Studente in hof na hulle glo medestudent aanrand

Cobus Muller en Charl Blom Foto: all4women.co.za

Cobus Muller en Charl Blom Foto: all4women.co.za

Cobus Muller en Charl Blom, twee studente aan die Universiteit van die Vrystaat, het Maandag in die Bloemfontein-streekshof onskuldig gepleit op aanklagte dat hulle ‘n medestudent onder meer aangerand het.

Muller staan tereg op aanklagte van roekelose bestuur, crimen injuria, poging tot moord en aanranding. Blom staan tereg op aanklag van aanranding.

Die staat beweer dat Muller en Blom in Februarie ‘n medestudent, Muzi Gwebu, met hul bakkie op die universiteit se perseel probeer raakry het. Hulle het Gwebu glo aangerand toe hy hulle wou konfronteer.

Johann Nel, namens Muller en Blom, het aangevoer dat Muller al die bewerings teen hom ontken en dat die twee slegs probeer het om hulself teen ‘n aggressiewe Gwebu te beskerm.

Adam Mohlala, die staatsaanklaer, het Gwebu as die eerste getuie geroep. Hy is ‘n vyfdejaar-student en bly nie op kampus nie.

Gwebu het aan die hof gesê dat hy omstreeks 22:00 op 17 Februarie na ‘n koshuis op die kampus geloop het, toe hy gehoor het hoe ‘n voertuig teen ‘n vinnige spoed in sy rigting ry.

Gwebu sê die motor het op die sypaadjie gery waar hy geloop het. Hy sê die motor het hom teen die been getref en dat hy geval het.

Gwebu, wat met behulp van ‘n tolk getuig het, sê hy kon hoor hoe die twee mans in die motor hard in Afrikaans gepraat het terwyl hulle hom genader het. Hy sê hy kon hulle nie verstaan maar dat hy wel gehoor het hulle sê “k****r”.

Volgens Gwebu het die mans toe weggery. Hy beweer hy het die voertuig agtervolg om met die bestuurder te praat en te hoor hoekom hulle hom raakgery het. Gwebu sê die passasier, Blom, het uit die motor geklim en sy [Gwebu] se arms en hande agter sy rug gehou.

Volgens Gwebu het Muller toe uit die motor geklim en hom met sy vuiste en kop in die gesig geslaan. Gwebu beweer hy kon daarin slaag om los te kom en dat hy na ‘n nabygeleë koshuis, Armentum, gehardloop het waar hy “wit mense” gevind het.

Gwebu sê hy wou hulp kry maar dat daar net orals wit mense was. “Ek het daar gestaan en gehoop om swart mense te sien maar daar was niemand nie.”

Gwebu het ‘n glasbottel uit ‘n asblik gehaal en die onderkant afgebreek om dit as ‘n wapen te gebruik. Hy sê hy het dit gedoen om homself te beskerm aangesien hy aangeval is. Hy het glo die koshuis verlaat nadat mense gevra het wat gebeur het.

Gwebu het getuig dat hy eers later in die hospitaal die omvang van sy beserings besef het. Hy het aan die hof gesê dat sy kopbeserings weens die stamp van die motor was en nie van die aanranding nie. Volgens Gwebu het hy sedert die ongeluk nou en dan geheueverlies.

Die saak is tot Dinsdag uitgestel.

Lees ook:
Studente in hof weens ‘rassistiese aanval’
MRK ondersoek ‘rassistiese aanval’ by Universiteit van die Vrystaat
Twee UV-studente in hof oor beweerde aanranding

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

johan Bam ·

Die student soek geld dit is hoekom hy nie kan onthou met tuie nie, is gestamp op die been word geslaan teen die kop, maar die kop beserings is van die stamp. dit klink die student met die bakkie het meer geld as die een wat hom teen die kop geslaan het. Nee wat mnr jy speel met die twee manne se geld en ook hul toekoms. Wonder of hy sal slaag.

Shannon ·

Eish ! arme Gwebu, wie moet swoeg en sweet terwyl hy aan sy meesters in chemie swot in Afferkans, het nie hierdie soort van ontwrigting nodig nie. Het ek die bakkelaurius reg ? Of is Gweboe eintlik `n LLB aspirant ? Dalk `n token BeeAaa sertifikaat ter voorbereiding van `n token regerings pos ?

Paplepel ·

Waterkloof 4, Bloemfontein 2? Die keer het die slagoffer bly leef. Oops!

jb ·

Hy het hul “agtervolg”! Stamp kon dus nie so erg gewees het om kopbesering op te doen nie! Sien weer net geld!!!!

JJOBSON ·

Gwebu is weer i slagoffer van RASSiSME. Wanneer kom die anderkleuriges reg. Jaloesie is i lelike ding. Die landros moet die 2skobbekakke STRAF.

Elfie ·

Ek dog studente is hoofsaaklik op varsity om te swot? Maar ja, lyk my die klere, karre, drank en partytjies en wat daamee saamgaan is al wat tel.As almal meer besig is om goeie opleiding te kry deur te studeer sal sulke goed dalk nie gebeur nie – net my opinie! Almal is deesdae rammetjie-uitnek en moet net nie skeef vir my kyk dan KRY jy dit. Aan die anderkant moet mense onthou as jy moeilikheid soek gaan jy dit kry – dit geld in albei gevalle hier sou ek sê. As mens net onthou dat jy maklik sleg 2e in die hof kan kom weens jou velkleur, wel dan moet mens maar verbyhou en nie met sekeres handgemeen of “mondgemeen” raak nie, dis nou maar ongelukkig ‘n feit soos ‘n koei. Laat ek begin koes vir wat uit die bos gaan spring na my klip….

Paplepel ·

Elfie, Ek steun jou 100%, Sovêr tussen al die skrywers was dit nog net Gwebu wat moeilikheid gemaak of gesoek het. Snaaks dat mense wat so onskuldig aangekla word deur Gwebo hom op die sypaadjie raak gery het…

Piet Snot ·

Elizabeth, ek stem met jou saam. Jobson se boodskap gaan verlore weens sy taalgebruik.

amelia ·

Wat n grap verstaan niks maar as die k… woord ter sprake kom verstaan hul dit baie goed en ja as hy agterna kon gaan glo ek glad nie die kopbesering storie nie Die “meneer” soek net geld

marietjie ·

Amelia, ek het aan dieselfde gedink, kan niks verstaan, maar daai woord kon hy *verstaan*

VerVanRyn ·

Stenig my, maar ek dink dat beide partye dalk skuldig mag wees aan iets. Die bakkie het nie “per toeval” op die sypaadjie gery nie, die bestuurder was of moedswillig of dronk. Meeste van ons het al beleef hoe hand gemeen ‘n paar dronk studente(of enige iemand) kan raak, ongeag van velkleur. Geweld is nie net Afrika se forte nie. Die Gwebu blammeer Muller en Blom van rassisme, tog wanneer hy na “hulp” soek soek hy dit nie by wit mense nie. Seker omdat sy gesogte “hulp” meer geweldadig van aard is. En sy bewering van eers later besef sy kop het seer gekry proe ook suur in my mond.

Leeutjie ·

Nou kyk. Hy is teen die been gestamp en het nog agter die bakkie aangehardloop om met hulle te praat? Die man het spoed!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.