Studente by Fort Klapperkop aangeval

Die uitsig by Fort Klapperkop in die aand. Foto: Hi-Risk Unit

Wat vir ʼn groep studente die begin van ʼn aandjie uit sou wees om die einde van die kwartaal se eksamens te vier, het vinnig in ʼn nagmerrie ontaard toe hulle by ʼn gewilde natuurreservaat in Pretoria aangeval is.

Elaine Samons, een van die slagoffers se ma, het Woensdag aan Maroela Media gesê haar dogter, twee vriendinne en twee vriende, almal studente aan die Tshwane Universiteit van Tegnologie (TUT) en tussen 19 en 20 jaar oud, is Vrydagaand in die Fort Klapperkop-natuurreservaat in Groenkloof aangeval.

“My dogter en van die ander vriende was nog nie daar gewees nie en wou gaan kyk hoe dit daar lyk. Hulle was van plan om eerste daar te stop, waarna hulle elders verder sou gaan kuier het,” het Samons gesê.

Die groep vriende het omstreeks 20:00 in twee voertuie by die natuurreservaat ingery en by een van die uitkykpunte stilgehou.

“Hulle het skaars uitgeklim en op die bankies gaan sit om na die stad se liggies te kyk toe hulle deur ses mans aangeval is. Die mans was gewapen met ʼn vuurwapen, messe, skoktoestelle en ʼn knopkierie,” het Samons gesê.

Die aanvallers het die studente hardhandig behandel en gedwing om al die besittings wat hulle by hulle gehad het asook dié in hul voertuie aan hulle te oordhandig.

“Hulle het alles van die kinders gevat, selfs hul skoene. Daar was onder meer komberse, klere en ʼn gholfstok in die voertuie wat hulle ook gevat het en almal se beursies, juweliersware en selfone is ook gesteel. Die kinders is letterlik daar weg net met die klere aan hul lywe.”

Volgens Samons is die twee jong mans en haar dogter tydens die voorval aangerand, maar niemand van hulle het mediese behandeling nodig gehad nie. “Hulle is almal wel erg getraumatiseerd en moes berading ontvang.”

Samons verduidelik die verdagtes het ná hul rooftog, “wat soos ʼn ewigheid gevoel het maar sowat tien minute geduur het”, die studente terug in hul voertuie gedwing en hulle verjaag deur die voertuie met klippe te gooi.

Die groep vriende is van daar direk na die Brooklyn-polisiestasie om die voorval aan te meld. Hulle is kaalvoet by die stasie in, maar is glo daar weggewys en aangesê om die saak by die Sunnyside-polisie aan te meld in wie se polisiëringsgebied die reservaat val. Hulle was te getraumatiseerd en het Saterdag met die hulp van hul ouers aangedring dat die Brooklyn-polisiestasie ʼn saak van roof aanhangig maak. Die saak is vandaar na die Sunnyside-polisie oorgeplaas vir verdere ondersoek.

Kapt. Daniel Mavimbela, woordvoerder van die Sunnyside-polisie, het Woensdag aan Maroela Media bevestig ʼn saak van roof word ondersoek. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

“Fort Klapperkop is ʼn probleempunt en die polisie doen gereeld daar patrollies om sigbaarheid te verseker. Die bergagtige terrein bied egter uitdagings. Die polisie doen ʼn beroep op besoekers om versigtig daar te wees en nie die reservaat in die aand te besoek nie,” het Mavimbela gesê.

Kapt. Colette Weilbach, woordvoerder van die Brooklyn-polisie, het aan Maroela Media gesê ʼn interne ondersoek is van stapel gestuur waarom die groep vriende Vrydagaand by die stasie weggewys is en nie dadelik gehelp is nie.

“Die polisie mag nie klaers wegwys nie. ʼn Klaer kan ʼn saak by enige polisiestasie aanhangig maak. Sake sal van daar na die betrokke polisiestasie oorgeplaas word wat dit verder sal ondersoek,” het Weilbach gesê.

Samons het gesê die Sunnyside- en Brooklyn-polisie het reeds intussen met hulle in verbinding getree en die groep vriende se verklarings behoort binnekort afgeneem te word.

“Ons is Saterdag terug na die toneel. Skaars 30 m van waar die kinders aangeval is, is daar verskeie bankkaarte, kledingstukke en goed wat gesteel is, gevind. Daardie is beslis ʼn probleemgebied wat al vele slagoffers geëis het. Ons wil net hê die polisie moet ingryp en terselfde tyd ander mense ook waarsku om ten alle tye daar versigtig te wees,” het Samons gesê.

