Studente bly agter tralies ná betoging

'n Brand in 'n koshuis op die Pietermaritzburg-kampus van die Universiteit van KwaZulu-Natal (UKZN). Foto: Twitter via @zamaswatielihle

‘n Brand in ‘n koshuis op die Pietermaritzburg-kampus van die Universiteit van KwaZulu-Natal (UKZN). Foto: Twitter via @zamaswatielihle

Elf studente wat in hegtenis geneem is nadat grootskaalse skade by die Universiteit van KwaZulu-Natal se Pietermaritzburg-kampus aangerig tydens betogings, bly tyd en wyl agter tralies.

Die 11 het vlugtig in die Pietermaritzburg-landdroshof verskyn op aanklagte van openbare geweld, inmenging met polisiebedrywighede en die versuim om aan ʼn hofbevel te voldoen.

Die studente het struggle-liedere begin sing toe hulle die hof binnegekom het nadat ʼn polisiebeampte vroeër lede van die publiek gemaan het om te bedaar in die openbare galery.

Staatsaanklaer adv. Pet Davids het aan die hof gesê daar gaan bykomende aanklagte teen die beskuldigdes ingebring word, insluitend kwaadwillige saakbeskadiging, en dat die staat hul borgtogaansoeke gaan teenstaan.

Davids het gesê die veiligheid van ander studente kan slegs gewaarborg word indien die beskuldigdes in aanhouding bly.

Landdros Miranda Boikutso het die saak tot 30 September uitgestel wanneer die beskuldigdes om borgtog sal aansoek doen. Hulle bly tot dan in aanhouding.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Sam ·

Kry vir Josh Bergh om vir hulle te vertel hoe slapgat hulle is. Onnosel om alles af te brand

humor ·

Twyfel of daar enige salf aan hul te smeer is, maar gee hulle vet.

Ek ·

Opgrond waarvan eis die studente gratis onderrig. Watter een van hulle het al enige bydrae tot die staatskas gemaak wat hulle nou die reg gee om gratis onderrig te eis
Ons eis beter paaie en hospitale want ons betaal beladting maar hulle verwoes net sonder om enige iets by te dra.

Uitstekend ·

Uitstekend opgesom snoefie, moet sê paar van julle bring n groot smile. Terug na realiteit, hoe kan jy enigsins aktiewe breinselle het as jy nie eers die som van afbrand/afbreuk kos ekstra geld, so daar word meer geld benodig vir universiteite/skole herstel en so sal klasgelde styg. As daar net flippen insig vir hul kan kom! Verder jonges met intelligensie, smyt die forties groepe uit jul universiteit, dit is jul toekoms en geld wat gemors word!

AmY ·

As hulle nou alles wil gratis hê, gaan hulle eendag ALLES gratis wil hê.

Gratis behuising en ook gratis petrol om by hulle werkplekke uit te kom. Gratis kos, gratis klere. Gratis alles. Hierdie is die begin van ‘n bose kringloop wat net gaan aangaan en aangaan vir die volgende paar honderd jaar.

Dit sal slegs ophou as hulle tot die besef kan kom dat niemand hulle iets skuld nie.

Lance ·

So kry die anc maar net wat hom toekom na al die lee beloftes …vatso blade !

Susan@ ·

Op voeding begin by jou ouer huis nie by n skole en Universiteite nie. As ek terrug moet dink kan ek die hou oor my bas deur my moeder goed onthou….(enkel ouer). Asook die rotang oor my hand met wiskunde as ek te stadig antwoord (tafels). Onthou my (tafels) tot vandag (65). Die Woord leer ons……As jy nie jou kind tugtig nie….het jy hom of haar nie lief nie.

Willem de Beer ·

Die universiteitsowerhede vat geld van (sommige) studente om in ruil daarvoor onderrig te gee. Die owerheid het dus ‘n plig om die onderrig te gee vir diè studente wat WIL studeer.
Kan die universiteite dan nie gedagvaar word as hulle nie daardie plig nakom nie? Die universiteitsowerhede gee opdrag aan die sekuriteitsmense om nie op te tree. Daarmee is hulle mede verantwoordelik vir die onderbreking van onderrig en trauma wat beskaafde studente moet ondergaan.
Ouers en studendte moet die owerhede dagvaar.

WA de Beer
(Skaam om ‘n oud Tukkie en Matie te wees)

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.