Studente-aktivis se ‘verdwyning’ ondersoek

Vusi Oldman Mahlangu. Foto: Twitter

Vusi Oldman Mahlangu. Foto: Twitter

ʼn Soektog na die woordvoerder van die #OutsourcingMustFall-beweging, wat na bewering onder raaiselagtige omstandighede verdwyn het, het Woensdag opslae op sosiale media gemaak.

Vusi Oldman Mahlangu, ʼn studenteaktivis en voormalige SR-lid by die Walter Sisulu-universiteit, het na bewering verdwyn nadat hy Dinsdagoggend glo by sy vriend se huis in Mthatha in die Oos-Kaap weg is om ʼn vergadering met kontrakwerkers by te woon. Oldman se vriend, Vuyo Mntonintshi, het op sosiale media beweer Mahlangu is omstreeks 10:00 by sy huis weg.

Volgens ʼn inskrywing op sosiale media het Mahlangu se vriende om 16:30 ʼn boodskap van sy selfoon ontvang wat lui: “Ek is of ontvoer of in hegtenis geneem en ek bloei… In ʼn donker plek in Mthatha. My foon gaan enige oomblik doodgaan.”

Mntonintshi se selfoon was Woensdagoggend afgeskakel en Maroela Media kon hom nie bereik vir kommentaar nie.

Lt.kol. Mzukisi Fatyela, woordvoerder van die polisie, het bevestig ʼn vermiste persoon-saak is deur die polisie geopen. Hy wou egter geen verdere besonderhede bekendmaak nie.

Talle sosialemediagebruikers het onder die hutsmerk #BringBackVusi heftig op sy beweerde verdwyning gereageer en bespiegel dit hou moontlik met sy aktivisme teen die uitkontraktering van universiteitswerkers verband.

Intussen het JacarandaFM berig ʼn privaatondersoekmaatskappy sal glo met die soektog na Mahlangu help.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Gerhardt ·

As jy deelneem aan die donker spel, sal sulke dinge gebeur ou maat. Hoop jy maak dit.

Strussbob ·

Regtig? Met jou selfoon by jou ? Media gee te veel aandag aan bog!!

Hannelie ·

Ek glo dit nie!! Seker ook van daai wat “vermis” is, dan vind jy later uit hy is op ‘n bus uit die dorp uit.

broos ·

hoe is jy of ontvoer of in hegtenis geneem? ek is seker jenige een ken die verskil…..

GES ·

Niks anders as ‘n publisiteitsfoeflie. Hy soek aandag. Gewoonlik word ‘n persoon se selfoon afgeneem gedurende ‘n ontvoering.

Willie ·

Dis n bog storie! In n sel met n cell? Hierdie is aandag soek op die hoogste graad. Die enigste liggie was seker sy cell foon liggie… bog!

Marous ·

Dalk het die arme man in ‘n donker klas geval … by ‘n Universiteit …na die ligte uitgeslaan is…

m ·

Netso Marous. Het nou baie lekker gelag vir jou opmerking. Shame dalk is die arme man regtig iewers in die moeilikheid.

Snip ·

Ek sal nie verbaas wees as hy sy eie ontvoering of verdwyning beplan het nie.

Pappa Beer ·

Dis net nog n skelm streek om geweld op te jaag, ek wonder wie gaan beskuldig word van die “ontvoering”, seker maar weer meisies met pers gesigte of Verwoerd of dalk Jan van Riebeeck!

Hahahehehiehie tjietjie ·

Ja nee dit klink maar of daar iewers ‘n rot is en Pappa Beer ek dink jy druk op die regte rot geweld!!!!! Ek hahaha hehehe hiehie lekker vir die rede pers pers

Sarie ·

Gelukkig het Afriforum seker nie daar ‘n tak nie anders was hulle weer die skuldiges

humor ·

Sy foto is in die donkerte geneem. Hy is in die duister oor wat met hom gebeur het. Hy verkeer in die duister in watter donker plek hy is. So dit kom my voor hy is ook besig met werke van die duiter.

Oom Kalahari ·

Laat ons nie bespiegel oor werklike omstandighede tans van die jong student nie en die Polisie sowel as ondersoek spanne die geleentheid gun om hul taak uit te voer. Gesien in die lig dat die populêre student (en aktivis) van beter sal weet as om gemene spel te voer en dalk werklik hulp tot redding nodig het. Die werklike feite sal tog later na vore kom en sal ons dan meer ingelig wees oor wat werklik plaas gevind het. Vusi se vriend Vuyo weet dalk meer van sy vriend se doen en late as wat dalk voorgegee word.

pop ·

Stel ons regtig belang in hierdie verspotte berig???? Nie ek nie, en ek kan nie hier my opinie gee nie!!!!

John ·

Hahaha, ontvoer of in hegtenis geneem en jou selfoon vir jou gegee om die wereld te laat weet en as die battery pap word sal hulle hom vir jou herlaai. Klink na self ontvoering. (of hahaha die polisie wat dalk so dom ding sal aanvang).

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.