Shaun Wilkinson, die raadslid van die omgewing waarin die reservaat val, het aan Maroela Media gesê die terrein behoort aan die Tshwane-metro.

“Veiligheid in die aande is ʼn groot probleem en die metro gebruik die dienste van die polisie, metropolisie en veiligheidsmaatskappye om die gebied te probeer beveilig,” het Wilkinson gesê.

Hy het gesê daar was Dinsdag ʼn lang vergadering met die plaaslike LUR van omgewingsake waartydens daar besluit is om dringend ʼn werkbare oplossing te vind vir die vlaag aanvalle by die reservaat die afgelope tyd.

“Veiligheid is die grootse behoefte en geniet die hoogste prioriteit. Daar is egter begrotingsprobleme om in gedagte te hou. Die gebied is al goed gefynkam. Daar is nêrens ʼn spesifieke nes waar die aanvallers permanent bly nie. Ons vermoed hulle word deur die dag daar afgelaai en kruip dan in die gebied weg totdat hulle ná sononder op hul slagoffers toesak,” het hy gesê.

Hy het gesê ʼn vergadering word Vrydag met alle rolspelers en die gemeenskap gehou om oplossings vir die aanvalle te probeer vind. “Een van moontlikhede wat bespreek gaan word, is om die reservaat saans te sluit en slegs deur die dag vir besoekers oop te maak,” het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

67 Kommentare

Irene ·

Sleg dat jy by polisie stasie weggewys word mens soek hulp wat nou

Rudolph ·

Teen die tyd behoort almal te weet jy gaan nie na n plek as jy Nie gewapen is nie. Man of vrou dit is vir moeilikheid soek.

Jaco ·

Selfs toe ek op skool was het almal geweet jy stop nie daar nie, en dit is al 20 jaar terug

Nagbesoek ·

Is dit wys om in hierdie land na n reservaat met so n reputasie te gaan? Beslis nie.

christa ·

Rudolph en Jaco ek stem saam met julle. Dis eerstens nie ‘n plek om te wees nie, tweedens nie in die nag nie, derdens nie in hierdie wilde en gevaarlike tyd van SA nie. Jy is nerens meer veilig nie.

Nadia ·

So niemand mag meer die lewe geniet nie reken julle? Dis nonsense die dat ons altyd tuis moet bly oor misdadigers liewe genade mens lewe een keer… Metro moet iets hieran doen sodat ons die natuur kan geniet en nie net altyd moet weg kruip nie dis bull.

Albaster ·

Ja jy lewe net een keer, daarom moet jy onnodige risiko vermy.

Nadia ·

Nee… die dood straf moet terug kom en die regering reg kom. Ek sien nie ‘n toekoms vir die land nie… Cele moet iets doen

elize ·

metro skikker in hul afwesigheid, prober hulle bel in verband met enige klagte en die kanse om n alien te sien is baie beter as wat Metro hulle telephone antwoord

Avra ·

Geniet jou lewe Nadia. Hoop jy is veilig waar jy ook al sit of staan.

Die ander plek om te vermy, indien mense nie weet nie, is die fonteine. Ook vir 20 jaar plus – bly weg.

Alida 2 ·

Nou is almal besig om raad uit te deel.
Die Metro moet ingryp. As ‘n boer buite is en word aangeval is daar altyd baie kritiek.
Bly binne
Wat soek jy buite
Hoekom wou jy kyk wat aangaan.
Waar is jou sekuriteit, Heinings, alarms, honde ens. ens.
Ons is ook op ons eie aangewese. Kan ook nie by bure kuier nie.
Voel hoe voel dit om heeltyd bedag daarop te wees dat iets kan gebeur.

Nogtans is ek bly dat dinge nie vir die jongmense erger uitgedraai het nie.

Liberaal ·

Die polisie gaan nie ingryp nie, hierdie honger parkbewoners word beskerm deur baie sterk liberale misdadigerregte.

marous ·

Waarom erken Cele nie dat misdaad buite beheer is en daar geen plek is waar mense vrylik rond kan beweeg in die land nie ?Die polisie het reeds die onderspit gedelf met misdaad voorkoming en hy weet dit baie goed . Dit help nie om pleisters op te plak met ondersoeke nie . Daar is nie genoeg howe in die wereld om die sake te hanteer nie . As die weermag ingeroep word is dit krygswet en ek glo dat hy weet wat dit beteken .

