Studente deur ‘polisielede’ afgetrek, beroof

Danilo von Ludwiger (Foto: Verskaf)

Twee eerstejaarstudente wat medies studeer aan die Universiteit van Pretoria is Dinsdag vroegoggend deur twee mans, oënskynlik polisiemanne, van die R80-snelweg afgetrek en van al hul besittings beroof.

Die 19-jarige Danilo von Ludwiger het Dinsdagmiddag aan Maroela Media gesê hy en sy mede-student Trusty Kavasuva (19) was omstreeks 04:40 in sy blou Ford Fiesta oppad na hul ouerhuise in Namibië. Die twee is reeds op vakansie, aangesien albei gepromoveer het en nie eksamen hoef te skryf nie.

Dié twee jong mense sou nooit kon raai dat hulle enkele minute later sonder dié motor of enige ander besittings gestrand langs die pad sou staan nie.

Von Ludwiger vertel hulle was skaars op die snelweg toe ’n polisievoertuig agter hulle te voorskyn kom en sy ligte flits.

“Die polisielede het die blou ligte in hul voertuig aangesit en ek het afgetrek soos dit maar van ʼn mens verwag word,” sê Von Ludwiger.

Hy vertel twee mans in hul 30’, in polisieuniform, het uit die voertuig geklim en sy registrasienommer nagegaan voordat hulle vir sy bestuurderslisensie gevra het. Daarna het die polisiebeamptes gevra dat Von Ludwiger en Kavasuva uit die motor klim, sodat hulle ondersoek kan word.

“Dit was alles volgens protokol en ek het nie eers iets vermoed nie. Daar was ’n ongemaklike stilte en toe stamp een van die mans my van agter en ruk ’n vuurwapen uit,” vertel Von Ludwiger.

Hy verduidelik dat die polisielede hulle op ’n heuwel voorgekeer het. Hy en Kavasuva het oor ’n versperring langs die pad gespring en die heuwel afgehardloop waarna die polisielede met Von Ludwiger se motor en al hul besittings op die vlug geslaan het. Dié motor het ’n Namibiese registrasienommer.

Afgesien van ’n paar skrape wat hulle in die hardloop opgedoen het, is die twee jong mense ongedeerd ná die voorval. Hulle is wel nog getraumatiseer, sê Von Ludwiger.

Nadat die polisielede weggery en hulle tot verhaal gekom het, het Von Ludwiger en Kavasuva terug na die snelweg gestap waar hulle die eerste motor wat verbygekom het voorgekeer het. Dié was ’n sekuriteitsmotor wat hulle na ’n polisiestasie geneem het.

“Omdat ons op pad was huis toe, was alles in die motor wat hulle gevat het. Al my klere, my skootrekenaar, my paspoort, ID en geld. Ons kon wel noodreisdokumente kry en sal binnekort huis toe vlieg. Ek wil net by die huis kom,” sê hy. “Ek is net gelukkig ek leef.”

Maroela Media het die polisie vir kommentaar genader en wag op terugvoer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

37 Kommentare

Lolla ·

Jy word ondersoek deur jou DR en deursoek deur lid SAPD lid.

Oupahen ·

Lolla, of hulle deursoek was of ondersoek was, ek sweer dit was regte polisielede.

Vraagteken ·

Almal wat SAPD skreeu, julle weet nie eers of die manne regte polisielede was nie…

Rooi Jan ·

Bloulig voertuig, polisie uniform klink vir my soos polisie. En as dit nie is moet die polisie optree teen die struikrowers wat hierdie misdade in hul naam pleeg. Hulle is of te vrot of hulle keur dit goed. Polisie ga ons het lankal nie meer polisie net struikrowers in uniform.

LHS ·

Nou ma as hierdie rowers gevlug het met die kinders se voertuig, wat het geword van die sogenaamde polisievoertuig?

Nee ·

Wat beteken hulle het gepromoveerd en het nie nodig om eksamen te skryf nie

Sarel ·

Hulle semester punte vir al die toetse wat tel vir die einde van die semester is reeds gelyk aan die slaag syfer…. promoveer…. kan sê reeds geslaag!
Dis hoe mens dit doen manne. Geluk

@Nee ·

Anders as by die ander fakulteite waar studente nog eksamens moet aflê, slaag mediese studente hulle akademiese jaar slegs op semester punte. (Of eerder kwartaal punte)
Lekker ne. Ek wens ingenieurswese was ook so maar dan, wat het met die spesialis sjirurgie eksamen gebeur??

Piet ·

“Nee”, die semestertoetse wat die mediese studente skryf handel gewoonlik oor al die werk wat reeds gedoen is. Dit sluit ook ‘n praktiese vaardigheidstoets in. Dis basies ‘n eksamen maar met ‘n ander naam. Die volume werk wat afgehandel word per eenheid is te veel om al die eenhede se eksamens in een of twee weke in te pas soos by ander fakulteite. Ek kan jou verseker daar word niks gekompenseer op kwaliteit en moeilikheidsgraad nie. Daardie studente buig die hele jaar. Hulle ander vakansies is ook baie korter as die van die ander studente. As hulle promoveer, verdien hulle dit werklik en ook die langer Desember vakansie. Hulle begin ook reeds die eerste week in Januarie en Februarie soos die res nie.

Johanna Botha ·

Baievpolisie lede self het rekords …wat n vrot spul !

Koebaai SA ·

Maar net nóg een van die duisende simptome van ‘n vrot land.

