Studente beroof, aangeval

isdaad-polisie-crime-scene-kent-williamson-3

Argieffoto: Kent Williamson

Ses studente aan die Universiteit van Venda in Limpopo is Vrydagaand in hul huurkamers oorval en een van die studente is glo om die beurt deur die aanvallers verkrag.

Brig. Motlafela Mojapelo, woordvoerder van die polisie, het gesê ses persone het Vrydagaand omstreeks 20:20 die studente se kamerdeure oopgebreek en hulle van hul besittings, onder andere selfone en geld, beroof. “Die aanvallers was met vuurwapens gewapen. Hulle het daarna een van die studente, ʼn 19-jarige meisie, na nabygeleë bosse geneem en haar om die beurt verkrag. Sy is vir dood agter gelaat.”

Mojapelo sê die polisie is ontbied en hulle het vinnig reageer, maar die verdagtes het toe reeds van die toneel gevlug.

Die polisie ondersoek ʼn saak van huisroof en ses aanklagtes van verkragting.

Die studente se huurkamers is nie op die kampus nie.

Die polisie in Thohoyandou doen ʼn beroep op enigiemand met meer inligting oor die voorval om sers. Nevhutalu te kontak by 072 611 7887.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Michael ·

Nou toe nou SA het in n regte hel verander. waar gaan dit eindig.

aj ·

‘Onteiening sonder vergoeding!’

Selfone, geld ….
… selfs jou liggaam!

Dit was nog ALTYD hier! Sal ALTYD hier wees.

DONKER AFRIKA

$ ·

Arme arme meisie – ek is so jammer ?
Mag jy die stukke van jou lewe met God se genade en krag weer optel …

Gert J ·

Wanneer n vuurwapen betrokke is raak dit poging tot moord ook

Lana ·

Sal bietjie dophou om te sien of EFF en ANC hierdie slagoffer van verkragting gaan bestaan soos wat hulle in die “Dros-saak” gedoen het.
Of is hier dalk botsende belange? Is hulle dalk aan die kant van die aanvallers?

Marinda ·

My hart gaan uit na hierdie meisie. Sy het dit nie verdien nie.

Eddy ·

Die roof van die besittongs,is reeds erg.Nou is daar verkragting( wat n erger tipe roof is) .Verkragting is n probleem in hierdie land.Hoe straf jy sulke misdadigers?Kry hy tronkstraf ,dan leef hy gemaklik met my en jou belastinggeld

Db ·

Daar is net een straf vir ‘n verkragter – verwyder wat hom pla. Nie eers my grootste vyand verdien om verkrag te word nie. Dit is moord op ‘n lewendige mens vir die res van daardie lewe.

Lana ·

Stem saam Db.
Thandi Modise, premier van Noordwes, het nou beloof om ‘n veldtog van stapel te stuur ter ondersteuning van chemiese kastrasie.
Mag dit gou realiseer!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.