Cherokee ·

Jy sal onthou die ANC het in die 80’s beloof om die land onregeerbaar te maak. Dit het (vir hulle) geboemerang.

LB ·

Daar is mense wat nie wil wakker word of gehoor gee aan waarskuwings nie. Ek het vir ‘n jong vroulike lid van ons familie gewaarsku om daar by Klapperkop weg te bly omdat hulle gereeld daar liggies kyk na ‘n aandjie uit, my waarskuwing is as negatief en ek is as ‘n mens vol vrese afgemaak en dat ek die kinders moet los om hul lewens voluit te leef.

Wel, hierdie studente leef seker ook voluit en lees ook geen koerant nie maar die trauma sal letsels los, Ek is dankbaar vir hulle dat dinge nie veel erger afgeloop het nie.

WIEBO ·

Die studente moenie kla nie. ALMAL in Pretoria weet dat jy nie soontoe gaan in die aand nie. Bly hulle het nie ernstige beserings opgedoen nie.

Des ·

@Wiebo, dan moet boere ook nie kla nie? Want almal weet jy moenie op n plaas wees nie?

Koos ·

Presies. Dit was al in die 1990’s so. Selfde geld Seinheuwel in Aapstad.

Andre ·

Mense droom aan. Die polisie doen niks nie. Na al die aanvalle sou jy dink die polisie sou al ‘n lokval gestel het, dan kan hulle ook hul eie raad volg wat hulle so vrylik uitdeel…..??

Nettie ·

@Koos …. ek sien hier is alweer iemand wa Kaapstad …. Slaapstad/Slaapfontein/Aapstad noem. Lekker jaloers julle Valies, want julle weet nie meer wat dit is om in ‘n relatiewe werkende provinsie of relatiewe werkende dorp/stad te woon nie. Al wat julle sing is “Dis lekker om te bewe, in Gauteng-e-leng”. En dan het julle nie eens mooi berge, natuurskoon en lekker wyn soos “Aapstad/Slaapstad/Slaapfontein” nie.

TP ·

Die skelms loop vry buite en ons sit in tronke – nou al dag en nag – hoe waar was Siener van Rensburg se woorde nie. Nerens meer veilig maar hulle kom en gaan soos hulle wil want hulle is kamstig te veel om te beheer. Moes nooit hand uit geruk het nie.
Pateties man………….

Johnna ·

Nee regtig so kan dit mos nie aangaan nie.Die skelms weet hulle kry borg en free boarding and lodging as hulle dalk gevonnis sal word.
Wat gaan met ons land gebeur as die regering nie nou gaan optree nie.My mening is verwyder die skurke uit ons samelewing uit.

AmY ·

Jy kan nêrens meer gaan nie. En bly jy by die huis, is die kans goed dat jy in jou eie huis ook aangeval kan word. Jy kan nie eens meer om ‘n braaivleisvuur kuier nie.

Niel ·

Ek het altyd Saterdae daar gaan draf maar ‘n vriend is helder oordag daar beroof toe hy gedraf het. Ons het geen vryheid meer nie

Willie ·

Die polisie weet lank jare al van die boewe daar, stel n trap… maar hulle doen dit mos nie weer nie…

Bert ·

Die polisie gaan mos nie ‘n lokval vir hul eie broers stel nie!!

Harry ·

Die onverskillige studente kan hul sterre dank, want hierdie 6 aanvallers was heel waarskynlik die sluipslapers wat in die omgewing van die Fonteine/Voortrekkermonument/Sunnyside onder die brue bly – hulle was nie daar om te verkrag, te moor, te ontvoer, ernstig te beseer, of motors te roof nie, maar het basiese behoeftes soos geld, klere, skoene, komberse geroof. Dis maar net 2-3 km se kortpad stap deur die bos/veld om by die eertse uitkykpunt uit te kom.

Karel ·

Ons is self daar aangeval, so 9jaar terug, die polisie en reservaat het presies dieselfde gese, hulle weet nou al vir JARE van die probleem, maar doen absoluut niks om dit te verhoed nie. Ons was 5 pelle gewees, aangeval deur 7 met messe en vuurwapens, 2 is gesteek in die voorval, 1 meer as 13keer, vir n selfoon en R75

Karel ·

@Anton, Ek wens ons kon vuurwapens he, ons was toe maar st8

christa ·

Nadia ek stem saam met jou dat jy nerens meer kan gaan nie. Dis SA en hier is jy nie eers bedags veilig nie, wat nog te se snags. as jy sulke plekke besoek moet jy nie gaan kla as jy probleme optel nie.

