Studente gevonnis vir moord op medestudent

hof-hamer

Argieffoto.

Die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) het die vonnis verwelkom van twee Bloemfonteinse studente wat betrokke was by die moord op ʼn medestudent wat in 2015 met ʼn gholfstok doodgesteek is.

Maroela Media het vroeër berig Douglas Okene (23) en Tebello Tsubella (24) is in Julie 2015 in hegtenis geneem vir die moord op Michael Sejebor (25). Albei is studente aan die Sentrale Universiteit van Tegnologie (SUT) in Bloemfontein in die Vrystaat.

Die twee het die aand van 18 Julie 2015 na Sejebor se woonstel in Parfittlaan gegaan om ʼn sak by hom te leen. ʼn Rusie het ontstaan en Okene het Sejebor met gholfstokke aangerand voordat hy hom met een van die stokke doodgesteek het. Die hof het tydens die verhoor gehoor die rusie het glo ontstaan omdat Sejebor vir Okene geld geskuld het vir ʼn projek waarby albei betrokke was.

Okene en Sejebor was vriende van Nigerië wat na Suid-Afrika gekom het om te studeer.

Tsubella het Okene gehelp om Sejebor se liggaam te verbrand en later die verkoolde liggaam naby ʼn treinspoor in Uitsig te stort. ʼn Verbyganger het twee dae later op Sejebor se liggaam afgekom. Sejebor is ook van kontant, ʼn televisiestel, ʼn selfoon en klere beroof. Sy voertuig is op 22 Julie 2015 verlate in Universitas gevind.

Okene het tydens die verhoor aangevoer hy het Sejebor uit selfverdediging vermoor, maar regter Johan Daffue het hierdie weergawe van die gebeure verwerp en gesê Okene is ʼn leuenaar wat homself en ander getuies verskeie kere weerspreek het. Daffue het Okene Donderdag in die Vrystaatse hooggereghof tot 17 jaar tronkstraf vir die moord op Sejebor gevonnis.

Daffue het gesê Tsubella is ʼn manipulerende leuenaar wat ook sy weergawe van die gebeure verander het, maar het gesê daar is geen bewyse dat hy direk by die moord betrokke was nie. Tsubella is tot vyf jaar tronkstraf gevonnis omdat hy medepligtige tot die misdaad was.

Adv. Xolisile Khanyile, direkteur van openbare vervolging in die Vrystaat, het die vonnisse verwelkom en die ondersoekbeampte en staatsaanklaer geloof vir hul goeie werk in die saak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Houtoog ·

Volgens die eerste par. het beide studente hom met die stok doodgesteek wat nie so is.

Mariné Lourens ·

Dagsê Houtoog

Dankie vir jou kommentaar. Die berig is gewysig om enige verwarring te voorkom.

Groetnis
Mariné
nms Maroela Media

jaco ·

is daar dan nie universiteite in Nigerië nie? hulle kom hierheen as “studente” net om later studies te staak en dan maar net in SA te bly en te bly en te bly en te bly. Net NOG wat by die 5 miljoen onwettige immigrante gevoeg word.

Poot ·

jaco die grap is dat ons as belasting betalers nou vir hom in die tronk gaan sorg.

Johann Marx ·

Suid Afrika het nie genoeg plek vir Suid Afrikaanse studente nie. Elke jaar is daar ‘n toestroming van studente om te registreer, en daar is optogte en openbare geweld, oproer, stakings en skade aan geboue en infrastruktuur…………maar nou lees ons van “buitelandse studente” wat in ons Universiteite sit, en mekaar met golfstokke aanrand en doodmaak? Waarom studeer hulle nie in Nigerië nie?

Lizan Burger ·

Nigeriese studente……… nog een van vele redes hoekom daar nie in Afrikaans mag onderrig mag word nie. Wonder nogal by watter “projek” was hulle beyrokke…..

Robert ·

Skerp Lizan Burger! Ek het ‘n film gesien waar ‘n Kanadese swemmer verskriklik deur die Kanadese pers uitgehaal is omdat hy ‘n plastiese stoel voor die Britse Koningin geskop het. Jare later het hy die geleentheid gehad om die Koningin om verskoning te vra. Sy was toe baie verbaas omdat sy nie bewus was van dit nie. Dus, die pers, en wie ook al, wil met ons geld, bepaal watter taal ons praat(studeer), terwyl die andertaliges eintlik nie rerig wil studeer nie! Iemand sê: Ba! en ons skrik ons uit ons taal uit!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.