Studente behandel ná brand in Potch-woonstel

Nooddienste op die toneel. Foto: ER24

Nooddienste op die toneel. Foto: ER24

Vier mense is Woensdagoggend in Potchefstroom deur paramedici behandel nadat ’n brand in ʼn woonstel uitgebreek het.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê paramedici en die brandweer is vroegoggend na die toneel ontbied waar hulle ʼn vrou en drie mans buite die woonstelblok aangetref het. “Een van die kamers was aan die brand,” het hy gesê.

Volgens Meiring is die vier op die toneel vir rookinaseming behandel. Hulle is nie na ʼn hospitaal geneem nie en het verdere behandeling van die hand gewys.
Meiring het gesê die vier is studente aan die Noordwes-Universiteit se Potchefstroom-kampus. Die oorsaak van brand word ondersoek.

Die omvang van die skade was nie onmiddellik bekend nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Grotman ·

Jip ek is daar verby en dit gesien. Potchefstroom het die afgooi plek van ongehoorsame kinders geword. Hulle is soos engele by hulle ouer huise maar genade! As hulle in Potch is verander hulle geheel in monsters. Ek het eerste hand se ondervinding van dit.

Stan ·

Grotman, stem saam.
Bestuur hul duur karre roekeloos, geen plesier om jou gesin na ‘n varsity cup game toe te vat nie (rook, drank, taalgebruik).

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.