ACJ ·

ek stem moenie gaan kla as jy sulke plekke gaan besoek in die nag nie

christa ·

kinders van vandag luister nie meer vir grootmense nie. Hulle leer maar op die harde manier. Dit help nie om te se die polisie moet optree nie, hulle doen dit nie. Maar so kan jy jou lewe kwyt wees.

lee ·

Jammer – maar dit was nou vir moeilikheid soek!!
Die jongmense kan hul sterre dank dat hulle leef en ook nie verkrag is nie.
Kyk asb saans saam jul ouers nuus – dis ongelukkig die wrede, ware, werklikheid waarmee ons moet saamleef..

Wilma ·

Rerig simpatie met jong mense en kids maar die harde werklikheid is dat SA verval het in anargie en die ANC het ni die wil om iets omtrent dit te doen nie. Tragies maar ons kids moet maar landuit indien hul iets van hul lewe wil geniet

Katerina ·

Ek is maar bly dat my oudste dogter getroud is met 2 babas,so sy is maar altyd tuis,en my jongste dogter het n ordentlike kerel.Hulle gaan net na uitgaanplekke waar daar baie jong mense is. Maar weet jy dit gee my nog steeds grys hare van kommer dat my oudste bedags alleen tuis is met haar babas,en dat my jongste en haar kerel op die land se paaie moet ry selfs..ek is n vreeslike Mother Hen en bekommer my elke dag oor my kinders in Die land. Ek is baie bly vir die jongmense in die berig dat hulle so lig daarvan afgekom het. As ek moes uitvind my kinders was op so n verlate plek in die aand sou ek seker n beroerte gekry het..

Popsa ·

Wat het hulle dan verwag? Skrik wakker, jongmense. Kry ore aan jou kop. Jy kan vandag (of vanaand) ongelukkig nie meer maak wat jy wil nie. Hierdie is die nuwe Suid-Afrika. Dit help nie ek sê dis my reg en vergeet doelbewus van die realiteit rondom my ter wille van pret nie. Dit kan jou jou lewe kos om so te redeneer (soos dit ook wel dikwels gebeur). In hierdie dae moet ons wys en wakker wees, dag en nag, waar ons ookal gaan. Gebruik jou verstand en beweeg nie op ‘n terrein as jy voor jou siel weet dat jy daar in gevaar is nie. Neem verantwoordelikheid vir jouself en vir ander by jou. Niemand wil dit so hê nie, maar ongelukkig is dit hoe dinge gebeur vandag. Laat ons dus die beste van ‘n slegte saak maak en sorg dat ons altyd op veilige terrein beweeg. Selfs in jou huis en in jou bed is jy soms nie meer veilig nie, maar dan was jy ten minste wys en waaksaam. En voorbereid.

Saartjie ·

Wat soek hulle daar? In die nag? Dom vraag… As jy nog nie daar was nie en die plek wil sien – gaan soontoe deur die DAG- alhoewel ALMAL weet – selfs deur die dag is dit ‘n gevaarlike plek om te gaan.

Johanna Botha ·

En die polisie weet van dit ….maar stel geen lokval en vang die mense …..PATETIES ! !

Joey ·

Ek’s bly nie meer tussen Saffas nie, hier word mens beroof, en dis HULLE skuld. As almal oral moet vermy wat daar goed al gebeur het, hoekom is daar dan nog boere? Hoekom is daar mense nog in Menlyn?

Skepties ·

Want misdaadrisiko verskil van plek tot plek. In sekere plekke gebeur iets miskien een keer in 10 jaar en ander plekke, veral hierdie gebied, gebeur iets amper daagliks en as jy in die nag daarheen gaan is jou kanse baie groot om aangeval te word.

Se net ·

En weereens VERGEET mense dat hierdie iemand se kinders is en dat hierdie mense deur hel gaan op die oomblik!!!!

TDW ·

Die polisie gaan almal aanraai om asb teen sononder agter geslote deure te wees en om nie die huis onder enige omstandighede te verlaat nie. Soos in die wêreldoorloë. Want dis wat aan die gang is. Ons is in ‘n oorlog betrokke, maar ons is ontwapen en kan nie onsself beskerm nie. En as jy durf jouself beskerm moet jy die moontlikheid van tronkstraf in die gesig staar. Dis werklik belaglik.

