Studente en polisie pak mekaar vandag in hof

Studente buite die parlement. Foto: Twitter

Studente buite die parlement. Foto: Twitter

ʼn Aansoek deur betogende studente om ʼn hofinterdik teen die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) te bekom om polisiebeamptes te verhoed om inbreuk te maak op hul reg tot vreedsame protes, sal Donderdag in die Wes-Kaapse hooggeregshof aangehoor word.

Honderde studente het laat Woensdagaand voor die hof saamgedrom waar hul aansoek aangehoor sou word. Die hofverskyning het aanvanklik voortgegaan sonder enige regsverteenwoordiging van die polisie. Adiel Nacerodien, ʼn advokaat wat vir die SAPD optree, het uiteindelik by die hof opgedaag en aan regter Mape Dolamo gesê hy het meer tyd nodig om met sy kliënte te beraadslaag.

“Ek beklemtoon dat dit ʼn baie dringende saak dié is wat so spoedig moontlik aangespreek moet word,” het Dolamo aan Nacerodien gesê. Die saak is uitgestel tot 08:00 Donderdag.

Vroeër Woensdagaand het advokaat Sheldon Magardie, die studente en hul ouers se regsverteenwoordiger, aan die hof gesê die aansoek is net van toepassing op ‘n gedeelte van die Grondwet oor vreedsame betogings. Magardie het gesê hulle sal bewys dat die studente se regte deur die polisie ontneem is.

Pamela Dhlamini, ʼn betoger wat beweer lede van die polisie se eenheid vir openbare orde het haar en ander studente rondgestamp nadat hulle die parlementêre sekuriteit oortree het, was die eerste en enigste getuie wat Woensdag in die getuiebank was. Dhlamini het gesê die beamptes het studente met skilde en knuppels geslaan en die betogers met pepersproei gespuit.

Sy het gesê sy weet nie hoe dit gebeur het nie, maar die studente het hul pad tot by die Nasionale Vergadering oopbaklei. “Toe die polisie ons terugdruk, het ons die wit studente gevra om menseskilde vir die swart studente te wees. Die polisie sal minder gewelddadig teenoor wit studente wees.”

Verskeie studente is beseer toe die polisie die groep met mag by die hekke van die parlement uitgedruk het. “Hulle het ons heeltyd gevloek en gesê ons moet voertsek. Hulle het my hare getrek,” het sy gesê.

Ashram Mohamed wat as regsverteenwoordiger vir die Suid-Afrikaanse Studentekongres (Sasco) opgetree het, was ook by die hofverskyning teenwoordig. Hy het gesê hy wil die hof versoek om ten minste die 23 studente wat by die Kaapstad-polisiestasie aangehou word, vry te laat. Nog ses studente word by die Bellville-polisieselle aangehou.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

david ras ·

Pamela Dhlamini :…….die studente het hule pad tot by die Nasionale Vergadering oopbaklei….?
Baklei teen wie ? Dis dan ‘n vreedsame optog ,of hoe ?
Klink vir my na die nuutste truuk om eksamens te ontduik !

Dan ·

Wil hulle nou so wragtig toestemming he om alles wat bestaan te verrinneweer, dis wat arrogant genoem word. Kan dit wees dat die hof hulle toestemming sal gee????? O-nee dit moet nooit toegelaat word nie, dit is n plig van die polisie.

Dan ·

Ek kan dit nie glo dat my kommentaar verwyder word, aan wie se kant is julle Maroela?

Knersus D ·

My voorstel is dat tersieere instellings alle studie fooie opskort. Dan, binnekort sal daar geen universiteite en kolleges bestaan nie en dan kan ons van scratch af begin.

Swanna ·

Stem met jou saam. Maak sommer die opleidings Instansies ook toe sodat daar geen opleiding van alle soort kan plaasvind nie en laat die klomp boggers gaan werk. Want niks by hulle is ‘n voorreg nie alles moet gegee word en nog verniet ook. Die wat” WIL” leer sal bereit wees om te betaal vir opleiding.

Dan ·

Jammer Maroela ek sien agterna my mening is toegelaat, ek waardeer dit. Dankie.

