Studente en personeel van UJ geskors

Universiteit van Johannesburg Foto: Aurobindo Ogra - Eie werk. via Wikimedia Commons

Universiteit van Johannesburg Foto: Aurobindo Ogra – Eie werk. via Wikimedia Commons

Vyf studente en talle personeellede van die Universiteit van Johannesburg is geskors ná betogings by die universiteit.

Prof. Ihron Rensburg, visekanselier, het gesê die universiteit het ʼn interdik bekom om verdere betogings te verhoed. “Die vyf studente en van die personeel het klagstate ontvang, maar nie die uitgekontrakteerde personeel nie, aangesien hulle nie in die UJ se diens is nie. Dissiplinêre stappe sal binnekort volg.”

Volgens Rensburg is die voorsitter van die studenteraad een van die studente wat geskors is. Hy het gesê die universiteit het twee uitkontrakteringskontrakte en die kontrakteurs het ook interdikte bekom om hul personeel te verhoed om te betoog.

Rensburg het vroeër gesê ʼn taakspan is op die been gebring om ondersoek in te stel na die gebruik van kontrakwerkers by die universiteit. “Vakbonde, die studenteraad en kenners sal deel vorm van die span wat uitkontraktering sal ondersoek.”

Betogings by die universiteit het Donderdag gewelddadig geraak. Rensburg het erken dat die universiteit ‘n “fout gemaak het” deur dienste soos skoonmaak uit te kontrakteer. “Uitkontraktering het die lewens van mense wat ons rommel optel beïnvloed en dit is verkeerd.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Gesie ·

Baie geluk prof Rensburg. Mag ander universiteite jul voorbeeld volg en elemente wat betoog en verwoes summier skors!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.