Mornay ·

AI ja nou is die vry plek ook ta bo ek was 25 jaar terug daar
Ek hoop ander wat die plek besoek neem notas van GEMASKERDESOP BEEN se uitnodiging

Sterkte

AD ·

Na 5uur bly jy binne en sluit alles en aktiveer alarm. Ongelukkig is dit hoe mens oorleef in SA. As jy gelukkig is….

Ronel ·

Weet jul slimjanne wat die kinders so stenig dat nie een van die kinders van Pta is nie? Duidelik het die kinders nie geweet wat daar aangaan nie anders sou hul nie daar gewees het nie. Hou op om die kinders en hul ouers te stenig, hulle ervaar reeds genoeg trauma. Gebruik eerder hierdie berig om ander bewus te maak van die gevaar.

Se Net ·

Ek stem saam met jou Ronel! Mense is darem maar baie vinnig om n eiertjie te le! Sterkte aan die kinders en ouers

Apaties ·

Dis jammer dat ons samelewing altyd by die misdadigers se doen en late moet aanpas. Mense aanvaar maar net dat dit is soos dit is.

carel ·

my een seun is al 9 jaar in kanada. die ander een al twee jaar in australie. nog geen probleme nie en die kinders speel tot donker buite.
ek wonder wat is die verskil?????

Reguit ·

Ek geniet die lewe ook baie vêr weg van daai wonderlike reënbooghool, en die verskil is MASSIEF. Maar ons mag mos nie sê wat/waarom die verskil is nie. So, ons bly maar stil daaroor. Diegene wat oorsee woon weet presies wát hierdie verskil is.

Reguit ·

In Azanië neem jy ‘n besondere hoër risiko op jou lewe wanneer jy:

– Jou huis verlaat
– In jou oprit ry of parkeer
– Op die paaie ry of ‘n pap wiel kry
– By ‘n robot of stopteken stilhou
– Jou woning verlaat of net om die blok stap, verál in die aand
– Gaan draf of fiets ry
– By ‘n OTM geld trek
– Met juwele of ‘n duur horlosie rond loop (selfs net met ‘n selfoon)
– Iewers wil gaan staan om ‘n uitsig te bewonder

Ensovoorts

Dws ‘n normale lewe in Azanië is nie meer moontlik nie.

Daarom emigreer mense.

Sefbeskikking ·

En daarom moet daar selfbeskikkingsonderhandelinge kom vir die wat nie kan emmigreer nie.

Micaela ·

As a sister of one of the victims who is in extreme shock and traumatized I find it disturbing and sad how a community can throw such harsh comments about people they clearly don’t know instead of standing together and working to warn others and protect them from experiencing the same thing.

If you people say it had been a problem for so long then why has NOTHING been done about it? If something was then this wouldn’t happen. They are not from Pretoria so they don’t know these crime spots, yet some of you judge so quickly.

All I can say is that you should think before you comment and I pray that none of you or your children ever go through such an ordeal.

Please, if you don’t have anything positive to add to this horrible situation then respect the victims and their parents by not commenting further- it really is not needed or appreciated.

In a country like this we should be standing and working together to prevent such things from happening.

By posting such negative comments regarding the group then you are defending the criminals and I don’t think that was the point of such article. The purpose was to make people aware.

anton ·

Dit maak nie saak of jy Pta ken of nie. Die hele S.A is n gevaarlike plek om in te woon en die wat dit nog nie besef nie, lewe n droom!!!
Jy vra hoekom is daar nog niks aan die probleem gedoen nie maar wie moet die probleem oplos? Die polisie wat veronderstel is om dit te doen, doen niks daaraan nie en die meeste mense weet dit ook.
Dus as mense nie weet wat aangaan in die land nie, kan hulle net hulself blameer want party mense lees, luister en kyk nie na die nuus van die land nie!!!
Onkunde is dus nie regtig n verskoning nie.

Theresa ·

Actually a case should be made against the Metro – failing their duty to see that this place (like many others) remain safe and do not tolerate criminals lurking around.
I think most people (although comments may read negative) actually are in sympathy with the victims. People are threatened by criminals 24 hours a day in this country – that is why we should demand safety practices so that nature reserves; shops; malls; even our houses, etc. may be enjoyed and not be places nurturing criminals. Thanks for making people aware of yet another attack. It is of importance. Hope the young people are working through this trauma.

