Studente beroof: Drie ‘rowers’ dood

Foto: Facebook via eblockwatch

Foto: Facebook via eblockwatch

Drie vermeende rowers is Donderdag tydens ʼn hoëspoed-jaagtog deur die polisie doodgeskiet.

Konst. Thuli Ngwenya, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê die verdagtes het na bewering vier studente van die Universiteit van Johannesburg (UJ) in Aucklandpark beroof. Die studente het alarm gemaak en ʼn polisiepatrollievoertuig in die gebied het hulle te hulp gesnel.

“Die verdagtes het weggejaag en die patrollievoertuig het hulle agternagesit,” het Ngwenya gesê. “Tydens die jaagtog het die patrollievoertuig op die polisieradio bystand versoek en ʼn polisievoertuig van die Orlando-polisie het op die Soweto-snelweg by die jaagtog aangesluit.”

Volgens Ngwenya het die verdagtes die oomblik toe hulle die polisievoertuig sien het, op daarop losgebrand en die polisiebeamptes in die motor het teruggeskiet. “Al drie verdagtes is doodgeskiet. Die polisiebeamptes is nie beseer nie,” het sy gesê.

Twee vuurwapens is in die verdagtes se voertuig gevind. ʼn Saak van roof en ʼn geregtelike doodsondersoek is geopen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

Wouter ·

Wonder net teen wie is die roof klag oopgemaak? Nietemin n fantastiese uitslag. Dankie SAPD.

Karma ·

Uhmm …. Wouter, ek dink dit sou seker die drie studente wat beroof is, gewees het wat die roofklag aanhangig gemaak het? Dit sal seker nie die voëls in die bome wees nie …..

Karma ·

Kyk hier, hoe slaan ek my naam nou met ‘n plank! Wouter het gevra TEEN wie is die roofklag gemaak, nie WIE HET die roofklag gemaak nie. ‘Skuus Wouter, ek moes mooier gelees het. ;–)

Oupa ·

Dís hoe mens dit doen! Dit kos die belastingbetaler hopeloos te veel om hierdie misdadigers deur die howe te help, en dan in tronk-hotelle te versorg. Mooi so, SAPD! Maak die prys hoog genoeg dan sal die klante vanself minder word.

Oupa D ·

Ditsim! Geen genade nie, te veel rompslomp in die howe en dan moet die belastingbetalers die vloekstene in die tronk onderhou. Mooi so SAPD, klits hulle!

scalla ·

Beste nuus vir die dag, ek gaan nou ietsie sterk vat op die sapd, die vliegtuig is oor

Dee ·

Hey, die êrreplyn is nou eers oor – 3 ure gelede was dit nog voor 12!

lynette ·

Ek voel nes julle almal maar die oor en weer skietery op n snelweg wat deur ander onskuldige mense gebruik word, pla my. Veral aangesien al die rowers doodgeskiet is tydens n jaagtog. Wat as kar in n ander kar vasgejaag het? Onskuldige mense kan hul lewens so verloor.

GES ·

Polisie wel gedaan!!! As die skuim uit die samelewing verwyder is, kan dinge net beter word.

m ·

Mooi so SAPS, julle het blerrie goeie werk gedoen. Dis al manier hoe ons die strate gaan veilig kry. My dag is gemaak met die goeie nuus!!!!

m ·

Mooi so manne, hou so aan. Dis al hoe ons hierdie misdaadnes gaan oplos.

ROSIE ·

GOED GEDOEN SAPD – (Soos Altyd Puik Diens).
3 Weg, biljoene lê nog voor.

humor ·

Lynette, mens lewe nie met asse nie, want dit veroorsaak by baie mense maagsere. Pol jul het goed gedoen. Mens kom agter jul raak ook al g@…………keelvol vir die gepeupel op ons paaie.

Trolle ·

Mooi man dis soos dit moet gedoen word maak die moordenaars minder in ons samelewing.

pop ·

My naweek is gemaak. Kan mens nie die polisie wat hulle werk doen n medalje gee nie. Sal dalk die ander aanspoor om ook een te kry

Moeksie ·

Mooi man – gaan ook nou “ietsie” vat – dis baie goeie nuus….

ELAINE ·

Bravo hoop dit hou net so aan want misdaadigers is deesdae in beheer!!!!!!!!!!!!!!!!

tamboti ·

Vriende, familie en mede burgers, ek wil net se baie baie dankie…………………………….

Frik ·

Mooi so Dit is hoe dit gedoen moet word Moet nie probeer om te arresteer nie skiet dood van die begin af Baie geluk aan die manne Julle het jul werk goed gedoen

Kosie ·

Mooi so, SAPD!. As julle so voortgaan, gaan ons weer trots raak op die Manne in Blou!. Onmiddelike oorweldigende reaksie van julle kant af teenoor misdadigers is al wat resultate gaan oplewer!

yster 74 ·

ALMAL in die land is gatvol vir die soort van ding. Almal lewe elke dag in die soort nonsense. Dankie manne in blou.

Renier ·

Nog drie minder om te roof en plunder en moor. Welgedaa. Doe so voort.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.