Cobus Muller en Charl Blom, twee studente aan die Universiteit van die Vrystaat, het Dinsdag in die Bloemfontein-streekshof verskyn weens ʼn vermeende rassistiese aanval.
Muller en Blom word daarvan beskuldig dat hulle in Februarie ʼn medestudent, Muzi Gwebu, glo met hul bakkie op die universiteit se perseel probeer raakry het. Hulle het Gwebu glo aangerand toe hy hulle wou konfronteer.
Die saak is tot 28 Julie uitgestel wanneer die twee se verhoor gaan begin.
Die universiteit het gesê hy beskou die voorval in ʼn ernstige lig en het sy eie ondersoek van stapel gestuur. As die studente in die kriminele ondersoek of die universiteit se ondersoek skuldig bevind word, sal hulle geskors word. – SAPA
Lees ook:
MRK ondersoek ‘rassistiese aanval’ by Universiteit van die Vrystaat
Twee UV-studente in hof oor beweerde aanranding
Natuurlik gaan hulle skuldig bevind word!! Dis mos hoe dit gaan in ons land
In the words of Leonardo Dicaprio – This is Africa (TIA)
Wat sou hulle dit genoem het as die 2 probeer het om n wit student raak te ry ? Wat het kleur met die die “aanval” te doen ?
Die voorval word deur “rasiste” ingekleur as rasisties! Die rassekaart word mos oral aangewend ten koste van die “wittes”
Swart op wit geweld is nooit rassisties nie, bloot krimineel. Maar laat n wit persoon net vir hom skeef aankyk, is dit rassisme. Weet nie wat die ouens gedoen het in detail nie, en praat dit nie goed nie. Ek is ernstig suur oor die tempo waarteen wit mense op plase afgemoor word en die media wat weier om n issue daarvan te maak.
Ek stem Riaan………100%
En die grootste rassis van almal, is die einste Rektor van dieselfde universiteit! Ek kry die twee studente baie jammer, want hulle is veroordeel nog voor daar n saak was!
stem riaan! blanke boere op plase, al hoe ons daarvan hoor is deur sunette bridges, haal my hoed af vir haar!
Ek onthou nog daardie tyd , het die ou wat “aangerand’ was n gebreekte neus , n blou oog of so en miskien n gekraakte rib gehad . Hy sou eintlik nie te veel makeer het nie Foeitog , maar nou het hulle iets leliks vir hom gese . Kovsies voeg nog kaskenades by hul rekord van film makers , Haai <miskien maak dit die kampus meer gemaklik , Hoop hul medestudente ondersteun hulle soos op Potch .