Skarumba ·

Weti waarom wil almal nog universiteit toe gaan nie? So baie mense in top poste by SABC, SAL, ESKOM, ens het net Gr 3 en kyk hoe suksesvol is hulle? Skatryk en spekvet. Daar’s mense met tot 12 grade in die land, wat nie werk kry nie…..(Graad 1, Graad 2, Graad 3, Graad 4…ens) waarom wil julle NOG grade kry? Gaan werk man…..Pik, graaf, kruiwa, tuinslang….en jy verdien geld….Nou wil almal skuld maak, NOG ‘n graad kry bo-op die 12 wat hulle het….sukkel om werk te kry…en as hulle kry moet hulle nog eers die skuld afbetaal van die 13de graad??? Why wil julle dit doen??

Frikkie ·

In die eerste plek het die universiteite nie plek vir al die massas wat sal wil profesionele studente wil word as alles verniet is nie!!HUlle het nie stoele en vefersings vir almal nie!! Waar gaan hulle nogal bly??in die tweede plek is net die ryk mense wat die sigopaate elite ondersteen en ‘n sigopaate omgeewing kan verder uit bou se kinders al tyt toe gelaat om geleertheid te kry!!WEet hulle dan nog nie hoe werk die wereld nie!?hulle kan maar vergeet van hulle planekies!!die sigopaate sal hulle stelsel beskerm kom wat wil! Ek sê maar net.

Erika ·

Dis nou ons leiers van more? Wat ‘n voorbeeld – niks kan vreedsaam en sonder drama gedoen word nie. Konsentreer op julle studie dat julle kan deurkom en in die “grootmens” wereld kan kom – daar gaan julle die werklikheid leerken op ‘n harde wyse. Daar kan jy nie toi-toi as iets nie na jou sin is nie. Hierdie mense wat geleerd is en grade agter hulle name kan of wil skryf. Dis nou die ” slimmes” onder ons wat die voorreg gekry het om te gaan studeer. Benut daai geleentheid. As hulle nou so toi-toi en nie leer vir die jaar eindeksamen nie, Wat gaan gebeur?? Ek weet om te studeer kos baie, baie geld. Orals styg die pryse.

Gerhard Bezuidenhout ·

Dit het tyd geword dat hierdie klomp verwoesters vasgevat word al moet daar geweldadig teen hulle opgetree word . Ons belastingbetalers sal maar weer moet opdok vir die skade wat die klomp saboteurs aanrig. Hulle wil alles verniet he en dan pluk baie van hulle in hul eerste jaar. Hierdie klomp staan bakhand vir alles .

Dup du Plessis ·

Dis vir meeste ouers moeilik om universiteitsgelde te betaal. Tog weet ons dat dit ‘n ononderhandelbare toekomsbelegging vir jou kind is. Sou dit gratis word, met watter geld sou dit finansier word? – uit dieselfe studente se ouers se sakke. Dink net hoe vinnig gaan standaarde agteruitgaan. Ironies gaan hierdie studente oor ‘n klompie jare weer aandring op belaglike salaris verhogings. Net so terloops, die staking by Puk kampus word deur die “Reform Puk” groepie gedryf wat anti – Afrikaans is en niks met gelde te doen het nie. By die ander 2 kampusse van NWU is dit egter ook die” Afrika-jive”. My voorstel aan Kgwadi en Froneman sal wees om hierdie geleentheid te gebruik om sommer 2 vlieë met 1 klap by te kom: – hou Puk Afrikaans en behou die betaling van realistiese studiegelde terwyl die ander 2 kampusse gratis gemaak word met geld wat wie weet van waar gekry word…….hoe gouer die nuwe universiteit vir Afrikaanssprekendes staan hoe beter…….as jy betaal vir ‘n fiets kan mens tog nie verwag om ‘n Mercedes te kry nie……

pop ·

Frikkie ek het nou my maag vasgehou soos ek lag. Ek se ook maar net!!!Ernstig … Ek kan sien wat gaan kom. Die vorige benadeeldes gaan verniet leer en die wittetjies gaan betaal vir hulself en vir 10 ander. Snaaks dat die betogings nou aan einde van die jaar kom wanneer die universiteite die studente aanmanings stuur om agterstallige gelde te betaal of hulle kan nie eksamens skryf nie. Nou word ons wat opbetaal is se kinders ook benadeel deur die” free loaders”

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.