Studente-betogings: ‘Regering misluk in hantering van krisis’

Shaeera Kalla, ondersteun deur haar pa, word na 'n ambulans geneem nadat sy 13 keer met rubberkoeëls geskiet is tydens #FeesMustFall-betogings op Wits (20 Oktober 2016) Foto: Ihsaan Haffejee, Groundup

Shaeera Kalla, ondersteun deur haar pa, word na ‘n ambulans geneem nadat sy 13 keer met rubberkoeëls geskiet is tydens #FeesMustFall-betogings op Wits (20 Oktober 2016) Foto: Ihsaan Haffejee, Groundup

Die VF Plus het Vrydag gesê die ANC-regering misluk tans in sy hantering van die studente-proteste omdat hy regering én aktivistiese bevrydingsbeweging tegelyk probeer wees. “Om albei te wees, is ongelukkig nie moontlik nie,” het dr. Pieter Mulder, leier van die VF Plus, gesê.

Dr. Mulder het gesê ʼn voorbeeld hiervan is die uitlating Donderdag van Zizi Kodwa, ANC-woordvoerder, waarin hy die polisie gekritiseer het deur te sê hulle moenie rubberkoeëls tydens gewelddadige protesaksies teen studente gebruik nie.

“Die minister van verdediging, Nosiviwe Mapisa-Nqakula, het ook die polisie ernstig gekritiseer oor die wyse waarop hulle rubberkoeëls gebruik. Dit is deursigtige pogings van die ANC om gewild by die betogende studente te probeer wees sonder om werklik oplossings vir die probleme te soek of alternatiewe voorstelle te maak oor hoe die polisie die situasie moet hanteer. Dat die polisie beter in skarebeheer opgelei kan word, word nie betwyfel nie. Die gebruik van oormatige geweld word ook veroordeel.”

Mulder het gesê dit is ʼn getuigskrif vir polisie-selfbeheersing dat die gewelddadigheid van die studenteprotes en die afbrand van geboue en biblioteke nog nie tot die dood van enige student gelei het nie.

“Min word geskryf oor hoe die studente strafregtelik optree en die polisie uittart. Wanneer die protes ʼn sekere vlak van gewelddadigheid en die vernietiging van eiendom bereik, is daar min ander metodes behalwe rubberkoeëls oor om die skare te beheer. Daarom is dit ook internasionaal ʼn erkende metode om hierdie vlak van geweld te hanteer.”

Volgens Mulder het pres. Jacob Zuma dieselfde gewildheidsrol probeer speel toe hy die #FeesMustFall-betogings as “tekens van ʼn gesonde demokrasie” beskryf het.

“Die afbrand van biblioteke en geboue asook die berekende beskadiging van motors kan nooit tekens van ʼn gesonde demokrasie wees nie. Al verduideliking vir die president se uitlatings sou wees dat hy die afgelope tyd te veel in die buiteland was, altesaam 75 dae, en daarom hierdie werklikheid van die huidige studentebetogings misgeloop het.”

Mulder het gesê die ANC moet besluit of hy die land wil regeer en of hy ʼn populistiese bevrydingsbeweging wil wees. Dit geld ook universiteitsrektore wat uit die bevrydingstryd kom en nou nog steeds in daardie gees die huidige onredelike gewelddadigheid en strafbare optrede probeer hanteer.

“Ná swak besluite deur onbevoegde ANC-politici en rektore word die polisie ingeroep om die gevolge daarvan te hanteer. Dit is onbillik teenoor die polisie dat hulle agterna deur dieselfde politici en rektore wat hulle ingeroep het, gekritiseer word oor hulle optrede,” het hy afgesluit.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

30 Kommentare

Ou Ystervark ·

Reik die polisie uit met egte seekoeisambokke om daardie betogende studente wat hulself krimineel gedra en inbreuk maak op mede-burgers se regte, ‘n behoorlike loesing te gee wat hierdie betogende studente se ouers nagelaat het.