Nico ·

Min of gen mense onthou Nic Arlow wat in die laat 50’s en vroeë 60’s verbonde was aan die Sunnyside polisiestasie. In sy dae het mense veilig daar gelewe. Hy het o.a. Fort Klapperkom skoongemaak en ‘n klomp rowers. soos die berugte pangaman. uit hierdie wêreld uitgehelp en van hulle voorvadergeeste gemaak het. Nic was so toegewy en gedug dat hy later uit die polisie afgedank was en toe begin die moeilikheid. Die kat is deur sotte verwyder en toe is die muise baas. Nic was ‘n baas polisieman sonder weerga, van die beste.

Sputnik ·

Ek onthou die groot indruk wat die twee polisiemanne, wat destyds die pangaman by Fonteine in ‘n motor voorgelê en vasgetrek het, op my gemaak het. Toe was die polisie nog ernstig om probleme op te los.

Kapenaar ·

Micaela so jammer om te lees van die studente. Terwyl ek lees besef ek my seun in Potchefstroom universiteit en hul gaan gereeld braai hoe sal hul as studente weet of dit dalk nie ook gevaarlik is waar hul weg van die kampus braai nie. Ek lees almal se kommentaar en dink by myself hoe kan jy sulke lelike REMARKS sit as jy nie weet wat die omstandighede was nie. Is hul nie dalk so ver soos my kind uit n ander stad nie en ken dus nie die gevare daar nie. Mense se REMARKS verbaas my elke dag maar ons praat weer as dit 1 van hul kinders is. My hart gaan uit na die kinders maar Dank die Vader hul veilig want dit kon sooooo tragiese einde gehad het. Sterkte jul elkeen

Hendrik ·

Ek weet van twee blanke polisie beamtes wat in daai spesifieke area gewerk het en baie van hul gevang het, ook gryp diewe by die sirkel maar id daar weg gevat omdat n kolonel van sap da verby gery het laat nag en hul sien koffie drink het.

Keet ·

Ek skaam myself dood vir julle lot Saffas, blameer die victims, en dan “die polisie moet dit doen” julle weet nou al vir hoelank die polisie doen niks, maar tog is julle te goed om self iets te doen. Jy klae oor die toestand van die land, nou doen iets daaromtrent. Ek noem myself die grootste trots n Argentyn.

Naas ·

Die slimstories en beterweterigheid wat gedurig slagoffers van misdaad uitkryt as outeurs van hulle eie lot is sinlose drogredenasies. Dit is niks anders as die kort rokkie verwyt in verkragtingsake nie.

Afrikaanse Knaap ·

Het ons nog ‘n polisie “diens”? Ek weet daar is ‘n plek waar ‘n man alle skade wat met hom gebeur het kan aanmeld, maar ek sal dit nou nie ‘n diens noem nie. Meer soos ‘n “crime data capturing centre”. En nou deesdae ook ‘n bron van wapens vir kriminele.

Klapperkop ·

Klapperkop was al in die 1950’s nie ‘n veilige plek om te wees nie. Mense leer nie, jy kan nie daar gaan liggies kyk in die aand nie. Dis vir moeilikheid soek.

Theresa ·

Al is dit ‘n onveilige plek, is dit eintlik ‘n NATUURRESERVAAT. Dis nie veronderstel om enige plakkery, kriminele aktiwiteite of mense daar te huisves of te herberg of toe te laat wat ander kan kwaaddoen nie.
Verwyder diegene wat nie daar hoort nie. Dan kan mens na hartelus die pragtige plek geniet. Het SO gehoop meneer Cele sal dinge nou begin vasvat. Sien daagliks hoe plekke wat afgesper is vir bewaring beplak word. Waarom word dit toegelaat?! Die ouers en aangevaldes moet ‘n saak teen die Metro instel. Die plek moet veilig wees.

madels ·

So net omdat daar soveel geweld in die land is mag ons nie meer in die aand by die mooiste uitkyk oor die stad, stilhou nie!? Hoekom moet alles van ons af weggeneem word net omdat ons so in vrees moet lewe dat nie eers in n plek soos Fort Klapperkop jy meer veilig is nie. Die polisie moet eerder hul werk doen en die area behoorlik patroleer SODAT ons die vryheid kan he om alle areas in SA kan geniet, in die middernag ook!

Dexter ·

Ek dink dis weer tyd dat ‘n paar vriende weer in die aand daar gaan sit en die uitsig geniet en wag vir die geselskap, soos 20/25 jaar gelede. Kan nie van die polisie verwag om elke plek te beveilig nie. Ons kan ook ons deel doen. En ons het nog die reg op “selfverdediging” *glimlag*

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.