Studente eis beter sekuriteit ná verkragting, roof

Studente betoog by die Nelson Mandela- Metropolitaanse Universiteit (NMMU) Foto: Raahil Sain/ANA

Honderde studente van die Nelson Mandela- Metropolitaanse Universiteit (NMMU) het Dinsdag op die kampus betoog ná die beweerde verkragting en roof van twee studente Maandagaand.

ʼn 25-jarige student en haar vriendin is op ʼn gewelddadige wyse aangeval by die kampus in Port Elizabeth toe hulle in ʼn rekenaarlaboratorium was. Een van hulle het ʼn desperate boodskap op Facebook gepubliseer: “an someone please csend help we are beinf rapoed 2nd avenue campus fashjoom” (sic).

Ná die hulpkreet het ʼn storm op sosiale media losgebars en foto’s van die vermeende oortreder is rondgestuur. Hy het ʼn oranje hemp, pet en handskoene aangehad volgens die foto wat ʼn skermgreep blyk te wees van kringtelevisiebeeldmateriaal.

Gratian Hewitt, ʼn werknemer van die universiteit, het aan die skare gesê hy was die eerste persoon op die toneel nadat hy op Facebook daarvan te hore gekom het. Toe hy by die gebou opgedaag het, was veiligheidsbeamptes nog onbewus van dit wat gebeur het, en ʼn vrou het na hom toe gekom wat onbedaarlik gehuil het.

“Ek het al die pad van die stad af kampus toe gery en ek was die eerste respondent op die boodskap, want die Suid-Afrikaanse Polisiediens het nie in daardie stadium reageer nie. Dit is die grootste misdaad in ons land – verkragting en geweld teen vroue. Die ergste ding wat ek gisteraand gesien het, was dat net een polisievoertuig uitgestuur is,” het Hewitt verduidelik. “Die tweede voertuig het van Kwamagxaki gekom – kyk hoe ver dit is en Humewood-polisiestasie is net hier, maar hulle het net een voertuig gestuur.”

Hy het gesê dit is kommerwekkend dat die voorval reg langs ʼn sogenaamde wêreldgehalte fasiliteit, die NMU Sakeskool, plaasgevind het.

Volgens die polisie het die aanvaller die studente met ʼn skêr gedreig en hulle selfone en beursies gesteel. Hy het een van die studente verkrag en die ander een met die skêr gesteek. Die verskrikte vroue is gedwing om ʼn rekenaar uit die gebou te dra. Die aanvaller het daarna die rekenaar by hulle afgeneem voor hy oor die heining gespring en gevlug het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Susanne ·

Dis baie hartseer. Maar as ek saam ‘n vriendin met ‘n sker gedreig word sal ons verwoed veg. Twee teen een. Sker wonde kan genees maar nie trauma van verkragting so maklik nie.

Hendrik ·

Hier gaan ons al weer…skree en maak geraas! Wanneer gasn hierdie studente begin om verantwoordelikheid te vat vir hul eie veiligheid? Sekuriteit is ongelukkig nodig, maar die grootste vetantwoordelikheid lê by die individu se gedrag en optrede. Natuurlik is geweld en veral verkragting net bloot krimineel, maar om net geraas te maak oor n megafoon is absurd!

Jannie ·

Ek dink nie die grootste misdaad is verkragting nie, ek dink dit bly plaasmoorde. Alle simpatie met die families van die studente, maar die SAPD dra net nie meer die verantwoordelikheid om te help nie. Hulle het altyd ‘n verskoning om nie op te daag nie. Dit geld vir alle oortredings. Miskien moet die universiteit dalk begin wakker word en begin met registers wat voltooi word as daar studente laat werk om die nodige veiligheids maatreels in te stel om hulle te beskerm.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.