glo by sy vriend se huis in Mthatha in die Oos-Kaap weg is om ʼn vergadering met kontrakwerkers by te woon.

Mahlangu se vriend, Vuyo Mntonintshi, het op sosiale media beweer Mahlangu is omstreeks 10:00 by sy huis weg.

Mntonintshi het beweer hy het ʼn boodskap van Mahlangu se foon ontvang wat lui: “Ek is óf ontvoer óf in hegtenis geneem en ek bloei…. In ʼn donker plek in Mthatha. My foon gaan enige oomblik doodgaan.”

Gerugte het Vrydagmiddag die ronde begin doen Mahlangu “is vrygelaat”, maar dat hy eers die polisie sal nader wanneer hy meen hy is veilig.

Mahlangu het glo namens kontrakwerkers by die Tshwane-Universiteit van Tegnologie (TUT) onderhandel, waar die bestuur met ʼn proses besig is om weg te doen met die uitkontraktering van werkers en om werkers se lone te verbeter. Hy is glo na die Oos-Kaap om daar ʼn universiteit se kontrakwerkers te gaan bystaan.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Vra net ·

Ek dink persoonlik hy soek net aandag dat sy sogenaamde volgelinge hom meer moet betaal vir die “ontbeuting ” wat hy moes deur maak. RIP

Andrè Du Plessis ·

Dalk lees ek verkeerd, hoe kan jy weg wees in ñ donker kamertjie en nog steeds oodskappe op sosiale media sit, iets maak nie sin nie, die ou soek aandag

lien ·

Ek dink die outjie is nie die een wat die boodskappies stuur nie,

Loon ·

Hierdie hele storie is n pot snot!!!
As jy regtig ontvoer is sal jy dadelik by die polisie uitkom, asook by n hospitaal, want hy het glo gebloei????
Mnr drama aktivis kom by daar is mense met breins in SA wat logies kan dink!
Dalk moet jy regtig ontvoer word dat ons hoor wat jy dan te sê sal hê!

Arizona ·

Wat wil julle my wet die ou stage alles. Hy mors die Polisie se tyd. Vergeet van hom. Hy sal vinnig genoeg uit sy gat uit kom as hy agterkom nobody cares

Pappa Beer ·

Kan iemand hom nie maar net REGTIG in hegtenis neem vir dwarsboming van die gereg nie? Hy is “obviaslee” nooit ontvoer of enige so iets nie! Die polisie is reeds so besig hierdie tyd van die maand (daar word mos shopping gedoen met staats-voertuie en bakkies).

Pappa Beer ·

O ja! En ek het n knipper by my huis, as jy daai stupid “haar-styl” wil verander!

Lorraine ·

Ek neem aan die man kyk te veel Criminal Minds, CSI (almal van hulle), NCIS, ens. en speel te veel playstation. Wat hy se maak nie sin nie. Hoekom op des aarde sal hulle hom toelaat om met die buite wereld te kommunikeer as hulle hom in n donker kamer toegemaak het… Tensy sy “hostage takers” regtig baie baie dom was. Nee wat, gaan spin jou storie op n ander plek

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.