Die universiteit het in ʼn verklaring gesê ʼn groep studente het Donderdag die JS Gericke-biblioteek op die kampus beset en in die biblioteek oornag. Vanoggend het die studente glo probeer om die ingang na die biblioteek te versper en ander studente te verhoed om in te kom. Die protesaksie hou glo verband met die studente se eise vir gratis onderwys.
Susan van der Merwe, direkteur van kommunikasie en openbare skakeling by US, het gesê aangesien die studente se optrede inbreuk gemaak het op die regte van ander studente wat die biblioteek wou gebruik, kon die universiteit nie die situasie toelaat om onbepaald voort te gaan nie.
“Daarom het die protesgroep geskrewe kennisgewings ontvang om die gebou te verlaat en hulle is tyd gegee om dit te doen. Studente kon op enige tydstip gedurende die besettingstydperk versoek om uit die gebou vergesel te word,” het sy gesê.
Toe veiligheidspersoneel Vrydagoggend probeer het om die roldeur na die biblioteek toe te maak, het studente hulle teëgesit en ʼn skermutseling het gevolg. “Enkele beserings is aangemeld en ʼn paar studente is vir die inaseming van pepersproei by kampusgesondheidsdienste behandel,” het Van der Merwe gesê.
“Die US-ambulans en ʼn verpleegsuster het studente bygestaan en ook mediese hulp verleen aan ʼn student in die gebou wat dringend sorg benodig het. Sy is per ambulans hospitaal toe geneem en word daar behandel.” Sy het nie uitgebrei oor die aard van die gehospitaliseerde student se beserings nie
Sy het bygevoeg ʼn gesprek met die studente is vir laat Vrydagmiddag geskeduleer om hul bekommernisse aan te hoor. “ʼn Ruimte vir interaksie met die studentedekaan is in Huis Russel Botman geskep. Die US is die afgelope paar dae in gesprek met studente en sal gesprekvoering met studente oor hulle griewe voortsit.”
Intussen het prof Wim de Villiers, rektor en visekanselier, sy spyt uitgespreek oor die gebeure op die kampus en gesê die universiteit probeer sy bes om die situasie op te los.
“Geen visekanselier wil konflik op sy of haar kampus hê nie en dit is jammer daar was vandag wrywing. Ons ondersteun gratis hoër onderwys vir behoeftige, akademies-verdienstelike studente deur middel van gedifferensieerde finansiële ondersteuning, soos beurse op ʼn glyskaal volgens jaarlikse huishoudelike inkomste. Ons is absoluut verbind tot die uitbreiding van toegang tot die Universiteit en terselfdertyd studentesukses,” het De Villiers gesê.
Elke sport het maar sy beserings…
Waarheid!
Julle was gewaarsku. Maar wie luister, almal hou van kla
Party mense sukkel om van laerskool mentaliteit na hoërskool mentaliteit na universiteit, na grootmens oor te skakel.
Aaag siestog. Kry hulle soooo jammer!!
Hou net op met staak, dis al, en so maklik soos dit.
Staak die kinderagtige gedrag.
En so ver hinder hulle hulle mede studente wat wil studeer Gee aan die studente wat arm is en goeie punte behaal beurse Die rugryers en op stokers moet hulle ry kry
Daar is net eenvoudog te veel wat nie daar hoort nie.
Wim de Villiers is n lee dop. Hy het mos gese studente moet hulle griewe openbaar. Nou word hy in die hakskeen gebyt. Anti Afrikaans en groot vriend van die regering. Wat jy saai sal jy maai. Net jammer die studente wat wil leer word gekortwiek. Is jy tevrede Wim. Slim meneer na na?
Knowledge in their Blood?, na aanleiding van prof. J Jansen se memoir…
Slim Wim het hom so besig gehou met die interne vervolgong van Dr Basson dat hy tret met die werklike betekenis van oredelikheid verloor het. Dit gebeur as `n mens jou iei klein wereld probeer probeer skep en dan verbeel jy is die heerser.
Kry vir jou, Wimpy!
Streng optrede teen misdadigers is nodig , maar die owerhede is te lamsakkig om diesulkes aldus te behandel; vandat oortreders en selfs diegene in tronke sogenamde “menseregte” het, is dissipline iets wat nie meer bestaan nie. Dit kom voor of die dissiplienloses die land begin regeer; geen wonder ons is al byna rommelstatus nie!
Nee wat, ek is nou behoorlik keelvol vir studente wat oor alles en nog wat staak, afbrand, vernietig en kla. En op die ou einde is daar n gekerm oor swak punte en leemtes in die arbeidsmag. Om te studeer kos geld. Niks in die lewe is gratis nie. Word wakker – “for free” moet uit die kop gesit word. Ek weet wat studies kos – het 2 kinders deur universiteit en een het haar meestersgraad. Ek betaal nou nog lening af.
So word ons universiteite een na die ander afgegradeer na ‘rommelstatus’ 5 miljoen belastingbetalers kan nie vir 50 miljoen mense alles gratis verskaf nie.
Vertrou dat al die ‘studente’ wie geldelike hulp gaan kry se familie en persoonlike inkomste word deur n onafhanklike ouditmaatskappy ondersoek.