Han ·

Ou Ystervark, ek stem 100% saam met jou. Sê dit al lankal. Dit is ál taal wat hierdie betogers gaan verstaan!

humor ·

Die regering moet verduidelik tot op watter vlak hy hierdie walglike barbaarse “demokratiese” spel wil voer. Na my mening skuil daar sekere internasionale magte agter hierdie barbaarse geweldpleging. Die veragtelike verregse AWB E.T. het sonder ophou hier teen gewaarsku en die volk is met valse beloftes belieg.

TDW ·

Ek stem honderd persent saam! Wat mag die polisie doen? Die “studente” breek hekke af om toegang te kry, brand geboue, rol motors om, gooi klippe en intimideer ander studente wat nie wil deel wees van hul proteste nie. En dan word weer betoog want die polisie tree geweldadig op! Dis malligheid man! Lyk my die polisie moet blompotte wees. Net daar vir versiering. Hier in Afrika moet jy hare op jou tande hê!

Lance ·

Die regering / anc misluk op alle gebiede …hulle is n groot joke !

Gideon ·

Om te begin dink ek die Staat is geheel en al verantwoordelik vir die probleme.
1. Skole se slaagsyfers te laag, en enige persoon word deesdae toegelaat tot Universiteite, in my dae het net Akademiese uitblinkers na Universiteite gegaan.
2. Na die eerste staking moes die Staat ingegryp het en opgetree het sonder om aan stemme te dink.
3. Die staat meng teveel in!! Taal kwessies en alewige diskriminasie
Dit moet so eer wees om te studeer, mens moet weet indien daar een jaar nie geslaag word nie, is dit vaarwel en studeer dan maar deur Unisa!!

Dup du Plessis ·

…..onttrek die polisie (aangesien hul geen doel dien nie, en nie mag optree nie)….laat studente toe om af te breek en te brand waar hul voel dis nodig….dit behoort te ly tot gedekoloniseerde onderwys waar daar in die aande rondom ‘n vuur en groot bierpot onderrig kan plaasvind. Dit behoort gratis te wees en dan is al die #FMF doelwitte bereik….

Franco ·

Ek stem 100% saam. Los hulle dat hulle alles afbreek en afbrand, hulle soek net aandag. As alles dan afgebrand en gebreek is soos die skole by Vuyani, dan sal ons sien waar dan kamtig “gestudeer” kan word.

Bruno Stef ·

Die veragterlike AWB en Eugene Terre Blanche soos een kommentator daarna verwys het moes versienende gewees het om destyds die komende gevaar toestand so raak te kon voorspel vir die toekoms.Die bogenoemde persoon het ook gese dat die Afrikaner in lang verhongerde toue sal moet staan om te oorlewe soos na die Anglo/boere oorlog kom ons kyk maar of dit bewaarheid gaan word.

John ·

‘n Onafhanklike dokter moet die Indiese studente-aktivis se sg 13 skote ondersoek. Sy was skynbaar gedurig op tv met allerhande aantygings. Hier is net te veel kerrie in die kos die afgelope tyd. Dis baie ongesond.

Trotse Afrikaner ·

My magties….nou wat SOEK SY tussen die weldadige oproermakers? Het sy vir hulle broodjies en koeldrank uitgedeel…..

Bruno Stef ·

Wat vir my onaanvaarbaar is dat die Indiese student die afgelope weke al die voorbok was met haar uitsprake en opsweping/plundering maar sy word deur die nuusmedia as martelaar voorgehou.Die PUK studente dametjie wat hard gestudeer het en wetsgehoorsaam was by haar blyplek wreed vermoor is en haar kamermaat in die hospitaal is na haar aanranding word slegs so hier en daar deur die nuusmedia vermeld.Maak wit lewens nie meer saak nie.

Johanna Botha ·

Mense wat ek ken se kind wat nou in matriek is wou volgende jaar pta toe om ingeneurwese te studeer. Dit gaan nie meer gebeur nie. So lyk my die universiteite gaan dalk nie so n toeloop van mense kry soos wat hulle verwag nie. Die gevaar is dalk daar dat die hele sisteem nou inmekaar val want hoe kan n universiteit werk sonder studente .. wat ook nie betaal nie…en ons weet alles waaraan die staat vat is n gemors …

Jan maak n Plan ·

Dit is okay as die polisie en sekerheids mense met klippe gegooi word, maar moet toe net nie die arme studentjies eina maak nie. Wat dink sy gebeur in n oorlog? Antwoord – hou jou kop af of jy kry seer – baie seer en moenie huil as jy seer kry nie dis jou eie skuld. Ek dink dis hoog tyd dat die honde eenhede ook n bietjie nader geroep word om te kom help.

