Studente en polisie raak slaags; talle vas

Betogende studente by UWK. Foto: Twitter

Betogende studente by UWK. Foto: Twitter

Die polisie het Donderdagaand rubberkoeëls, skokgranate en ʼn waterkanon gebruik om betogende studente by die Universiteit van Wes-Kaapland (UWK) uiteen te jaag.

Lede van die openbareorde-polisie het oornag die situasie by die UWK-kampus naby Bellville gemonitor nadat polisiebeamptes en studente slaags geraak het.

Vishnu Naidoo, woordvoerder van die polisie, het gesê studente het buitebande aan die brand gesteek en Robert Sobukweweg (voorheen Modderdamweg) versper. “Hulle het bande aan die brand gesteek, paaie en polisievoertuie beskadig.” Naidoo het gesê daar was geen berigte van inhegtenisnemings of beserings nie.

Volgens Naidoo is 15 studente Donderdag naby die Universiteit van die Vrystaat se Bloemfontein-kampus in hegtenis geneem. “Hulle is in hegtenis geneem ingevolge die Wet op Byeenkomste en die Padverkeerswet.”

Twee studente is intussen by die Universiteit van Fort Hare se Alice-kampus in die Oos-Kaap in hegtenis geneem.

Duisende studente betoog sedert verlede week by universiteitskampusse oor die hele land oor ‘n verhoging in klasgeld.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.