Waarheid ·

Ai jong manne ek is so jammer oor julle verlies.
Ek dink aan julle en beskou dit eerder as n leerskool oor die ware SA.
Sterkte vorentoe.

Stelling ·

Net die ander dag word ons ook afgetrek vir geen rede deur die polisie. Ek trek toe af en twee met uniform nader my venster. Ek vra kan ek help, hy se dadelik “switch of your vehicle”, ek vra weer kan ek help. Hy se you must get out we want to do “random” search, toe vra ek sy polisie dokument en sy bevelvoerder se nommer. Toe se hy iets oor white people, en hulle klim terug in hul kar en jaag soos besete mense daar weg. Mense my punt is, moet nie net ingee nie, my vader ons het regte!

Asjas ·

Jy het die regte ding gedoen. Ek doen dit ALTYD, al bel ek net my man. Hy staan maar rustig en wag totdat ek sy naam en nommer het en my “location” vir iemand gestuur het. Hierdie proses skrik baie van hulle af en dan mompel hulle ook iets en ry weg? Ek maak dit baie duidelik dat ek hulle gladnie vertrou of glo dat hulle werklik polisie is nie.

Sê maar net ·

Ai weet jy…ek is moeg om te hoor ons land is vrot. Daar is absoluut niks fout met ons land nie. Daar is fout met die frot mense van hierdie land

Nettie ·

@Sê maar net, ek verskil van jou: die fout lê by die VROT mense van die land.

Michelle ·

Dit was n baiebaie traumaties ervaring die twee studente kom studeer in ons land en hul word beroof deur die einste blou broek bende wat hulself polisie noem wat hul moet vertrou hoe is van die mense is die eerste plek goedgekeur om daardie uniform aan te trek dit wil my voorkom daar is op ‘n stadium maar net mense in diens geneem om poste vol te maak. Nou sit hul met ‘n handjievol ordentlik polisie manne wat hul sout werd is en die res kriminele.

PJC ·

Dalk word uniforms en blou ligte nou saam met die wapens verhuur. Wie sal weet?

TDW ·

Hierdie is nie die eerste geval nie. Lyk my dis ‘n nuwe MO. Wat wel nuut is is die polisie klere. Ek het nou al 2 vriende van my wat so gevang is. Die blou lig was voor in die venster, nie ‘n polisie kar nie. Die “polisielede” het siwies aangehad. Gevra vir lisensie. Een vriend het onraad vermoed en weggery, die ander is gekaap.
Dis goed om te weet van die nuwe tendense.

Feite ·

Hier is die feite! Gewapende blouligbende rowers asook gewapende huisrowers se modus operandi is om slagoffers trompop te skiet. Dit is om slagoffers buite aksie te stel sodat niks vir die rowers op die toneel verkeerd kan loop nie. Hierdie modus operandi van rowers was onlangs in n onderhoud met n rower op Carte Blanche vertoon, o ja ek het vergeet dat van die mede kommentators, net soos Steve nie meer DSTV het nie. Dankbaar dat die twee jongmanne oorleef het!

Swanna ·

Rooi Jan jy vat die woorde netso uit my mond uit. Hoekom ondersoek die polisie die saak deuglik nie en lewer bewyse dat dit van hul lede is of nie en as dit nie hul lede is nie tree sterk op teen hierdie kaders, maar begin om op te tree teen misdaad want as ek ‘n persoon in ‘n polisie uniform sien sien ek hom/sy aan as ‘n polisie of sal ons hulle nou monitors noem.

Heksie ·

Nog korruptes in blou … ja Mnr. Cele, jy sal 99.99% van die polisielede moet afdank as jy korrupsie wil uitroei, maar dit sal nie gedoen word nie!

Anne ·

Ek stem Heksie. Net jammer Cele lees nie Afrikaans nie. Ek sal nie afgetrek word nie. Ek sal ry na ‘n polisie stasie. Veral as ek alleen bestuur.

Frieda ·

n Vriend van my was ook verlede week 3 uur die oggend op pad werk toe , deur 2 “Polisie manne” afgetrek, ook met n blou lug en Polisie voertuig. Na hulle hom ondervra het, het hul het hom ook gevra om uit te klim, waarna hy genadiglik besef het dit kan n lokval wees. My vriend het net gese “nee” en het so vining as moontlik weg gejaag.

Brakkies ·

Welkom in di Nuwe Suid Afrika……dan moet ons trots wees…..op wat…….

mini ·

hier het af diens polisieman n sap bakkie by n huis gesien in vroe oggendure, so hulle stel ondersoek in.. en vang die die manne…. en raai wat… die manne is toe al klaar in tronk vir misdade. maar die “goeie” polisiemanne sluit hul selle oop en vat hulle na huise toe wat hulle weet is goed om te roof… na die tyd kom dit uit dat daar was al klaar ondersoek omrede die vingerafdrukke dan wys die knape is al klaar in tronk…. so ons kan net nie wen nie

Reg? ·

Ek ry ‘n voertuig wat die rowers baie lief voor is om te kaap. Mag ek weier om te stop as hulle my beveel en na die naaste SAPD ry?

Pieter ·

@Pieter, toe ek nog in die polisie was, was dit wettig om hulle te sê om jou te volg na die naaste polisie stasie. As jy weg jaag na die naaste polisie stasie, het jy niks om weg te steek nie en kan hulle niks aan jou doen nie. Kyk of hulle jou dan volg!!! Behoort snaaks te wees . . .

Sinies ·

Indien polisielede l aan beplande misdaad deelneem of fasiliteer behoort die toepaslike strawwe verdubbel te word.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.