Al te Jammer ·

Dit is okay as die polisie en sekerheids mense met klippe gegooi word, maar moet toe net nie die arme studentjies eina maak nie. Wat dink sy gebeur in n oorlog? Antwoord – hou jou kop af of jy kry seer – baie seer en moenie huil as jy seer kry nie dis jou eie skuld. Ek dink dis hoog tyd dat die honde eenhede ook n bietjie nader geroep word om te kom help.

Uiltjie ·

Seekoeisambokke – lanklaas daardie word gehoor. Mooi so Ou Ystervark, dit wys jy’s nog old school!

Max ·

Daardie sjambok het baie goed gewerk daar die jare vir Rhodes studente.

Max ·

En die polisie voorkom ook nie meer onwettige gedrag en misdaad nie. Volgen Zupta se woordvoerder het die polisie en die regering die onwettige optog van studente na die Unie Geboue doelbewus toegelaat.

Nita ·

Aan Me Kalla kan ek net se: meng jou met die semels en jy kan dalk opgevreet word deur die varke. Plaas dat jy die voorbeeld gestel het en jou lesings gaan bywoon het.

foxi ·

Jammer…..ek blameer die ouers. Slegte ouers, slegte kinders. Goed en wel, alles het duur geword. Universiteit en skoolgelde kan n bietjie verminder word, maar dit gee die studente nie die reg om alles af te breek en te brand nie. Baie van daardie studente het skatryk ouers.
Dit moet vir die polisie n frustrasie wees om ongepoetste kinders in toom te hou. Ook moet die polisie versigtig wees om nie een van daardie stout kinders seer te maak nie, want dan word daar geld geeis. Ek voel nie vir die studente nie, want barbaarsheid geld net nie.

Waarheid ·

Glo distansie is die oplossing vir enige regdenkende vandag. As enige student of benoeming van so ‘n persoon wat WIL LUISTER en dan logies self besluit wil ek binne of buite die barbarisme voortgaan. Daar is ALTYD ‘n BETER UITWEG.

hoe nou ·

Al taal wat hulle na gaan luister is die sambok taal. In Zim werk dit baie goed en niemand kla oor dit nie.

Knikkebollen ·

Julle sal nie verbaas wees om te hoor dat Me. KALLA, uit ‘n super-gegoede huis uitkom nie en dat sy geen rede anders as dwarsinnigheid het om voor in die koor met hierdie feesmustfall bogspul te wees nie…

Marietjie ·

Ek het ook die video gekyk. Haar hande was nie bokant haar kop nie maar wel heuphoogte langs die kante asof sy die polisie wou verhoed om vorentoe te beweeg. Ek het ophou tel hoeveel keer die polisie beamptes haar beveel het om terug te tree agter toe.

Catryn ·

“FRONT” … George Soros betaal al hierdie “studente” en terroriste ASOOK hul ouers, wat alles so afbrand, selfs die wat voorgee hulle word met rubberkoeëls geskiet. Een vrou het in dieselfde video ook kwansuis geval, maar waar is die “bloed” van seerkry? Niemand het vir haar of haar pelle gevra om aan onwettige betogings deel te neem nie. Sy moet ook nie kla oor die ongerief nie, Soros betaal mos, hy dit op sy OSF.SA gese hy finansier die “studente”… en as mens mooi gaan kyk na die video materiaal was daar 3-5 polisiemanne wat haar en haar opstokers gevra het om pad te gee, maar hoor is mos min. So die dame moet maar op George Soros se skouer gaan huil of by die liberales. Weer eens ‘n woeste front wat hulle opsit en betaal word daarvoor…

So interessant dat haar pa DADELIK op die toneel was … lol “so asof hy geweet het sy gaan gepot word… :)

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.