Studente bring NMMU ook tot stilstand

Betogende studente by die NMMU. Foto: Twitter

Betogende studente by die NMMU. Foto: Twitter

Die studente-oproer wat by universiteite dwarsoor die land woed, het Dinsdagnag na die Nelson Mandela Metropolitaanse Universiteit (NMMU) in Port Elizabeth uitgebrei.

Teen Woensdag 06:00 was alle ingange na die Noord- en Suid-kampus afgesper en die universiteit het alle personeel en studente aangeraai om weg te bly. Die betogende studente beplan om alle ingange na die Suid-kampus af te sper om die universiteit tot stilstand te dwing.

Die polisie moes teen 08:00 rubberkoeëls en traangas gebruik om die skare uitmekaar te jaag, maar studente het geweier om oor te gee.

ʼn Ooreenkoms is uiteindelik bereik dat indien die studente binne die afgebakende areas bly, die polisie hulle nie met geweld sal verjaag nie.

NMMU is een van talle universiteite wat Woensdag gesluit is weens gewelddadige betogings op kampusse. Akademiese aktiwiteite is ook by die Universiteit van die Vrystaat, die Universiteit van Pretoria, die Universiteit van die Witwatersrand, die Universiteit van Kaapstad, Rhodes-Universiteit en die Tshwane-Universiteit van Tegnologie opgeskort.

© RDM News Wire

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Monica ·

Ek is so kwaad vir hierdie studente wat deel uit maak van die bevoorregte groepe wat wel universiteit kan bywoon, terwyl daar duisende ander jongmense is wat nie eers ‘n werk het nie. Moeg vir mense wat alles afbrand, verniel en mense intimideer.

JWK ·

In my boek is dit stedelike terrorisme. SAPS moet ooreenkomstig optree en spoedig ook!!

chrisp ·

Is dit nie ‘n mooi blou hempie wat die outjie met die vuisie dra nie?

die swartperde hardloop ·

‘n ” man” met ‘n sweep in die hand is besig om hiedie swartperde wat saamgespan is voor sy
wa – aan te dryf – die jongmense word saamgespan voor die kar om te doen wat hy sê
dmv verdraaide woorde, valse aanklagte, hy gebruik dit om vernietigende gedrag te verkry.
openb 6:5, daar heers dus valse geskepte vertroue dat die man hulle griewe sal oplos
maar hy gebruik hulle vir sy eie doel – Om sy wa te sleep! jerm7:9 jerm29:9

swartperde hardloop ·

net weer die boodskap- ‘n “man” met sweep in die hand jaag die swartperde wat ingespan is voor die wa aan- hierdie swartperde word deur verdraaide woorde, valse aanklagte (sweep)
aangespoor of aangejaag om vernietigende gedrag te verkry. Sy doel is dat hierdie swartperde
onder sy mag sy wa moet sleep ten koste van hulleself!
openb6:5,lev6:3,jerm7:9,jerm29:9
lees die skrif en bid vir ons land.

pop ·

Niks het nou tot stand gekom nie. Alles is opgerig en gebou in die wrede apartheid era. So as alles net in jou skoot val kan jy dit seker afbreek. Dit is die kultuur wat gekweek word deesdae. Vat dit wat bestaan en breek dit af. More betoog jy vir ander een. Skole, universiteite, alles

Bruno Stef ·

Die DA moet nou vir ons verduidelik of hulle dit goedkeur dat die ou met die blou hempie en gebalde vuisie wat volgens die fotos die voorbok is net n toevalligheid is.Soos ek verstaan plunder /brand en blokkeer hulle ook dit is mos ongedisseplineerd en onwettig.

chrisp ·

Bruno.
Jy ken die antwoord.Was dit egter ‘n wit Afrikaner by ‘n vergadering oor grondeise ,reg op Afrikaanse instellings was hy alreeds geskors en verhoorafwagtend waar die ligste straf die doodstraf is deur ‘n vuurpeleton.Amper ietsie soos hulle eie ou Barnard sage?
Maar nou ja soos Leanette by ‘n vorige skrywe opgemerk het die DA dra Afrikaner belange op hul hart?

Ai,hierdie huigelary en dwaasheid ken geen perke nie.

Ansie ·

Ek dink ons Hemelse Vader skud net sy kop in ongeloof as hy afkyk na onder toe! Die einde van die wêreld is naby . Dis nie hoe Christene dinge doen nie! Ek kan nie dink dat ons ooit Vrede in ons land gaan hê nie. Geregtigheid sal eendag seevier as ons almal voor die Ons Hemelse Regter gaan moet staan en verantwoording moet gee vir ons dade hier op die aarde. Wat gaan die mense sê?????

Ansie ·

Sorry die “die” voor Ons Hemelse Regter moet nie daar wees nie.

JJ ·

Alles tekens van die tyd. In die laaste dae sal alles uitmekaar val. Alles en almal kom in opstand teen God en geregtigheid. Bileam staan vir rebelsheid en vernietigende skeuring van als wat goed is. Die goddelosis in Suid Afrika sal nie verander nie wat hulle kies om God nie te dien nie. Selfs ons president sal nie eens agter Israel staan nie en God se sraf wag op hulle

Chivago ·

Nes ‘n trop skape, of is dit monkey see – monkey do? Steek mekaar op totdat daar massas is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.