Studente betoog weer by TUT

Soshanguve-kampus van die TUT Foto: Masi Losi, IOL

Soshanguve-kampus van die TUT Foto: Masi Losi, IOL

Die Tshwane Universiteit van Tegnologie loop weer onder betogings deur nadat studente by sy Soshanguve-kampus Dinsdag weer klasse begin ontwrig het.

ʼn Klein groepie studente het onwettig begin betoog ondanks ʼn hofbevel wat sulke dade op kampus verbied, het Willa de Ruyter, woordvoerder vir TUT, gesê. “Die meerderheid studente het aangedui dat hulle tans vir eksamen voorberei en nie ten gunste is van die betoging nie,” het sy gesê.

Die SAUK het berig dat dosente toegang geweier is by die kampus. Volgens die uitsaaier handel die betoging oor bewerings dat die studentehulpskema nie behoorlik op die kampus bestuur word nie.

De Ruyter sê die situasie word gemonitor. -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.